Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Verlore Pos

Ma, 04 Mei 1998 00:00

Ek merk soms dat ek sommige ouens se pos net sien as iemand daarop reageer,
en ek is seker dit gebeur met julle ook.

'n Alternatiewe manier om dit te kontrolleer, is om na
http://www.dejanews.com te gaan, en gratis in te teken deur 'My Dejanews' te
kliek. Vandaar kan 'n ou kyk wat op enige nuusgroep geplaas is.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina en Leendert

Ma, 04 Mei 1998 00:00

Gloudina, ek het jou been getrek man....... Moet tog nie so vinnig op jou
perdjie wees nie. Om die waarheid te sê, ek geniet julle twee se oor en
weer kommentaar so af en toe.

Wat albei van julle moet besef is dat ernstige mense regte skendings aan
albei kante gepleeg is oor die laaste paar dekades. Onskuldige mense aan
albei kante is koelbloedig vermoor.

Ek raak net baie bekommerd as ons (nuwe) regering individuele insidente
gebruik om rasse haat aan te vlam wanneer 'n "swarte" benadeel is, terwyl
"blanke" boere daagliks in gevaar is en letterlik by die dosyne vemoor word
sonder dat ons 'n STERK boodskap van die regering se kant of kom wat die
gebeure afkeur nie.

Groetnis ---------- Sakkie
ns. Ek wil nog vir jou kom kuier in Kanada. Ek hoor die natuur is
asemrowend mooi.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Gloudina dissekteer "apartheid"

Ma, 04 Mei 1998 00:00

From:
Subject: Leendert vra: wat is Apartheid?
Date: 27 Apr 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

> Wel, Leendert, ek weet dis 'n lokval.

In 'n "oorlog" moet 'n mens seker maar lokvalle verwag, nie waar nie? As jy
oorlog aanstig miskien soveel te meer.

En onthou, Gloudina: oorlog is 'n vuil, vuil besigheid. Daar sit geen eer of
glorie in nie. En dit maak baie bitter seer.

> Jy wil
> hê ek moet vir jou "apartheid" "verduidelik." Dan
> het jy nou 'n kans om vir almal jou nuutgewas- en
> gestrykte konsep van apartheid voor te lê.

Hmmm... 'n Lokval is net 'n lokval as dit die vyand dit nie voorsien nie.
En jy sit reeds pens en pootjies daarin.

> Op so 'n
> manier voel jy dan "beter" oor wat die afgelope half-
> eeu in SA gebeur het.

Huh - uh. Ek kan nie beter voel oor wat die afgelope half-eeu in SA gebeur
het nie :-)

> Ongelukkig, Leendert, is dit nou 1998 en nie
> 1948 nie.

Ek weer, dink dis gelukkig - nie ongelukkig nie.

> Aanvanklik het die mense wat "apartheid"
> verkondig het, dit voorgestel as 'n nuwe bedeling wat
> die probleme sou oplos van die vorige halfeeu.

Wat was die probleme van die vorige halfeeu?

> Maar
> baie gou het dit geblyk dat die agenda iets anders is.

Wat, het dit toe geblyk, was die agenda? (En wanneer het dit so geblyk?).

> Vroeg in die vyftigerjare het daar 'n klomp wette ver-
> skyn wat dit duidelik gemaak het dat almal wat nie "wit"
> is nie net in sekere plekke kan bly, nie kan trou met wie
> hulle wil nie, nie kan studeer waar hulle wil nie, en so
> aan en so aan en so aan.

Hmmm... Het dit net gegeld vir almal wat nie "wit" is nie? Kon almal wat
"wit" was dan bly waar hulle wou, trou met wie hulle wou, studeer waar hulle
wou en so aan en so aan?

Ek sou graag ook meer verneem van die "en so aan en so aan".

> Eers het die SA bevolking wat
> nie "blank" was nie deur die howe probeer om sake te
> probeer verander. Maar toe dit lyk asof niks help nie, het
> hulle 'n baie laegraadse burgeroorlog begin.

Kan jy spesifiek wees, asseblief: wat bedoel jy met "'n baie laegraadse
burgeroorlog"? Ek stel veral belang in die strategiese doelwitte daarvan,
die teikens wat ge-identifiseer is, die taktiek en wapens wat aangewend is,
en die algemene verloop daarvan.

> Dinge het al slegter geraak in die sestigerjare.

Ah! Jy sê dus dat daar in die sestigerjare 'n tweede fase was. Hoe het
hierdie fase verskil van die voorafgaande een? In watter opsig het "dinge"
al slegter geraak?

> Teen die
> 1970�s en 1980�s was almal wat nog Christelike beginsels
> gehad het, al teen die sisteem gekant.

Dit lyk my ons het dan hier te doen met 'n derde fase, nie waar nie? Hoe
verskil dit van die voorafgaande twee?

Ek dink dit sal help as jy die "sisteem" verduidelik. Is dit nou dieselfde
as die "klomp wette" waarna jy aanvanklik verwys het?

> Maar daar was so 'n
> duiwelse netwerk van skobbejakke wat die land geterroriseer
> het, dat dit lank geneem het voordat die "Broederbond" self
> gesien het dat dinge nou hand uitruk en stappe gedoen het
> om dinge weer te normaliseer:

Is dit 'n vierde fase? Wanneer het dit begin? Wat was sy kenmerke?

> dit wil sê om 'n atmosfeer
> te skep waar demokratiese magte kon oorneem en die land
> red van die boelies wat 'n fascistiese staat geskep het.

Jy sê die "Broederbond" het hierde ding gedoen - hierdie atmosfeer geskep?

Vertel meer hiervan asseblief.

> 'n
> Soort van staatsgreep het PW Botha uit die saal gelig. Later
> het dinge hulle verloop geneem. Aanvanklik het de Klerk
> ook maar seker gedink hy kan sy draaie gooi en nog die mag
> in hande hou. Die geskiedenis vertel ons egter dat hy nie
> geslaag het nie. Dis daarom dat in 1998 ons nou in SA 'n
> bedeling het wat nader lyk aan 'n demokratiese staat as
> wat die geval was in die laaste paar eeue.

Jy sê dis "nader aan" 'n demokratiese staat. Hoe verskil dit dan van 'n
volwaardige demokratiese staat?

En jy verwys ook na "die afgelope paar eeue" in die konteks van 'n
"demokratiese staat" Ek so graag verneem: Wat beskou jy as die eerste
volwaardige "demokratiese staat", en wanneer het dit tot stand gekom? Beskou
jy Kanada as 'n volwaardige "demokratiese staat" en wanneer het dit een
geword? Die VSA? Verenigde Koningkryk? Nederland? Liberië? Ethiopië?

> Natuurlik is die sosio-politieke en ekonomiese toestande
> in SA op die oomblik in 'n warrelwindtoestand - die mense
> wat "apartheid" ontwerp en die mense wat dit in stand gehou
> het, het direk hand daarby dat daar 'n vryheidsbeweging onder
> die nie-blankes ontstaan het. Jy het dus nou die toestand dat
> vorige vryheidsvegters 'n land moet regeer (omdat hulle die
> sterkste party is.) Miskien, as die mense wat so in "apartheid"
> geglo het in die middel van die eeu, kon sien wat in die toe-
> koms sou gebeur, sou hulle tweekeer gedink het voordat hul
> vir hul kinders die bed van spykers ontwerp het waarop hulle
> nou moet lê. Miskien moes hulle in 1948 op hulle knieë
> gegaan het en die Vader se leiding gevra het. Dan het SA
> miskien met reg en geregtigheid ontwikkel in 'n staat waar
> dit nie nodig was vir 'n burgeroorlog om uit te breek nie.

Dis nou 'n interessante "if only" hierdie! Kom ons gestel "hulle" het wel op
hul knieë gegaan en dat dit gebeur het soos jy wens dit het gebeur.
Verduidelik hoe jy dink dat "dinge" sou verloop het in die tyd van elk van
die vier fases wat jy hierbo aandui

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Vir Johan Potgieter: Oor die Micmac van Big Cove

Ma, 04 Mei 1998 00:00

In die Kanadese provinsie van New Brunswick is
daar 'n Eerste Nasie-reservaat bewoon deur Micmac.
Die naam van die reservaat is Big Cove. Hierdie plek
het bekend geword as 'n sosiologiese probleemgebied.
Die selfmoordsyfer, veral onder jeugdiges, was ver
bo die gemiddelde vir Kanada. Dit was beskou as van
epidemiese proporsies. Daarmee saamgaande, en deels
aangeneem as die oorsaak, was 'n baie hoë gebruik van
alkohol en ander dwelm-middels. Dit was 'n probleem
wat sielkundiges en sosioloë hoofbrekens gegee het. En
vir baie Kanadese, wat rassisties gedink het, maar net
nog 'n voorbeeld van die onkunde en onbereidheid van
die �Indiaan� om homself aan te pas en reg te ruk.
Tot nou onlangs. Die mense van Big Cove het
besluit dat hulle in die kroon-woude in sal gaan en begin
om die bome te kap en te verkoop en vir hulself so werk
te verskaf. Hulle het hierdie besluit geneem toe hulle sien
dat die Hooggeregshof van Kanada besluit het dat Eerste
Nasies die reg het om op kroongrond te jag en te oes,
sonder dat dit nodig is om op papier te bewys dat hulle
die reg het om daar te bly. Mondelingse oorlewering is
genoeg, het die Kanadese Hoërhof gesê. Die mense van
Big Cove het toe besluit om die wet te toets. Toe hulle
in die bosse ingaan, het die Provinsiale regering van New
Brunswick vir hulle beveel om op te hou om op kroongrond
bome af te kap. Hulle het geweier. Die provinsiale regering
het 'n hofbevel aangevra om hulle te dwing. Die Micmac
het geweier. Die situasie is getoets in 'n provinsiale hof.
Hierdie laer hof het verklaar dat die mense van Big Cove nie
die reg het om die bome af te kap nie. Maar die mense van
Big Cove sê hulle sal aangaan om te doen wat hulle doen.
Die provinsiale premier het hulle probeer omkoop deur vir
hulle van die geld wat die groot bosboumaatskappye aan die
regering gee as vergoeding aan te bied. Maar die Micmac wil
nie die geld hê nie. Hulle wil die werk hê. Die voorsitter van
Big Cove se reservaat sê dat niemand in die laaste tyd self-
moord gepleeg het nie. En dat daar 'n dramatiese afname is
in die gebruik van alkohol. Die mense weet hulle moet vroeg
gaan slaap, want more-oggend moet hulle vroeg opstaan om
te begin bome kap.
Dit laat 'n mens diep dink oor wat die mense uit Europa
aan die oorspronklike nasies van die Noord-Amerikaanse
vasteland gedoen het. Hoe durf hierdie indringers van oorsee
�kroongronde� geskep het en die mense wat al vir duisende
jare hier gebly het, weghou van wat eintlik hulle reg is om
te gebruik. En die geweldige sosiologiese en sielkundige
gevolge vir mense wat onterf voel, hopeloos voel, van geen
nut voel. Dis om van te huil.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Vir Johan Potgieter: Oor die Micmac van Big Cove

Ma, 04 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> ... ek vermoed hulle is Rooiihuide ...?

> Vreeslike mooi storie, maar dit roer nie my hartsnare nie. Ek is wit
> en baie trots daarop. Ek het geen skuld aan wat jou landgenote aan
> die Indiane gedoen het nie.

> Nee wat, Gloudina, jy verloor jou eiei argumente soos jy hulle
> neerskryf - raak ontslae van jou oordrewe skuldgevoelens omdat jy wit
> is en kyk eerder watter positiewe dinge jy kan doen om te help.


Ek laat met graagte hierdie hooghartige
arrogante reaksie oor aan Ferdi in Suid-
Afrika, Sizwe in die VSA, Galjoen in
Australia, en selfs Leendert om op te
reageer. Ek dink Johan Potgieter is
maar nog net 'n nuutaangekome opgepofte
Afrikaner in die VSA, wat veralgemenings
maak oor "Amerika." Was jy al in die
Lower East Side van Manhattan, Johan?
Ek het 'n suspisie jy bly nie te ver
daarvandaan nie.

Gloudina

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Web Bladsy

Ma, 04 Mei 1998 00:00

Gaan lees gerus op die Webbladsy van Vryheid2000 oor die Volgende:
Onder: Aktualiteite en Media - Vrystellings oor Suid Afrika....

Mag is reg: Mev. Martie Hertzog
Sou dit `n verskil gemaak het.
Maak dood die plakkers
Regering ontneem blankes om te stem.
daar is ook werklike Foto`s oor die Boere Oorlog.

Under: The True News about South Africa

The True News about South Africa Part 1,2 and 3.
South African Goverment Contracts proffesional killers for protection.
Would it hade made a difference.
Many whites will not vote in 1999.

Also see real pictures of the Boer War.

http://home.intekom.com/rsa/

Stuur asseblief julle kommentaar.
Boere Groete
Frikkie
rsa...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Web Bladsy

Ma, 04 Mei 1998 00:00

"Frikkie Potgieter"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING (with translation)

Ma, 04 Mei 1998 00:00

LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.

Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.

In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voëls sing gaatjies in die stilte.

Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.

Translations for Reka:

lente: spring (somer, herfs, winter)
koppies (small rounded hills)
noorde: north (ooste, suide, weste)
waai: blow
'n droë wind : a dry wind (droog = dry)
stad : city
donderweer : the thunder (weer: weather)
vee: sweep
reën: rain
sinkdakke: roofs made of corrugated iron
agterplaas: backyard
kristal: crystal
gaatjies: small holes (gat/gate/gaatjies)
stilte: quietness
sypaadjie: the sidewalk (pad/paaie/paadjie)
verkeer: traffic
blou : blue
jacarandabome: jacaranda trees (boom/bome)
(jacaranda trees have translucent light purple-
blue sprays of flowers coming out early in
the spring before any leaves appear. There
is usually a blue carpet of the dropped blooms
on the ground. South Africans living outside
South Africa have been known to time their
visits to South Africa to coincide with the
blooming of the jacaranda trees, usually in
October.)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaner, Quo Vadis?

Ma, 04 Mei 1998 00:00

Hiermee een van my weeklikse beriggies uit die koerante (Beeld, 4/5/98):

"Dit gaan harde werk kos om Afrikaners se koppe gedraai te kry tot die besef
dat hul heil as Afrikanervolk juis daarin lê om aktief met swart mense
kontak te hê", het prof. Tom Dreyer van Stellenbosch, nasionale hoofleier
van die Voortrekkers, op die afsluitingsdinee van dié jeugbeweging se eerste
nasionale kongres vir verkenners gesê.

"Die meeste Afrikaners onttrek hulle aan die nuwe SA. Party Afrikaners, ek
dink die meeste, kyk en lees nie meer nuus nie, want hulle onttrek hulle
heeltemal, en konsentreer net daarop om geld te maak en goed te kan leef.

"Sommige emigreer, wat natuurlik beteken dat hulle Afrikaans prysgee. Ander
verlekker hulle in die swak regering van die ANC met 'n houding van 'ek het
jou mos gesê' .

"Die een ding wat die laaste maande vir my duidelik geword het, is dat die
groep Afrikaners tussen 30 en 45 jaar, met enkele uitsonderings, weinig sal
help, want hulle is produkte van die ou stelsel van bevoorregting. Daarom
sukkel hulle om aan te pas, en onttrek hulle nou eerder.

"Dit is die Afrikaner jonger as 30 wat gaan beslis wat vorentoe met die
Afrikaner gaan gebeur. Hulle moet die regte rigting inslaan."

Hierop het die jongmense as volg geantwoord:

"Ons is positief oor SA se toekoms en ons eie toekoms in dié land, moeg
daarvoor dat grootmense ons voortdurend met negatiwiteit bombardeer, sat
daarvan om die hele tyd vir apartheid se foute geblameer te word."

Stof tot nadenke.

(Laat die skote maar klap, maar probeer die boodskapper mis!)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Re: Afrikaner, Quo Vadis?

Ma, 04 Mei 1998 00:00

"Henri Burger" writes: >
Hiermee een van my weeklikse beriggies uit die koerante (Beeld, 4/5/98):
>
> "Dit gaan harde werk kos om Afrikaners se koppe gedraai te kry tot die besef
> dat hul heil as Afrikanervolk juis daarin lê om aktief met swart mense
> kontak te hê", het prof. Tom Dreyer van Stellenbosch, nasionale hoofleier
> van die Voortrekkers, op die afsluitingsdinee van dié jeugbeweging se eerste
> nasionale kongres vir verkenners gesê.
>
> "Die meeste Afrikaners onttrek hulle aan die nuwe SA. Party Afrikaners, ek
> dink die meeste, kyk en lees nie meer nuus nie, want hulle onttrek hulle
> heeltemal, en konsentreer net daarop om geld te maak en goed te kan leef.
>
> "Sommige emigreer, wat natuurlik beteken dat hulle Afrikaans prysgee. Ander
> verlekker hulle in die swak regering van die ANC met 'n houding van 'ek het
> jou mos gesê' .
>
> "Die een ding wat die laaste maande vir my duidelik geword het, is dat die
> groep Afrikaners tussen 30 en 45 jaar, met enkele uitsonderings, weinig sal
> help, want hulle is produkte van die ou stelsel van bevoorregting. Daarom
> sukkel hulle om aan te pas, en onttrek hulle nou eerder.
>
> "Dit is die Afrikaner jonger as 30 wat gaan beslis wat vorentoe met die
> Afrikaner gaan gebeur. Hulle moet die regte rigting inslaan."
>
>
> Hierop het die jongmense as volg geantwoord:
>
> "Ons is positief oor SA se toekoms en ons eie toekoms in dié land, moeg
> daarvoor dat grootmense ons voortdurend met negatiwiteit bombardeer, sat
> daarvan om die hele tyd vir apartheid se foute geblameer te word."
>
>
> Stof tot nadenke.
>
> (Laat die skote maar klap, maar probeer die boodskapper mis!)
>
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')

Wel my vriend Henri, sal jy nou
asseblief vir Professor Tom Dreyer
my innige gelukwensing oordra. Ek
glo ons luister na een van die
leiers van die Boerestaat wat
besig is om tot stand te kom as
gevolg van die Derde Vryheidsoorlog.

Die tannie met die kappie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1408  1409  1410  1411  1412  1413  1414  1415  1416  1417  1418  1419  1420  1421  1422  1423    »]
Tyd nou: Ma Nov 18 04:16:05 MGT 2024