> Jennifer Lynne writes: >
>
>> Jy soek werklik moeilikheid Gloudina Bouwer. En jy gaan dit
> nou ook kry.
>> Elkeen met 'n IK hoer as joune, dus meer as 50
>
>> Jennifer - moenie met haar neuk nie!
Wel wel wel... die heks van die Noorde het klaarblykelik niks om te se
nie.. Ek is werklik onderstebo daaroor.
Nuwe wetgewing maak dit baie gevaarlik om met vakansie te gaan.
Lees meer hieroor, voordat jy jou huis onbewoon laat bly by, http://home.intekom.com/rsa/
Ek weet dat daar een helse reaksie gaan wees op dit wat ek nou gaan se. mag
julle my verskoon vir die tikfoute, maar my vingers kry hel koud hier in
Centurion waar ek nou sit en tik.
Ek is baie bly dat Louis Luyt uit die game van rugby is. Hoe ver verwyder
hy werklik van rugby se sake is, sal ons nog moet sien, maar wanneer 'n man
sy familie bevoordeel binne 'n organisasie waar jy die belange van die game
moet bevorder, verloor ek my respek vir jou vinniger as wat jy krap nadat
'n skerpioen jou gesteek het.
Die man is arrogant, boonop 'n nepotis! Hy het al lankal, nog voor dat die
NSC met hom begin peuter het my 'n kriewelrigheid onder die kuwe gegee.
Eerstens is die man net nie vir my die toonbeeld van 'n karakter wat jy aan
die stuur van so 'n nasionale organisasie wil sien nie. Jy kan nie rugby
uit 'n besigheids oogpunt bestuur nie! Ek kan nie dink dat die raad se
ander lede dit toegelaat het sommerso sonder gelaat nie. Hy het die SARFU
berdyf as 'n skans gebruik om sy beursie te stop en sy eie besighede wat hy
wel besit glo my... aan te help.
Ek se nie dat jy spelers glad nie moet betaal, of self 'n beperkte salaris
moet gee nie, want aan die einde van die dag is geld wel betrokke as jy op
TV na die game kyk. Castle en ander vervaardigers sal nie die advertensie
spasie koop as dit nie vir hulle geldelik die moeite werd was om so te doen
nie. Hoekom is dit die moeite werd? Want James Small of wie ook al op die
veld draf daardie dag is tog daar! Hy moet natuurlik sy cut van die buit
kry. Maar wanneer jy as voorsitter van die grootste Rugby Voetbal unie in
SA die aktiwiteit buig om jou te pas, en nie die game nie, is jou vanaf die
staanspoor "extra weight". Wat doen 'n mens met extra weight? Jy laat dit
agter, en dit moes al lankal gebeur het.
Nou wil die bliksem kom staan en aanmerksels rongooi dat die afrikaner nie
murg in sy pype het nie, en dat hy gedink het daar steek meer in hulle pype
as net wind, en wie weet wat nog nie. Wie de donder dink die man is hy nou
eintlik?!!?
Wie de donner dink die man is hy?!!? Hvan wie praat hy nou eintlik, en
hoekom? Omdat hulle dalk die regte ding gedoen het. Moes hulle miskien hom
ondersteun vir sy eie selfsug? Sy malle m_ _r!!!
Hy moet maar in sy luukse huis in Balitto gaan wegkruip.
Ek kan nie sien hoekom almal so groot boehaai maak oor die storie nie. Dit
is tog die doel en die reg van die NSC om dit te doen. Ons moet eers
bekommerd raak wanneer hulle dieselfde doen met 'n ander sport liggaam!
Mense moet leer om die kat goed uit die boom te kyk voor hulle afgaan oor
dinge wat gedoen word om dinge wat verkeerd is reg te stel.
>
> Die man is arogant, boonop 'n nepotis! Hy het al lankal, nog voor dat die
> NSC met hom begin peuter het my 'n kriewelrigheid onder die kuwe gegee.
> Eerstens is die man net nie vir my die toobeeld van 'n karakter wat jy aan
> die stuur van so 'n nasionale organisasie wil sien nie. Jy kan nie rugby
> uit 'n besigheids oogpunt bestuur nie! Ek kan nie dink dat die raad se
> ander lede dit toegelaat het sommerso sonder gelaat nie. Hy het die SARFU
> berdyf as 'n skans gebruik om sy beursie te stop en sy eie besighede wat hy
> wel besit glo my... aan te help.
So vir ons om jou te glo - put feite boet, put die feite. Meeste mense
is nou redelik gatvol van rumours en onbevestigde beskuldigings wat
rondvlieg oor Luyt. Lekker plek die SA waar iemand kan beswadder word
net oor mens nie van sy karakter hou nie. Sal interesant wees as die
ondersoek nou kan voortgaan om te sien wat hy rérig verkeerd gedoen het.
Rugby is, as jy nog nie weet nie, nou 'n proffesionele sport en daarvoor
het jy 'n proffesionele bestuurder nodig. Hoop SARFU het genoeg visie om
iemand aan te stel wat darem 'n besigheid sin het of sy magte so af te
wentel dat die bestuurspan kan bestuur sonder inmenging van 'n
president. (maak dit twee presidente :) ) Net so terloops, sal nog
interesanter wees om te sien wat gebeur as Luyt 'n paar mense hof toe
sleep oor gerugte wat hulle as die waarheid verspei.
> Nou wil die bliksem kom staan en aanmerksels rongooi dat die afrikaner nie
> murg in sy pype het nie, en dat hy gedink het daar steek meer in hulle pype
> as net wind, en wie weet wat nog nie. Wie de donder dink die man is hy nou
> eintlik?!!?
Wel die klomp in die SARFU bestuur het hom ondersteun tot by die rand
van die vulkaan en toe dinge te warm raak het hulle soos Leendert sê die
Oupa vir die mensvreters geoffer.
> Ek kan nie sien hoekom almal so groot boehaai maak oor die storie nie. Dit
> is tog die doel en die reg van die NSC om dit te doen. Ons moet eers
> bekommerd raak wanneer hulle dieselfde doen met 'n ander sport liggam!
>
Huh? So rugby mag geoffer word? Ander sportsoorte nie?
In article ,
Jennifer Lynne wrote:
>
> Sakkie,
>
> Dankie vir jou plasing,
>
> Jy is reg, daar was geen verwysing naar 'n web bladsy nie, maar in die algemeen
> is daar baie keer 'n web bediener gekoppel aan die pos bediener wat da dieselde
> domein naam dra. In hierdie geval was dit thewinds.org Sit net www daarvoor en
> wag net 'n secondjie of twee drie en jy weet of jy in die kol geskiet het of
> nie. So vind jy uit wanner iemand net vol wind is of dat hullle regtig iets
> werdevol te se het.
>
> Gaan lees gerus die artikels daar en jy sal sien dat hierdie groepie mense aan
> ons kant is en nie aan die kant van die geldwolwe van die nuwe wereld orde nie.
>
> Jennyjong
>
>> Ou Jenny jong,
>>
>> Ek staan moontlik tereg gewys, maar as jy na Jeff se oorspronklike brief
>> gaan kyk sal jy sien dat daar geen verwysing was na 'n "Web Page" nie. In
>> elk geval nie op die weergawe wat op my skerm verskyn het nie.
>>
>> Miskien loop die gemiddelde blanke Suid-Afikaner met 'n "chip" op die
>> skouer rond, maar ek het al so baie "WOLF-WOLF" gehoor dat dit al amper
>> lekker voel om hulle in eie munt terug te betaal.
>>
>> If I was wrong I apologise Jeff, if not, stuff you still.
>>
>> Sakkie
>
> Jennifer,
Ek stem saam met Sakkie. Ek het vir jou n antwoord gepos wat
blykbaar weggeraak het. Jy was verkeerd toe jy gese het dat
almal ou Jeff aangeval het sonder om meer van hom te weet.
Ek het al sy dinge gelees. Die lewe is vir my genoeg vol draaie,
ek het dit nie nodig om nog n komplot agter elke bos te sien soos
hierdie ouens by "the winds" nie. Jy het ook n aanmerking gemaak
dat hulle Christene is. Dit verbaas my dat jy so iets sal noem.
Jou taalgebruik is uiters kru vir iemand wat die Christendom in jou
plasings noem.
Billy.
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
>
>>> Ou Jenny jong,
>>>
>>> Ek staan moontlik tereg gewys, maar as jy na Jeff se oorspronklike brief
>>> gaan kyk sal jy sien dat daar geen verwysing was na 'n "Web Page" nie. In
>>> elk geval nie op die weergawe wat op my skerm verskyn het nie.
>>>
>>> Miskien loop die gemiddelde blanke Suid-Afikaner met 'n "chip" op die
>>> skouer rond, maar ek het al so baie "WOLF-WOLF" gehoor dat dit al amper
>>> lekker voel om hulle in eie munt terug te betaal.
>>>
>>> If I was wrong I apologise Jeff, if not, stuff you still.
>>>
>>> Sakkie
>>
>> Jennifer,
> Ek stem saam met Sakkie. Ek het vir jou n antwoord gepos wat
> blykbaar weggeraak het. Jy was verkeerd toe jy gese het dat
> almal ou Jeff aangeval het sonder om meer van hom te weet.
> Ek het al sy dinge gelees. Die lewe is vir my genoeg vol draaie,
> ek het dit nie nodig om nog n komplot agter elke bos te sien soos
> hierdie ouens by "the winds" nie. Jy het ook n aanmerking gemaak
> dat hulle Christene is. Dit verbaas my dat jy so iets sal noem.
> Jou taalgebruik is uiters kru vir iemand wat die Christendom in jou
> plasings noem.
>
> Billy.
>
Jennifer,
Ek geniet die energie wat ek by jou aanvoel. Dalk sal jy n reaksie he op my
vorige plasing. Ek moet jou nou vertel dat ek vir n paar dae weg gaan wees
en sal dus nie jou moontlike antwoord kan lees nie. Ek wou nou net nie he jy
moet my stilswye as nog een van daai ingrypense einde-dae tekens (waaroor ons
vrind Jeffie so besorgd is) aansien nie.
Billy.
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
ek wil net graag weet wat ons kan maak want ek wil nie snaaks wees nie maar
die rekenaartaal in afrikaans klink poower of is ek maar net pateties want
kyk na e-mail, e-pos, ag duh hoor, kan ons nie 'n ander plan maak nie??
Leendert van Oostrum wrote:
>
> 14 Mei
>
> "...die moord op Daniël Marais van die plaas Mariedale by Koffiefontein in
> die Vrystaat. Marais is Dinsdag deur 'n werker vermoor kort nadat hy vir die
> werker borg betaal het en die werker saam met Marais en sy vrou aandete
> geëet het. "
Jammer vir die galgehumor maar is dit nou "bite the hand that feeds
you?". Ongelukkig moet ons in SA lag oor die tipe ding anders sal jy
aanval van depressie kry waaruit nie eens 'n terugbetaling van Jan Taks
jou sal kan lig nie.
Klomp van oorsee sal nou weer reken - 'Ons het julle mos gesê!' behalwe
seker mense van Kanada wat sal reken dit is nou die Mnr Marais se beurt
om te betaal vir al die misdade van die verlede.
Nou om van die bitter smaak in my mond ontslae te raak ...
Wat is die Afrikaans vir 'n rekenaars-"environment."
Rekenaars-omgewing?
Op ons rekenaar het ons twee "environments" - 'n
Japannese een en Engelse een. Ons moet van die een
na die ander oorskakel. Nou wonder ek - is daar
genoeg sagteware in Afrikaans om 'n Afrikaanse
"environment" te skep, sodat 'n mens van die
Engelse een na die Afrikaanse een kan oorskakel.
Is daar mense wat twee "environments" het - een
Engels en een Afrikaans? Is dit ook moontlik om
meer as twee environments in 'n rekenaar te
installeer? (Dis nou as mens in alle geval genoeg
spasie het.)