Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

WEEK 19/98

So, 17 Mei 1998 00:00

e-KRANT
son. 17/05/98
bydraes deur intekenaars op soc.culture.south-africa.afrikaans ; deur lede vir lede
Dit word slegs aan lede van hiedie nuusgroep gestuur


------------------------------------------------------------ ----------------
VOORBLAD HIERDIE WEEK

Niks ; 'n droewige week ...


------------------------------------------------------------ ----------------


NET-ETIKET EN WENKE
Jy kan nie 'n virus met teks saamstuur nie. Dit moet 'n attachment wees met die verlenging van .EXE of .COM of .BAT Offiesiële regerings bladsy oor rekenaar spookvirusse: http://ciac.llnl.gov/ciac/CIACHoaxes.html Kyk ook hier. http://www.kumite.com/myths/ Jennifer

Miva is programmeertaal wat gebruik word saam met HTML om bladsye te skep. Dan kan van databasisse gebruik gemaak word. http://htmlscript.com Jou webgasheer moet dit ondersteun op sy servers om gebruik te maak daarvan. Herman

Cold Fusion 3.1 Nes MIVA het program ook sy eie "tags" wat CFML genoem word, ColdFusion Markup Language. Dit kan ook databasisse hanteer met SQL, Access en so aan. CF kreeer JavaScripts "on-the-fly" . Die webgasheer moet Cold Fusion ondersteun op sy bedieners . http://www.allaire.com Jennifer


------------------------------------------------------------ ----------------

BRIEWE KOLOM

Ek en Robin het 'n website vir Afrikaanse Musiek. http://home.intekom.com/robinco/ Theunis & Robin

Daar is n website iewers in Amerika wat kontak hou met die Vaderland. Hulle het wat hul die CYBERBRAAI noem. Dis wragtig snaaks om te sien hoe baie Afrikaanse uitsprake en gesegdes die wereld rond reis. http://mainstreet.t5.com/index~1.htm Jennifer Lynne

Ek is 'n Franser, maar ek praat afrikaans as ek in SA war. Kan iemand sê waar ek kan 'n afrikaanse "chat" of IRC find. Yves GABARRE
Je suis belge et j'ai quelques amis Afrikaners avec qui je parle sur ICQ - un programme qu'on trouve sur le site : http://www.mirabilis.com . Si cela vous intéresse, je peux vous passer leur nom et numéro sur ICQ; gervaas...@ping.be Hilda.
Die IRC netwerk in SA staan bekend as ZANET.Daar is 'n gereelde kanaal: #Afrikaans. In die aand behoort daar so 5-20 mense 'live' te wees. Die geprekke is baie informeel. Vir meer spesifieke inligting kyk na: http://www.zanet.org.za/channels/

Soek Rapport by http://www.naspers.com/rapport/ Nico

Ek is op soek na Liewe Heksie ens. videos wie kan help . Karl ka...@onaustralia.com.au

Ek woon net noord van Sydney in Gosford (so 70km Noord van die middestad). Ek reis heelwat en ontmoet gereeld SA's as ek op die lughawe is op pad NZ toe. Pierre

Groete hier uit Auckland in New Zealand! Gee my 'n lyntjie een of ander tyd - dan...@ihug.co.nz Danie

I have been living in the UK for a year now. I would like to hear from fellow South Africans who live abroad.
Nigel.

Ek woon in Kissimmee, FL., net suid van Orlando, ongeveer 12 myl van Disney World. Ek werk in 'n hotel as "Guest Service Representative". Suid-Afrikaners is so skaars soos hoendertande. Julie Morgan http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308

------------------------------------------------------------ ----------------

TAAL KWESSIES

Je moet weten dat men in Nederland met verschillende accenten praat. Het zal je waarschijnlijk bekend zijn dat de Vlamingen en de Nederlanders uit het oosten en zuiden minder moeite hebben om het Afrikaans te verstaan. Maar ook omgekeerd hebben de Afrikaners minder moeite om deze groepen mensen te verstaan.
Ik kom zelf uit het oosten van Nederland en ben net terug uit SA. Ik kon prima communiceren met de Afrikanern im mijn moerstaal. Arthur

Die grootste deel van die hedendaagse Indonesiers het Nederlands baie goed beheers , sy dit met 'n accent en 'n klemtoon op die "D" en ietwat omgedraaide "P" en "V" in die alfabet. Dit het tot 1948 voortgeduur toe die Nederlanders uit Indonesie uitgeskop is deur Sukarno toe hulle nie die nasionaliteit wou aanvaar nie.

Ek is my bewus van die invloed wat Maleis op Afrikaans gehad het alhoewel dit baie minder is dan wat party mense dink. Die dubbel woorde soos plek-plek soos in... Dit reen plek-plek. Ek sal nou-nou daar wees... woorde soos bredie, blatjang ens. Die dubbel woorde dui op 'n verkleining van iets wat groter was. Soos die Maleise woord "Anak" kind beteken, so is "Anak-Anak" 'n klein kind. Plek-plek sou dus 'n klein plekkie kan beteken maar word deesdae meer as "local" vertaal. Dis nie te se dat die dubble woord altyd een verkleining veurstel nie. Deng-deng is die Maleise woord vir biltong. Lynne


------------------------------------------------------------ ----------------


TAALKUNDE

Ek vind dat van die Nederlandse woorde vir my argaies is, maar ek sukkel geweldig met die grammatika.
So kry jy vervorminge van waar ons generies die woord "is" gebruik. Ik (ek) ben, Jij (jy) bent, hij (hy) is, wij (ons) zijn, jullie(julle) zijn en meeste meervoude dan ook "zijn". Ek vind wel dat daar noue bande tussen Duits en Nederlands is wat die grammatika aanbetref en dat hul soortgelyke woordvervormings gebruik, net ietwat vereenvoudig. Ek sou sê dat die maklikste manier waarop 'n mens wel die taal sal kan leer praat en skryf, deur dit op 'n daaglikse basis te praat en te gebruik. Die ander alternatief is om soos ek nou probeer - dit uit boeke te probeer leer. Ek sou egter dink as 'n mens nie die akademiese roete wil volg nie, dit raadsaam sou wees om dit eers te leer praat, dan sal die skryf relatief maklik kom daarna. -Gideon-

Hedendaagse Afrikaans en hedendaagse Nederlands stam albei af van sewentiede-eeuse Nederlands. Sedertdien het die twee tale in verskillende omgewings ontwikkel. Jy vind dus in hedendaagse Nederlands ook vele woorde wat in Afrikaans as argaïes beskou sou word, en is feitlik die hele grammatika van Nederlands argaïes vir die Afrikaanse oog.

Dit word aangeneem dat die dubbele ontkenning sy oorsprong heelwaarskynlik gehad het in die Nederlands wat in Suid-Holland gepraat is in die sewentiende eeu.Kloeke gee selfs spesifiek Brabantse invloed toe.Omdat die afstammelinge van die Hugenote ook 'n Suid-Hollands gekleurde taal gepraat het, moes "Afrikaans" sy beslag gekry het voordat die Hugenote in 1688 aangekom het. Die idee is dat die familie Van Riebeeck en Van der Stael die elite-groep aanvanklik was. en dat hulle Suid-Hollandse taal die norm aan die Kaap geword het. Gloudina

'nie --- nie' beteken definitief NIE 'ja' NIE! In Afrikaans gebruik ons 'n dubbele negatief. Ek het onlangs 'n reeks artikels oor die herkoms daarvan gelees, maar niemand is 100% seker nie. Moontlikhede sluit in:
1) 'n Vroeëre gebruik in Nederlands. 2) Die invloed van Frans, deur die Hugenote. 3) Die invloed van plaaslike tale (Khoi). 4) 'n Gebruik om dinge te beklemtoon wanneer met slawe, van Maleisiese oorsprong, gepraat is. Henri Burger

In my dialek (Gents - van Gent/Vlaandere) gebruik ons ook partykeer 'n dubbele negasie : bv. (ek gaan die aksent nie skryf nie :-) ) : Ik heb niemand nie gezien (ons sê "nie" pleks van "niet"). Ik ben daar nooit nie
geweest. Er komt daar nooit niemand nie. Ik heb dat nog "nieverans" nie gehoord ! (nieverans = nêrens)
Dit is 'n Vlaamse dialek. Hilda

Sympathiek: aardig/leuk/behulpzaam/netjes/.... Het betekent niet dat het per definitie mensen zijn met wie ik sympathiseer, ook iemand met een afwijkende mening kan ik sympathiek vinden, al naar gelang hoe zo iemand zijn of haar meningen ventileerd. Er zijn ook mensen die het in alles met me eens kunnen zijn, maar die ik dan toch niet sympathiek hoef te vinden. Arthur

Sympathiek, is iemand die je aardig vind symphatiseren met de afrikaners, is dat je hun ideeen goed vind
het zou wel gaaf zyn om deze nuusgroep te gebruiken om taaltzaken en literatuur uit te wisselen. Ik zou bv. heel graag eens een afrikaanse film zien. arno

Ou lui bas; dat "bas", heeft dat iets met je lijf (ouderwetse term, bast) van doen? Dat gebruik van "ou" in het Afrikaans heeft iets aardigs: het neemt de scherpe kantjes van een opmerking af. Zeggen jullie "ou" tegen
iedereen? Arthur

Nee, jy moet goed weet hoe om hierdie intens emosie-gelaaide woordjie te gebruik, anders kan jy in die moeilikheid kom. Hier is 'n paar voorbeelde: ou Lou (ek is bietjie neerbuigend teenoor hom), my ou man (liefdevol teenoor jou eggenoot,maar jy wil hom opbotter) , "ou ding" - liefdevol teenoor iemand maar jy wil jouself voorhou as dominant in die verhouding.

Ik zal voorzichtig zijn met het gebruik van "ou". Overigens werkt het Nederlands vergelijkbaar: ouwe jongen, ouwe reus: joviaal, oud wijf, oud mens, ouwe zeur: in scheldpartijen, zeer negatief. Vaak voor iemand (kan ook een man zijn) die nogal bemoeizuchtig / nieuwsgierig / zeurderig is. Ouwe taaie, positief, meestal tegen iemand die al wat ouder is en die je aardig vindt. Ik zeg het wel eens bij wijze van begroeting tegen m'n opa's; "Hé ouwe taaie, zit je nou weer achter het raam terwijl het buiten zulk lekker weer is?" En dan zijn er een paar die ronduit beledigend zijn; ouwe l*l, ouwe z*k en dergelijke. Arthur


Ek het probleme met die gebruik van "geen meer ... nie" in Afrikaans. Kan iemand asseblief vir my die volgende sinnetjies na Afrikaans vertaal ? Ik geen appels meer. Ek het nie meer appels nie. Ek het nie meer geld nie. Ek ken nie meer Frans nie. Ik heb geen geld meer. Ik ken geen Frans meer. Hilda.

Dan lei ek daaruit af dat "geen meer ... nie" glad nie gebruik word in Afrikaans nie ? Ek dink dat mens dit somtyds sal kan gebruik, maar alledaags sal dit seker nie wees nie. Gloudina

Moses kriebel is een uitspraak als "Holy cow" ik heb geen idee waar die vandaan komt. Beestjes met een zachte pels en grote ogen hebben de grootste aaibaarheidsfactor. De panda is daarom zo populair. Arthur


------------------------------------------------------------ ----------------

SOSIAAL

Ek sit hier in die VSA en is opsoek na 'n paar tradisionele boere repte(wors,brood,bobotie ens.) Enige resepte sal opreg waardeer word. Ek woon in Alabama. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet. Neels

Ek is seker daar sal meer wees - ons het onlangs hier in Minnesota begin die woord uitgooi en ek het met 'n nuusbrief begin - binne twee maande het ons sewentig name bymekaar en kom daar nou een maal 'n
maand so 30-40 gesinne by 'n restaurant bymekaar. In Junie het ons 'n reuse bring en braai by 'n State Park so halfuur uit die stad uit!

En jy sal nie glo wat 'n reenboog van Suid Afrikaners ons hier is nie!?! Natuurlik baie rekenaar mense, maar dan ook 'n pastoor, Pharmaseutiese Ekonoom, versekeingsagent en die eienaar van 'n silwerware winkel in die Mall of Amerika, die land se grootste winkelkompleks.

En jy moet sien hoe kuier die ouens 'n hond uit 'n bos uit! Tog te lekker, want 'n mens kan beheer hoeveel kontak jy met mede oud-SuidAfrikaners wil hê. Ek dink nie 'n mens moet jou heeltemal afsonder nie. Dis nie nodig om dit te doen om Amerikaners te ontmoet en in hulle samellewing opgeneem te word nie. Lewenshouding bly maar die groot geheim. Johan www.citilink.com/~johan

------------------------------------------------------------ ----------------

EMMIGRASIE

Jy moet jou besondere "skill" hier kom verkoop. Om die teogangsvisa te kry moet jy eers werk hier kry voor jy kom. Jou werkgewer doen aansoek daarvoor. Dus moet jy huiswerk doen en kontak maak met potensiele
werkgewers sodat jy 'n aanstelling hier kry voor jy kom.

Kort verduideliking: Hier geld kort kennis periodes, sodat meeste werkgewers weet hy kan binne twee weke iemand aanstel waar hy nodig het. Moeilik wanneer jou visa aansoek tot drie maande kan wees.

Die ideaal is om op die rekenaar kontrakteur manier te probeer kom waar die kontrak maatskappy vooruit beplan vir wanneer jy vir 'n kontrak gaan nodig wee en die Amerikaners weet rekenaar mense uit Sa
neem effe langer om hier te kom.

Die tweede ideaal is om hier te kom vakansie hou - jy pos voor die tyd jou CV's hiernatoe sodat dit nie in jou tasse is nie - as hulle jou daarmee vang weet hulle jy wil kom bly sonder 'n visum en dan sit hulle jou sommer uit. As jy dan hier is, gaan jy op voorafopgestelde werksonderhoude. Kry jy werk, kan jou werkgewer dadelik aansoek doen vir jou H1-B visum en mag jy dan in die land bly totdat die visum uitgereik is en jy kan begin werk. Nico

Die Amerikaanse 'Green Card Lotto' is ook nie 'n slegte idee nie. (Dit is glo gratis en word elke jaar gehou in Jan/ Feb) Volgens iemand wat ek ken by die Konsulaat is 'n Suid Afrikaaner se kans een uit 14 of beter.
Kanada is baie makliker om in te kom - as jy hier wil bly natuurlik. (Ek hoor dat dit makliker vir 'n Kanadees is om 'n green card te kry. Prakties kan mens ook makliker om iets te reel veral as mens vir 'n maatskapy werk
wat in beide lande is. Jean Toronto



------------------------------------------------------------ ----------------
RESEPTE

Bobotie

Vooraf verhit die oond tot 180 grade C (350 grade F)

1 kg maalvleis
2 k water

Kook die maalvleis tot gaar
Gooi die water af en hou dit eenkant
Week twee snye brood in die water

Voeg by die vleis

1 k pitloose rosyne
2 groot uie fyn gekap en 'n bietjie gebraai
1/4 k margarine
2 t aromat
2 e kerrie (na smaak)
1 e asyn
1 t sout (na smaak)
2 snye brood in die afgegooide water geweek

Meng die bestandele goed met die vooraf gekookte vleis.

Ander bestandele

Appelkooskonfyt
Gedroogte appelkose
4 piesangs
2 eiers in 'n halwe koppie melk geklits

Smeer 'n oondvaste bak sodat die bobotie nie vassit nie.
1 Gooi die helfte van die vleismengsel in die bak.
2 Smeer 'n laag appelkooskonfyt bo-oor.
3 Plaas 'n laag gedroogte appelkose bo-oor.
4 Dan ' laag gesnyde piesangs.
Herhaal stap 1 tot 4.
Gooi die geklitste eiers en melk mengsel bo-oor
Bak vir ongeveer 30 minute in die oond tot dit mooi styf en bruin bo-op is.

Bedien met blatjang, klapper en gekapte pynappel.

Resep van Mollie de Witt Besorgd

------------------------------------------------------------ ----------------


Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kan iemand my help?Dorpnaam

So, 17 Mei 1998 00:00

Is daar êrens 'n dorp mit die naam " twee-buffel-met-een-kioeël-geskiet" oor wat
gelygsoortig ???
HWM

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Afrikaans IRC - asseblief!

So, 17 Mei 1998 00:00

Hallo Johan,

Op ICQ het ek al met vier mense tegelyk gesels. Ek weet nie of daar 'n
limiet is nie.

Groete. Hila.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Eindwerk Afrikaans

So, 17 Mei 1998 00:00

Ik zoek alles over die afrikaanse taal. Heb jij iets? E-post het
naar ba...@freemail.nl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Aangeklaagde" deur CHARL DURAND

So, 17 Mei 1998 00:00

AANGEKLAAGDE
Charl Durand

Maria, vrou,
ek is 'n dief, ek steel moters.

Maria, asseblief,
sien in die weerkaatsing van jou trane
die kraal se spitsdak rondawels
groen valleie en skewe mielielande,
hoor in die huil in jou keel
die eggo van ouma se spookstories
wat sy met die kinders deel
lank na die vuur in die agterplaas as lê.

Maria, ek is 'n dief,
ek sal vir jou steel, ek het jou lief.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Wie is die plakkers?

Sa, 16 Mei 1998 00:00

"Henri Burger" writes: >

> Die algemene gevoel is dat ons regering nie die vermoeë of politieke wil het
> om die geweldadigheid en barbarisme aan bande te lê nie. Nie net onder
> blankes nie. Daar is gevalle bekend waar swart gemeenskappe self skuldiges
> aan die pen laat ry het.
>
> Jy is natuurlik geregtig op jou interpretasie van Umgundgundlovu, Bloukrans
> ens. As jy 'n derde Vryheidstryd veg, moet ek aanvaar jy het simpatie gehad
> met die vorige 2, want daarsonder kan jy nie by nommer 3 uitkom nie.
> Verduidelik net vir my hoe kom ons by enige van die 3 uit sonder Bloedrivier
> en Vegkop?

> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA

Henri, ek is amper seker dat jy in
jou hart en siel weet dat Afrikaners
nie weer terug in die geskiedenis
moet gaan en van Bloedrivier en
Vegkop praat nie. Dis rasse-sondesoek.
Die geweld in die land het sosiologiese
en ekonomiese oorsake, en mens kan
alleen hoop dat dit stadigaan sal
bedaar, soos nuwe strukture en nuwe
gesindhede ontwikkel. Onthou net,
wanneer wit boere aangeval word deur
plakkers en hulle wil verdedig, dat
daardie wit boere se voorvaders hulself
kom plak het op die grond van die
San en die Khoi en die Nguni-stamme.
So wie kan vir wie beskuldig dat hy
'n plakker is?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Daniël Marais vermoor!!!!!!!!!!

Sa, 16 Mei 1998 00:00

Hierdie is spesjaal vir die Arnos en die ander lieflinge van
anti-apartheid.
Waar is julle nou met jul selektiewe verontwaardiging??? Of gaan ek nou
geen antwoord kry, tannie, omdat dit ekke is wat hiedie draad begin???

Dis nog baie erger hierdie dan manslag op 'n baba. (Dis nie bewys dis 'n
moord nie en as sodanig is die beskuldigde nog altyd onskuldig.)

Of het die moordenaar julle goedkeuring dat meneer Marais se
samaritaanse daad op daai manier terug betaal word?

Jennifer

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Van Mutimoord gepraat....

Sa, 16 Mei 1998 00:00

Macbeth Act IV Scene I:

Double, double, toil and trouble;
Fire burn and caldron bubble.

Scale of dragon, tooth of woolf;
Witch's mummy, maw and gulf
Of the ravined salt sea-shark;
Root of hemlock digged i'th'dark;
Liver of blaspheming Jew,
Gall of goat and slips of yew
Slivered in the moon's eclipse.
Nose of Turk and Tartar's lips,
Finger of birth-strangled babe
Ditch-delivered by a drab,
Make the gruel thick and slab;
Add thereto a tiger's chaudron,
For th'ingredience of our caldron.

NOTES:
Witch's mummy: mummified flesh of a witch
Ditch-delivered by a drab: born in a ditch of a harlot

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Re: Van Mutimoord gepraat....

Sa, 16 Mei 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: > Macbeth Act IV Scene I:

> Liver of blaspheming Jew,

> Nose of Turk and Tartar's lips,
> Finger of birth-strangled babe
> Ditch-delivered by a drab,
> Make the gruel thick and slab;
> Add thereto a tiger's chaudron,
> For th'ingredience of our caldron.

Dankie Leendert dat jy vir ons daaraan
herinner dat die muti-moorde nie net in
Afrika plaasvind nie, maar in Engeland
en ook sekerlik in die Lae Lande waar
jou voorvaders vandaan kom. En kyk wat
hulle nog bygegooi het daar in die
Britse eilande... stukke Jood, stukke
Turk, stukke Tatare... Sies Leendert,
ek raak nou effens skaam vir ons voor-
sate daar in Europa. Het hulle nie van
beter geweet nie?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oor atoombom-ontploffings

Sa, 16 Mei 1998 00:00

Na die onlangs Indiese ondergrondse atoombom-
ontploffings is daar heen en weer verwyte geslinger
in die Kanadese politieke wêreld. Dit was omdat dit
algemeen aangeneem word dat die Indiese bomme,
in die sewentigerjare en nou weer, gemaak is met die
byprodukte van die Candu-reaktore wat Kanada aan
'n hele klomp lande verkoop het. Chretien, ons eerste
minister, verklaar dat Kanada nie beskuldig kan word
nie, want Kanada het alreeds, na die laaste reeks ontplof-
fings in die sewentigerjare, tegniese hulp vir die Candu-
reaktore aan Indië geweier.
Kanada is offisieel nie een van die klub van nasies
vandag wat 'n atoom-arsenaal het nie, maar dis met opset.
Kanada het, na 'n lang politieke geveg twee dekades of
so gelede, besluit om nie Amerikaanse atoominstallasies
op Kanadese bodem toe te laat nie.
Daar is egter 'n baie treurige rekord in die geskiedenis
van Kanada wat betref atoombomme en hulle nagevolge.
Die uraan-erts wat gebruik is in die Manhattan-projek,
en wat gelei het tot die atoombomme wat op Hiroshima en
Nagasaki losgelaat is, is in Kanada gemyn. Meeste van die
werk is gedoen deur die Dene Eerste Nasie in N.W.T. wat
bly op die strande van Sahtu (Great Bear Lake, die neënde
grootste meer in die wêreld en die vyfde grootste in Kanada.)
Die Dene het besluit om hierdie jaar 'n afvaardiging
te stuur na die jaarlikse herdenking van die atoombomme
wat geval het op Hiroshima en Nagasaki. Hulle wil verskoning
vra aan die Japannese vir die feit dat hulle mense die uranium
voorsien het wat gebruik is om die atoombomme te maak.
Hulle wil natuurlik ook aandag trek na die feit dat hulle, die
Dene, in die laaste halfeeu betaal het vir daardie arbeid wat
hulle gedoen het. Kanker het omtrent al die oorspronklike
werkers afgemaai, en die area waar hulle bly is omtrent net
vol weduwees. Min voorsorg is aanvanklik gemaak vir die
veiligheid van die werkers, en van die radio-aktiewe grond
uit die myne is oral rondgestrooi. Dis eers nou dat hulle
aktief gewaarsku begin word dat daar sekere "hot spots" is
waar hulle nie moet ingaan nie. "The Dene are now living
in fear of their land, water and animals," verklaar hulle in
een berig. "Bennet Fields, a spiritual gathering ground was
also confirmed by the Government to be contaminated."
So Noord-Amerika se hande is nie skoon nie. Nie net
die Dene nie, maar ook soldate en mense wat naby die bo-
grondse ontploffings was in die VSA het met hulle lewens
betaal. En vir wat?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1395  1396  1397  1398  1399  1400  1401  1402  1403  1404  1405  1406  1407  1408  1409  1410    »]
Tyd nou: Ma Nov 18 08:35:36 MGT 2024