"There is a lovely road that runs from Ixopo
into the hills. These hills are grass-covered
and rolling, and they are lovely beyond any
singing of it."
So begin "Cry, the Beloved Country," 'n boek wat in 17
tale vertaal is. Daar is 'n Broadway toneelstuk en twee
films daaroor gemaak. Dit word beskou as die belangrikste
publikasie in die literatuur van Suid-Afrika. Dis vyftig jaar
gelede uitgegee, in 1948, 'n paar maande voor die eleksie
van die Nasionale Party in Mei 1948.
Alan Paton het die boek begin skryf in Trondheim in
Noorweë in 1946. Hy was op 'n uitgebreide toer om die
administrasie van tronke dwarsoor die wêreld te bestudeer.
In San Fransisco het hy dit vir vriende gewys. Hulle het dit
laat tik en na 15 uitgewers gestuur. In Ottawa in Kanada het
Paton gehoor dat 9 van hulle die boek wou publiseer.
Alhoewel die boek geskryf en uitgegee is voor die NP
magsoorname in 1948, het die inbringing van die apartheids-
wette die boek se slaankrag verhoog en dit 'n ikoon gemaak
vir die mense wat begin agiteer het teen die haglike toestand
waarin die nie-blanke bevolking van Suid-Afrika was.
Die aand toe die film sy premièrein Johannesburg gehad
het in 1951, het Mevr. D. F. Malan, wat naas Paton gesit het,
haar na hom gekeer en gesê: "Surely, Mr. Paton, you don't
really think things are like that."
Mevrou Malan se man was 'n predikant. Die man wat die
eerste stene gelê het in 'n beleid wat vir veertig jaar die lot
van die nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende
gedompel het. 'n Beleid wat veroorsaak het dat ons vandag
ook nog kan sê "Cry the Beloved Country." Wat sou 'n mens
gegee het om dinge te verander. Wat as Mevr. Malan daardie
aand vir haar man gesê het: "Daniel, wees nou 'n ware leier
en Christen en lê die fondamente vir 'n regering vir hierdie
land waar Christelike beginsels en geregtigheid tot stand kan
kom." As hy dit gedoen het, dan sou die eer en die naam van
die Afrikaner hoogaangeskrewe in die wereld gewees het.
Die winter is hier. Ek dink dit is die mooiste tyd van die jaar. Die dames
lyk altyd so snoesig met hulle warm kombers baaidjies en truie, die kinders
met hulle mussies en handskoentjies. Ons het 'n baie mooi nutuur en moenie
vergeet om dankie te se vir wat ons het nie.
Ek lees daar is versoeke oor my/ons identiteit. Laat ek verduidelik:
Ek is 'n Hus, soos in "husse met lang ore".
Husse lyk min of meer soos daai baie ou, verrimpelde dwergie
wat in Star Wars gespeel het. (die een met die lang ore
wat die ruimteskip uit die moeras laat opstyg het).
Grootmense sien nie husse nie, dis net oumense en kinders,
(want hulle is nie so deksels sinies en skepties nie).
Ons ore is so lank om goed te kan hoor en ons kan enige
nuanse in enige taal verstaan.
Husse le eiers en dan broei daar klein hussies uit.
Hulle begin 'n voorliefde vir goeie aardse rooiwyn ontwikkel
op die ouderdom van so 300jr.
As hul so 1200 jr oud is, begin hul rimpels kry en grys word.
Ons kom van 'n ver planeet die aarde besoek
om na julle te luister. Die lekkerste speletjie is om in
hyserskagte weg te kruip en as die hyser vol is, te poep.
Of ons kruip onder die kerkbanke weg en in teaters en
luister na al die gefluister...
Ten spyte van ons ouderdom is ons baie vinnig,
en die kanse is maar skraal dat jy ons ooit
sal sien, tensy ons wil he jy moet ons sien, en dan ook
net as ons te veel rooiwyn gedrink het.
Jou kanse is beter om ons te sien as jy in die Tandemuis glo
of hare op jou ore het soos die oumense.
Klein hussies kruip dikwels weg onder daai gebreide toiletrol-
oortreksels van ou tannies, want dis knus en warm.
Tiener-husse vang sulke kattekwaad aan soos om hengelaars
se visse te laat "wegkom".
Deesdae geniet ons die WWW vreeslik baie,
want ons kan mense se identiteit aanneem
en met hul E-briewe vroetel. Ons las stukkies aan Galjoen se
briewe, verander dit en hits mense op. Maar ons bedoel nooit
regtig kwaad nie, soms raak ons net sommer die moer in vir niks.
Partykeer bedoel ons wat ons se, en ander kere
se ons wat ons bedoel, meestal wat ons nie bepoel nie
en soms depoel ons wat ons nie bepoep het nie.
Partykeer kan ek nie onthou of ek iets geskryf het en of dit een
van my vriende husse was nie, of miskien my gasheer.
Maar twak praat pla my nie - pla dit julle ?
Hier in Belgie is die zomer nu goed begonnen,
dit is niet alle jaren zo
Ik kijk altijd uit naar die nieuwsgroepen van south -africa, ik vind het
leuk deze brieven te lezen
zo laat ik dit nu weten.
In januari ben ik met mijn vrouw op verlof in Sa geweest en dit is geweldig
goed meegevallen de mooie natuur bij jullie, daar kunnen wij enkel van
dromen.
Die wonderlike sin kom uit Raymaond Chandler se storie Goldfish. Dis
so great ek pos dit maar.
"She was a tall, seedy, sad-eyed blonde who had once been a
policewoman and had lost her job when she married a cheap little
check-bouncer named Johnny Horne, to reform him. She had'nt reformed
him, but she was waiting for him to come out so she could try again."
Die ander dag tel ek 'n Mills en Boon boek op in
die bibliotekie by ons woonstel se laundromat.
Ek wou my geheue verfris oor wat die "Harlequins"
(soos ons hulle hier in Kanada noem) se kwaliteit
is. Ek het die spesifieke een gekies omdat die naam
daarvan "Sunset at Izilwane" was en ek dus geraai het
dat dit in Afrika afspeel. Toe ek dit so plek-plek lees
om die storie-lyn te volg, toe sien ek dit praat ook van
Tzaneen! Toe dink ek aan Henri Burger.
Maar dit nou daargelaat. My man sê toe vir my hy
dink ek maak 'n fout om te dink dat Harlequins "hyg-
romans" is. Hy dink dat as hulle van hygromans praat
in Suid-Afrika, dan bedoel hulle baie meer eksplisiet-
seksuele geskrywery wat aan pornografie grens liewer
as bloot erotiese letterkunde. Ek het gedink oor wat hy
sê en hom uiteindelik gesê ek dink hy is reg.
Ek kan egter nie glo dat 'n mens soos Griet, wat sê
sy is 'n sosioloog, pornografiese geskrywery bedryf nie.
Miskien is die term "hygroman" iets vreemds vir my?
Wil iemand vir my verduidelik wat 'n hygroman is?
Ek kan ook nie glo dat wat Griet op die nuusgroep
gepos het, enigsins bedoel was om mense seksueel opge-
wonde te maak nie. Vind mense hierdie soort geskryf
seksueel stimulerend? Vir my was dit nie eens baie snaaks
nie. Nee wat, ek sê nog altyd, gee vir my Flaubert en
Balzac en Henry James en Charles Herman Bosman en
'n paar van dié snare en hou julle hygromans, wat dit
ook al is.
So as kritiek jou kant toe kom is dit van verraaiers en verdraaiers af?
Hmmmmm. Klink vir my na 'n komplot wat in die X-files hoort. O ja, ek wag
nog steeds vir my antwoord van jou kant af gloudinaTJIE. Die tannie met die
kappie is vinnig om antwoorde te verwag maar waneer sy moet antwoord lyk dit
vir my of die stilswye oorverdowend raak.
>>
>> Nie almal is teen my nie, Arno. Maar die dubbel-
>> gesigte, verraaiers en verdraaiers, die skiet
>> die tannie met die kappie sommer so keer op keer.
IRQ0 > (System Timer?) heeft geschreven...
> gloudinakins
Onlangs was er op soc.genealogy.benelux een vraag van een Francaise over de
moderne equivalenten van oude namen die ze was tegengekomen in de archieven.
Ze had een heleboel Vlaams-klinkende namen, bijvoorbeeld Betkin, Franskin,
Grietkin, Hannekin, Hansken, Joeskin, Leenkin, etc.
Nu zie ik hier "Gloudinakins", waar ik zelf "Gloudinaatje" zou hebben
gezegt. Is dit aanvullend bewijs voor mogelijke Zuid Nederlandse wortels van
het Afrikaans?
Leendert van Oostrum heeft geschreven...
> Die agtervoegsel "-kins" is nie Afrikaans nie.
>
> Dit is Engels en word selde of ooit in Afrikaans gebruik, behalwe miskien om
> 'n spesifieke effek te gebruik.
Now you've lost me... Ik heb dit nog niet eerder in het Engels gezien. Kan
één van jullie misschien een paar voorbeelden geven waarin dit wordt
gebruikt?
Die nuusgroep is vanaand maar bra stil, nou vertel ek maar vir julle nog 'n
storie. Maar hy kan 'n ou moeg maak, so hou maar verby as jy nie kans sien
nie!
Die ander aand sit ons maar taamlik bedremmeld langs die hardekoolvuur.
Iemand het in sy wysheid besluit om Dok Sarel saam te nooi, en ons ouens
voel ons maar bra ontuis in hooggeleerde geselskap. Ons snuif-snuif net so
aan die blikbekers, want amal is bang as ons Maandag gaan kla van seer mae
of gewrigte, Dok sal sê ons suip te veel. Waar het jy nou gesien 'n mens
drink WHISKY uit 'n KRISTALGLAS hier langs die Olifants! Nie eens die
geaambeeld van die vrugtevlermuis in die waterbessie beur ons op nie.
"Dok, vertel vir ons 'n storie," sê Jongeling Dunn, en ons val amper van ons
stompe af. As daar nou iemand is met 'n allerheilige vrees vir Dok Sarel,
dan is dit juis Jongeling. Toe Dok so 'n diep teug aan sy whisky vat en sê,
"Gee my 'n sigaret", val ons amper in die vuur.
"Voor ek hier gekom het, het ek op Vanrhynsdorp gewerk," sê Dok op sy
ernstige, kliniese manier. "So 50km van daar af het Basjan de Koker op die
Knersvlakte met skaap probeer boer. Basjan was, om dit lig te stel, nie baie
intelligent nie. En hy het erg gehakkel. Na jare se gesukkel het Basjan sy
vrou Sannie swanger gekry. Op 'n môre kom Basjan van die skaap af by die
huis vir brekfis. 'Basjan, ek dink dis sulke tyd, jy moet die Suster loop
roep,' sê Sannie redelik benoud. Van hier af sal ek Basjan self laat
vertel."