> Net 'n vinnige beriggie : Henri het 'n nuwe storie op sy tuisblad ! Baie
> lekker !!!
Dankie vir die entoesiasme, Hilda! Ek wil net daarop wys dat hy alreeds hier
geplaas was.
Ek het besluit om hulle voortaan net op my tuisblad te plaas, en dit dan net
hier noem. Ek kon aangaan en net nuwes daar plaas, maar die probleem is dat
daar 'n mate van karakter- en situasie ontwikkeling in sommige die stories
is, en gemis gaan word as iemand buite die nuusgroep daar gaan kyk.
So, vir die volgende 2-3 weke sal julle tevrede moet wees met herhalings -
vir die wie dit saak maak!
Daar is nou ook 'n Engelse weergawe van die blad, by dieselfde adres. Die
storie in Engels sal altyd 'n week later verskyn as die Afrikaanse weergawe.
En ja, ek besef daar sal iets verlore gaan in die vertaalproses, maar gaan
kyk maar.
Groete uit die Ooste aan almal op s.c.s-a.a. Ek is 'n Suid-Afrikaner wat
nou vir die afgelope 6 maande in Singapoer bly, en ek is 'n gereelde
leser van hierdie nuusgroep. Anders as andere, geniet ek nogal die
moddergooiery en gestryery oor politiek, maar dis die stories van o.a.
Griet en Henri wat my die meeste laat huistoe verlang.
Op aandrang van my persoonlike rugbykorrespondent, het ek besluit om
meer as net leser van die groep te wees en as die tyd dit toelaat, so 'n
bietjie deel te neem.
Kom ek vertel julle 'n bietjie oor die land waarin ek woon - Singapoer.
Singapoer is 'n eiland net suid van Maleisie (dis nou Oos-Maleisie) en
dus net 1 graad noord van die ewenaar. Gevolglik is die eerste ding wat
ons opgevang het toe ons hier aangeland het om 6:00 op 'n Sondagoggend
in Desember die hitte en humiditeit. Glo my, hierdie plek is warm. Min.
24, maks 34, elke dag, 12 maande van die jaar, en die humiditeit is soos
'n klam kombers. Na 'n paar jaar hier sal ek maar 'n paar ligte
truitjies inpak vir Desember vakansies in Natal!
Die tweede ding wat jou opval is hoe skoon dit is hier. Singapoer is
bekend daarvoor dat hulle rommelstrooiers swaar beboet, maar dit gebeur
nie dikwels nie. Die mense het baie gou geleer, en almal (insluitende ek
en my familie) kom baie gou in 'n gewoonte om elke stukkie rommel in die
(nabygelee) asblik te gooi.
Die eiland is klein - 40 x 25 km - miskien 'n bietjie kleiner as
Pretoria/Centurion. Hier woon sowat 3 miljoen mense, oorwegend Sjinese,
maar ook Maleiers en Indiers. Daar is 'n groot mate van rasse-harmonie,
alhoewel die magsposisies meestal deur Sjinese beklee word.
Die regerende party het feitlik totale beheer (ek dink opposisiepartye
het net 2 setels in die parlement), en dit tesame met die baie streng
wetstoepassing, lok soms kritiek vanuit die buiteland uit. My indruk is
dat hierdie mense hulle uitstekend van hullle taak kwyt. Dertig jaar
gelede was hierdie 'n malaria moeras, bekend vir dwelmverslawing, en met
geen natuurlike rykdom behalwe die strategiese ligging nie. Vandag is
dit 'n moderne land (stad) met lae werkloosheid, byna geen misdaad nie
en sekerlik die stabielste ekonomie in Asie. Dit is grootliks die
resultaat van visie vanuit regeringsoord wat klem gele het op die
ontwikkeling van hul enigste ander rykdom - die inwoners, en wat met 'n
sterk hand die bevolking oortuig het om almal hard te werk aan 'n
gemeenskaplike doel, nl. welvaart.
Die kwaliteit van hul skoolopleiding is uitstekend, en ek onthou dat ek
verlede jaar 'n opname gesien het waarin hulle onderrig in Wiskunde en
Wetenskap as no. 1 in die wereld geag is. Hulle universiteitsopleiding
is ook van hoe standaard, alhoewel hulle studente as gevolg van hulle
streng opvoeding en rigiede gesagstrukture dalk 'n bietjie van 'n gebrek
aan selfvertroue het.
Die gemiddelde werker is nie regtig ryk nie, maar is ooglopend gelukkig
met sy lot. Hy besit gewoonlik sy eie woonstel wat hy m.b.v.
regeringsubsidie kan koop, en as ek dit reg verstaan, kan hy sy pensioen
aanwend om te help om daarvoor te betaal. Almal spaar geld, en dit staan
in skrille kontras met die skuld-is-OK lewensstyl waaraan so baie mense
gewoond is in SA. Die rykes is BAIE ryk. Karre is sekerlik die duurste
ter wereld met baie swaar belasting, maar steeds ry hier soveel Merc's
en BM's rond as wat mens net in Sandton, Waterkloof en Umhlanga te siene
sal kry. Privaat huise (losstaande op eie erwe of duethuise) is baie
duur - tipies R3m tot R12m - maar tog is hier baie.
Dit klink alles baie rooskleurig, maar aan die ander kant is lewenskoste
hoog, en die lewensstyl baie kompeterend. Kinders word vanaf 'n jong
ouderdom gedruk om akademies te presteer, aangesien slegs 'n klein
persentasie uiteindelik toegelaat sal word tot die Universiteite. Die
werkendes werk baie hard, en baie mense is vasgevang in 'n oorweldegende
strewe na sukses. Dit wil soms vir my voorkom asof sommiges vergeet het
hoe om te ontspan, of om met 'n gesonde balans ook die lewe te geniet.
Ek sal nog vir minstens 2 1/2 jaar hier wees. Ek werk by een van die
twee universiteite hier, en alhoewel ek heelwat meer verdien as in SA,
is ek nie regtig veel beter af nie. Dit het nogal 'n redelik aanpassing
geverg om gewoond te raak aan die nuwe omstandighede hier, maar nou
begin ons dit geniet. Dis wonderlik om in 'n korrupsie-vrye land te bly
waar daar ontsag is vir wet en orde, waar mens rustig kan slaap, en met
vrymoedigheid op enige tyd in die strate kan rondstap, maar steeds is
die verlange huistoe soms soos 'n dowwe pyn in jou bors. Ek wil gaan
rugby kyk, Castle drink, Afrikaans praat met my eie vriende en familie,
en op klein plattelandse dorpies of erens op 'n plaas gaan kuier.
Dankie Henri. Dis nou nie die soort wedstryd wat my elke Saterdagmiddag
(-aand hier by ons) so laat verlang Loftus toe nie, maar ek het dit
nietemin geniet.
JC
> Hierdie is spesiaal vir JACO COETZEE wat in Singapoer sit en verlang
> na
> Afrika en Rugby!
>
> Die ander aand sit die diere van Afrika om die hardekoolvuur langs die
> Olifants, en stry oor wie is nou eintlik die beste in dit en dat.
> Koning
> Leeu was later goed dik vir die klomp, en nadat hy 'n goeie sluk uit
> sy
> blikbeker gevat het, roep hy die spulletjie tot orde. "Kyk," se hy
> vanuit
> die hoogte, "ek het nou genoeg gehad. Volgende Saterdag pak julle
> mekaar op
> die rugbyveld. Die groot diere speel teen die insekte en ander goggas.
> Sekretarisvoel sal skeidsregter wees."
>
> Die hele week was dit 'n groot geskarrel om alles reg te kry. Proewe
> is
> gehou en spanne gekies. Die diere wat nie betrokke was nie, het die
> veld reg
> gekry. Teen Saterdag was daar 'n feestelike stemming. Gelukkig het
> geen
> mense opgedaag om die pret te bederf nie.
>
> Toe sekretarisvoel sy fluitjie blaas was die pawiljoene gepak. Die
> spanne
> draf uit onder luide toejuiging. Eers die groot diere: Heelagter -
> Koedoe,
> Vleuels - Rooibok en Hartebees, Senters - Njala en Duiker, Losskakel -
> Springbok, Skrumskakel - Klipspringer, Agtsteman - Eland, Flanke -
> Blouwildebees en Buffel, Slotte - Kameelperd en Sebra, Stutte -
> Olifant en
> Seekoei, Haker - Renoster(kaptein). 'n Formidabele span in enige ou se
> boek.
>
> Toe die insekte opdraf, raak die skare histeries: Perdeby, Vlieg en
> Naaldekoker, Muggie en Muskiet, Skoenlapper, Vlooi(kaptein), Kakkerlak
> en
> Rysmier, Hottentotsgod en Stokinsek, Miskruier en Toktokkie, met
> Bosluis op
> haker.
>
> Net voor die afskop is daar 'n verbyvlug van verskillende voels in 'n
> verskeidenheid van formasies. Nadat 'n klomp tortelduiwe seremonieel
> vrygelaat is, kom 'n Gompou gevaarlik laag oorgevlieg, met die woorde
> 'Go
> Bugs' onder sy vlerke geverf, tot groot vermaak van die jillende
> skare.
>
> Van die afskop af sukkel die insekte hulle vrek. Dinge wil nie vlot in
> die
> skrums nie, en Sekretarisvoel moet hard praat met die voorrye.
> Kameelperd
> oorheers die lynstane. Buffel is genadeloos in die losspel. Die groot
> diere
> wen al wat bal is. Hulle druk driee asof dit uit die mode raak. As
> hulle met
> die voorspelers dryf, is Olifant en Seekoei onstuitbaar. As hulle wyd
> speel,
> is daar geen keer aan Hartebees, Rooibok en Koedoe nie. Springbok skop
> al
> wat 'n bal is oor. Rustyd is die telling 50-0.
>
> Na rustyd lyk dit of Vlooi se hardpratery gehelp het. Die insekte
> stoot die
> ou groottes meters terug in die skrums. Duisendpoot wen balle agter in
> die
> lynstaan. Dit gaan verwoed in die losskrums, en hulle begin daar
> oorheers.
> Die balle gaan seepglad met die agterlyn af, en Muggie, Naaldekoker en
> Perdeby begin die driee inryg. Muskiet se skopskoen is so dodelik soos
> sy
> byt. Skoenlapper dartel deur die verdediging. Duisendpoot duik die
> groot
> diere disnis. Selfs Kakkerlak, wat 'n stillerige eerste helfte gehad
> het,
> lak die dinges uit hulle uit.
>
> Twee minute voor die einde klits Skoenlapper 'n skepskop oor, en die
> telling
> is 51-50! Van die afskop af dryf die groot diere verwoed. Renoster kry
> die
> bal 5 tree van die doellyn af, en gaan vir die hoekvlag. Met 'n
> bo-menslike
> poging duik Duisendpoot hom by die hoekvlag uit. Die eindfluitjie
> blaas. Die
> skare se vreugde ken geen perke nie.
>
> Toe hulle afstap, vra Vlooi vir Duisendpoot waar hy in die eerste
> helfte
> was, toe hulle so gesukkel het.
>
> "In die kleedkamer, besig om my stewels vas te maak!"
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.') Besoek my tuisblad:
> http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html
>
Haai al julle Suid-Afrikaanse Afrikaners verstrooid oor die wêreld.
Ons is nou hier in die Nederlande (al so drie weke).
Antie Gloudina het gevra dat ek moet laat weet as ek weer in kommunikasie is,
so daar is dit nou. Ek is besig om 'n kondensasie van my indrukke en
ervaringe op te stel, maar intussen het ek 'n elektroniese weergawe van my
dagboek as julle geïnteresseerd is in my persepsies van die land en hoe ek
die verkille en aanpassings ervaar. Stuur maar so 'n e-possie dan stuur ek
dit vir julle aan. Die een ding wat ek vir julle kan sê, is dat dit anders is
om hier te woon as om hier vakansie te hou. Toe laat dit my nogal nadink -
miskien is dit dieselfde vir Suid-Afrika. Julle ouens en oueninne daar buite
wat al van die "buiteland" af al gaan vakansie hou het in Suid-Afrika, vertel
so 'n bietjie hoe dit was om as 'n "outsider" weer te gaan kuier. Vertel ons
so 'n bietjie hoe julle die veranderinge ervaar ensovoorts. (miskien is dit
nogal tipies - ek is nou eers drie weke hier en ek dink al klaar aan vakansie
gaan hou in SA)
Net so 'n bietjie vinnige inligting ('n spoedberig?). Ons is nou tydelik
gevestig in Utrecht, maar sal hopelik binne die volgende week ons eie plek
kry. Ek werk in Amsterdam, maar eiendom is hier geweldig duur. Nou kyk ek
maar na Lelystad se kant of miskien Amersfoort - huureiendom is byne
aonbekombaar in Utrecht. My gesin het saam met my gekom, maar ons moes weens
die wisselvalligheid van 'n ou kombi ons hond vereers in SA laat. Ons sal
haar probeer hiernatoe uitvlieg sodra ons in ons nuwe plek is.
In elk geval
Groete uit Nederland
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
> No Down Payment!
> No Bank Fees!
> No Security Deposits!
> Home Based Biz. Opportunity-NOT MLM!
> For more information, call 716-389-9669 and a live operator
> will take down your Name, Address, Phone, Fax (optional),
> and email (optional) so that we can send you an information package.
> It is important that you give this information, since we will not send any info without it.
Voetsêk hier. Ons wil nie motors koop nie jou poephol.
En net ingeval jy 'n soutpiel is, "fuck off. read the name of the
newsgroup. It's not alt.car
Die landskap van onse wereld is semi-aried en droog, ten spyte van al die
dinosaurus-fossiele en ander moerasagtige goed wat hier opgegrawe word. Tot
skulp en vis fossiele. As die inwoners vir water boor is dit brak en
ondrinkbaar. Die eens groot verskeidenheid bome is tot bonsai grote
gereduseer.
As 'n man die dag water raak boor, word al die opstalle sommer so om die
windpomp gebou. Pa en seun en sommer al die bywoners en voormanne s'n ook.
Dis in so 'n tweede opstal langs die windpomp wat Kosie toe vir Saar in
laat nesskrop. Die familienaam moet voort en Kosie moet begin reproduseer.
Saar laat 'n krullerige gegote yster naambordjie by die hek aanbring,
getiteld: Koos en Saar Beytenbach - Wanhoop.Spoggerige letterwerk daarby.
Oom groot Koos het moeite om nie die ding af te pluk nie. Sy plaas se naam
is Rus-en-Vrede, soos dit daar by die grootpad op gesit is, en nou word
hier vreemde gewoontes ingebring wat geld ook kos. Klein Koos behoort te
weet dat die Karoo nie blinkgoed verdra nie.
Kosie se verduideliking dat die plaaskamp waarop hulle huisie nou staan se
naam Wanhoop is, trek nie water by groot oom Koos nie. Vrouens is
moeilikheid, en dis dit. En daar beland klein Koos toe sommer van vroeg af
tussen twee kampe.
Die moles verdiep elke keer wat Saar inkopies wil gaan doen. Oom Koos wil
'n lysie hê van al die benodigdhede, die pryse van die produkte langsaan
opgeteken.Die finale bedrag netjies onderaan in groot skrif.
Saar is in die nesskop fase en duld geen inmenging in die brose eerste fase
van die huwelik nie. Oom Koos voel dat Kosie nie sy plig nakom en vir
skoondogter-lief inwy in die familie se gewoontes nie. So kom dit dan nou
een oggend dat Saar reg maak vir ry.
"Kosie," sê sy, "gaan vra vir pa geld, ek wil dorp toe."
"Maar Saartjie," vra Kosie, " hoe kan ek sonder 'n lysie gaan geld vra? "
"Daar's g'n lysie nie. Dis my eie besigheid, en het niks met jou pa uit te
waai nie. Ek weet nie wat dit kos nie, en wil genoeg geld hê. Ek gaan my
nie loop skaam in die handelshuis vanoggend nie. Loop vra geld."
Kosie trap rond. "Saartjie, skat, jy weet dit werk so. Pa sal nie geld gee
as daar nie 'n lysie is nie."
"Nou maar goed, Kosie," sê sy, " dan sal ek die saak vanoggend finaal
uitklaar myself. "
Sy stap telefoon toe, lui 'n korte en twee langes, korte twee langes,en
gaan sit op die stoel. Groot Koos antwoord die foon.
"More Pa," sê sy."Ek wil pa vanoggend kom sien, kan ons 'n afspraak maak?"
"Maar Saartjie kind, jy't mos nie 'n afspraak nodig om my te sien nie."
"Nee Pa, ek wil 'n amptelike afspraak hê om tien-uur. In Pa se
studeerkamer.Is dit goed so?"
Ietwat oorbluf stem groot Koos toe in, en Saartjie gaan verwissel klere. Sy
trek haar Sondagrok aan, sykouse, blinkleer skoene, die lot. Sy trek die
Mercedes uit die waenhuis, ry 50 tree daarmee na groot Koos se huis, en
stop reg voor die deur, soos alle besoekers maar maak.
Skoonma maak die voordeur oop, en Saar versoek haar formeel om skoonpa
privaat in sy studeerkamer te sien.
Oom Koos is ontredderd en senuwaeeagtig. Vrouens is gevaarlike goed,
aangetroud of nie aangetroud nie. Jonk of oud. Dis om't ewe.
"Saartjie, my kind," sê hy," kom ons gaan sit lekker voor die stoof in die
kombuis. Vir wat sal ons nou hier soos vreemdelinge vanoggend kuier. Ons
kuier dan altyd so lekker daar in ma se kombuis."
"Nee pa" sê Saartjie, "vandag gaan ons twee mekaar formeel in die oë kyk en
sake uitpraat. Eerstens wil ek tweehonderdrand van pa hê, en wat ek daarmee
wil gaan koop, is my besigheid."
"Tweehonderd rand! Maar Saar, wil jy 'n plaas gaan koop! Dis baie geld, en
dan wil jy nie eers sê waarvoor jy my geld so wil uitmors nie!"
"Nou maar goed, as pa dit so wil hê. Ek wil vir my panties en bra's gaan
koop, en die prys daarvan is nie pa se besigheid nie. Ek gaan ook nie koop
wat pa as geskik beskou nie. Ek gaan nie langer pa se inmenging duld nie,
wat my by punt nommer twee bring. Pa skuld vir klein Koos 'n salaris. Hy
gaan nie langer verniet op die plaas werk nie. Selfs die arbeiders kry hul
weeklikse loon. Maar klein Koos moet langtand in die koue rondstaan net
omdat hy jou seun is. Hy is 'n gegradueerde man wat op enige ander plek 'n
baie goeie salaris sal verdien. Hy hoef nie sy pa se slaaf te wees nie. Van
vandag af is dit nou verby. "
Oom Koos verstik in die pyprook en spoeg 'n straal koffie uit.
"Saartjie, my kind. Julle het tog niks om oor te kla nie. Jy kry alles wat
jou hart begeer, en daar skied geen tekort in julle huis nie. Ek sorg mooi
vir julle. Jy weet tog dat klein Koos my enigste kind is, en eendag alles
gaan erf. Ek begryp nie jou eis nie. Ons het nog al die jare so gemaak, en
die hele land se boere werk so met hulle seuns. Ek het nog nooit vir julle
"nee" gesê nie"
"So, Pa sê nou vir my dat Pa nie gehoor gaan gee aan my versoek nie?"
"Nee, Saar, ek is regtig jammer, maar aan hierdie versoek kan ek nie
voldoen nie. Ek sal met plesier vir jou, mmmm....(kug).... onderkleertjies
koop, maar gaan vind nou net vir Pa die pryse uit."
"Nou maar goed Pa," sê Saar, " dan laat Pa my nou geen ander keuse as om Pa
van vandag af te begin dood bid nie, as dit die enigste manier is hoe klein
Koos regverdig behandel gaan word. Ek gaan nou terug huis toe. Ek gaan op
my knieë neer val en dag en nag begin bid. Totsiens Pa."
En daar trek Saartjie met 'n stofstreep terug in die waenhuis in, en stap
doegerig huis toe.
Oom Koos loer bekommerd deur die gordyne en sien die hemele is oop, blou en
onbetrokke vanoggend. ô-ô. Dis nou groot gif in 'n klein botteltjie wat hom
dood wil bid. Dit kan nou nie anders nie, hy sal vir dominee Langeraad en
die ouderling, Gert Knoppe, moet inkry. Dit moet nou vol spoed reguit
boontoe vanoggend.
Gert Knoppe is erg gegrief toe hy van sy ploeery af huis toe geroep word
vir dominee se lui, maar dominee klink desperaat bekommerd oor oom Koos se
geestestoestand. Hulle twee moet dringend gaan kyk wat daar aangaan. Gert
Knoppe moet hom sommer daar kry, daar's nie nou tyd vir mekaar langs die
pad inwag nie.
Hulle kry vir oom Koos in 'n hoek van die studeerkamer sit gemaak. Die man
praat nie. Hy staar voor hom uit oor die Karoo landskap.
"Broer Koos," vra dominee, "jy wou ons gesien het?"
Oom Koos drup die woorde so stadig een-vir-een uit: " Dominee" sê hy, " is
dit moontlik dat een persoon 'n ander kan dood bid?"
"Nee, broer Koos, nou verstaan ek nie mooi nie?"
"Dominee, Saar wil my dood bid."
Dominee Langeraad besef hier is huismoles en hy sal as onderhandelaar moet
intree.
"Gert," sê hy, "loop lui daar vir Saar dat ons die ding kan uitpraat. Sê sy
moet gou hierna toe kom"
In stilte wag hulle vir Gert Knoppe om te lui. Een korte een lange. Een
korte een lange. Gert kom na 'n ruk terug. "Die bediende sê Saar is op haar
knieë in die kamer besig om te bid. Sy kan nie nou foon toe kom nie..."
Oom Koos spring van die stoel af op en begin senuweeagtig om die twee
kerkmanne stap. Gert Knoppe bied aan om self na Saar toe te gaan. Die
beswaardes kyk in stilte hoe Gert Knoppe na 'n lang wag met Saar uit die
huis uitkom langsaan. Die kort jong vroutjie stap die lang man skoon uit sy
skoene uit weg.
Saar kom die studeerkamer in, en gaan staan voor dominee." Dominee moet gou
praat, ek is 'n baie besig om vir skoonpa dood te bid. Al kry ek bokknieë
en eelte, sal ek aanhou bid tot Pa dood is."
Dominee oorreed oom Koos en Saar om weerskante van die groot lessenaar te
gaan sit, en elkeen per geleentheid hulle saak te stel. Saar is eerste.
Baie kalm herhaal sy die situasie aan die kerkraadslede. Oom Koos kom
tweede in en verduidelik die tradisies van die familie en hoe goed dit vir
almal was deur die jare.
Dominee bly eers lank stil. Oom Koos sit in afwagting gereed. Einde ten
laaste maak hy keel skoon.
"Broer Koos," sê hy. " As 'n mens die saak met die Woord van die Here
benader, sien 'n mens dat God in die Bybel verklaar dat 'n arbeider sy loon
werd is.
Klein Koos gaan wel eendag die plaas as sy loon op sy arbeid kry. Dit is
waar.
Dis dus nie dat jy jou seun sy loon heelemal ontsien nie. Tog verklaar die
Bybel ook dat die Here 'n regverdige gebed verhoor. Ek kan nie namens God
'n uitspraak hier gee nie. Ons Almagtige Vader sal self hier 'n beslissing
moet fel. As jy reken dat Saar met 'n onregverdige gebed besig is, het jy
mos nou nie iets om bekommerd oor te wees nie. Moet dus nie verder ontsteld
wees nie. En nou moet julle ons maar verskoon. Mag die Vader met die tyd
vir julle Sy beslissing gee."
Daarmee is dominee Langeraad en Gert Knoppe toe daar weg. Saar is terug
Wanhoop toe om verder te gaan bid. Oom Koos kies koers die langkampies in.
In die verte sien hy dat iemand die "Rus en Vrede" bordjie vir 'n skyfskiet
teiken gebruik het.
Die volgende oggend is klein Koos, soos gewoonlik, vroeg in ma se kombuis.
Pa Koos kom die vertrek binne met 'n nuutgeverfde naambord omraam met
Brookie lace in gegote yster. Hy plaas die skroewe en die bord voor klein
Koos neer.
"Gaan vervang die bord langs die pad. Die nuwe Suid Afrika laat tot koeëls
in die Karoo spat. As jy daar klaar is moet ons bank toe. Dis tyd dat ek
jou 'n salaris begin betaal."
Stel ek bly nou in Suid Afrika en het n mooi plek (plaas) opgebou, op
die oomblik is die waarde
se 1 milj rand.
1. Nou hoe groot of klein is die kans dat daar n plakkerskamp kom ?
2. Wat sal dit die waarde beinvloed ?
3. Sal dit die veiligheid beinvloed ?
Dit is nou vrae van my en mense in my omgewing.
Wie kan my antwoord gee.