Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vra ek myself

Ma, 24 Augustus 1998 00:00

Aangesien die regering nie wil antwoord nie, kan iemand hier dit dalk doen.
?

HOEKOM MENG MANDELA EN KIE ALEWIG IN ANDER LANDE SE PROBLEME IN, MAAR KAN
DIE GEMORS IN SUID AFRIKA NIE ONDER BEHEER BRING NIE.

Ek weet dit is nie 'n politieke NG hierdie nie maar regtig, hoe lank moet
ons dit nog uithou met die huidige situasie. En wat laat enige persoon dink
die situasie gaan verbeter na die 1999 verkiesing ( Wat die ANC sekerlik
met 'n twee derde meerderheid gaan wen ).

Persoonlik voel ek sterk daaroor dat die doodstraf teruggebring moet word,
maar met 'n paar wysigings natuurlik. Eerstens moet enige persoon wat deur
die hof tot die dood toe gevonnis is binne 30 dae tereggestel word. Dit is
nonsens dat hulle vir jare daar sit en die belasting betaler se geld mors.
Tweedens moet sekere sake wat " uitstaan " sommer in die openbaar gedoen
word, wat sal dien as afskrik middel vir ander oortreders.

Hoe kan enige persoon sê die nuwe SA is 'n goeie ding. ? Ou FW de Klerk het
met sy soet sappige ou gesig belowe dat SA beter daaraan sal toewees sonder
apartheid dat maatskapye in SA sal belê ens, ens, ens.

Maar die harde werklikheid is dat die waarde van die Rand nog nooit so laag
was nie, Die "crime rate" nog nooit so hoog was nie, en die wit man die
teiken geword het vir diskriminasie in alle vorms.

Dit het mens nou van 'n party wat demokrasie skree onder die dekmantel van
die SAKP, ( waragtig maak dit nie vir my sin nie )

Enige wit persoon wat eerlik wil wees en sê die nuwe SA is soos manna uit
die hemel vir hom, en nie dit maar net sê omdat dit deesdae 'n groter
"sonde" is om 'n rasis te wees as 'n moordenaar nie, wil ek net die
volgende voor sê:

FOK JOU.......Ons sal weer praat as JOU ma deur 'n Kaffer doodgeslaan is
vir 'n skamele R10.

MANDELA ( ANC ) vlieg in jou moer in.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Die Bybel op rekenaar

Ma, 24 Augustus 1998 00:00

Kan enige persoon asb vir my sê waar ek die Bybel in Afrikaans op die
rekenaar kan kry, dit sal my geweldig baie help met navorsing

Groete

Riaan

Geloof & kerksake | 1 kommentaar

soek Usenet inligting

Ma, 24 Augustus 1998 00:00

Iemand het n tydjie gelede 'n lys van gratis NG-versswartes gepos. Ek
het gedink ek het dit gemerk om te behou, maar ....

Het iemand nog die lys?

Dankie,
Ferdi

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Beslote Korporasie Registrasie

Ma, 24 Augustus 1998 00:00

Indien u 'n Beslote Korporasie onmiddellik nodig het, besoek ons by
http://www.ccinstant.co.za

Beste wense,

Tony Last
email: ton...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Onderklere Opname

Ma, 24 Augustus 1998 00:00

Hi Sanet

Jammer maar ek is nie James Small nie. Het nie eers die ooreenkoms besef
nie. Maar hopelik, sal my reeks onderklere ook binnekort beskikbaar wees,
landwyd, nie net in die Kaap nie.

Groete
James
Sanet wrote in message ...
> James? Soos in James Small? Hy verkoop mos nou onderklere innie Kaap. Ek
> wonder maar net.
>
>
> James wrote in message ...
>> Hou jy van mooi onderklere? Ek is tans besig om 'n opname te doen oor
>> Suid-Afrikaanse mans en watter onderklere hulle dra.
>>
>> As jou wil deelneem, voltooi die vraelys en stuur terug na my toe.
>>
>> Groete
>> James
>> Kaapstad
>> Suid-Afrika
>>
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Leendert en die Stellenbosse boys

Ma, 24 Augustus 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes:

> Lyk my jy hou nie van die gebruik van "boy" in Afrikaans nie. (o.a. - Het jy
> nou taalpurisme by politieke puriteinsheid gevoeg in die arsenaal vir jou
> heksejagte?)
>
> Terwyl jy nou aan die volksliedjies sing is in jou "padded" hoekie, sing
> bietjie vir jouself "Bobbejaan klim die berg".
>
> Jy sal miskien oplet dat "boy" 'n baie ou en ingeburgerde leenwoord in
> Afrikaans is.
>
> Vriendelike groete, Leendert


Ek het nog altyd die suspisie gehad dat jy
'n kloset-hanskakie is :( die cute asides
in Engels, 'n duidelike neiging tot dink
in Engels.) Nou kom dit in die openbaar uit.
Nee, Leendert, "boy" is nie "Afrikaans" nie.
Dis 'n Engelse kolonialisme. Net omdat dit
eenkeer in 'n Afrikaanse volksliedjie voor-
kom, beteken nie dat dit "Afrikaans" is nie.
Ek twyfel ook of "Bobbejaan klim die berg"
in sy geheel 'n werklike Afrikaanse volks-
liedjie is. Dis eerder 'n Matie-drinkliedjie
wat in die Afrikaner se musiekskat ingeglip
het.

Wat die woord "booi" betref - dis 'n ander saak.
Waar kom byvoorbeeld die benaming "Witbooi" vir
'n Griekwa (?) kaptein vandaan. Ek het die woord
ook baie gehoor in die Noordweste, meestal snaaks
genoeg in die mond van "kleurlinge" self, as hulle
oor 'n ander kleurling praat. Kan dit wees dat
hulle 'n San-woord gebruik wat klink soos "booi",
of is dit die Engelse "boy" wat in hulle taal
ingeglip het.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Enige reaksie oor VSA aanval?

Ma, 24 Augustus 1998 00:00

Haai daar almal

Net 'n vraag - ek het op al die sites gekyk van die regering, ANC en ander
media in SA, en ek sien absoluut geen reaksie van die Regering of ANC oor die
aanvak wat die VSA gedoen het op Sudan en Afghanistan nie. Was daar enige
reaksie van hierdie partye op TV of iewers ander?

Was daar enige reaksie van die ANC of regering oor die oorspronklike
bomaanvalle in Kenia en Tanzanie?

-Gideon-

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wat is die goeie dinge in RSA

So, 23 Augustus 1998 00:00

Ek was al op baie plekke en tog wou ek nooit erens anders bly as in Suid
Afrika nie. Ek dink dis omdat eers as jy in 'n ver land is, dat jy begin
dink aan al die lekker en mooi van jou land. As mens te besig is met jou
daaglikse werk vergeet jy soms om om jou te kyk.

Ek dink ons moet begin om al die great dinge van die land op te noem en so
te fokus op die goeie vir die toekoms.

Soos die rugby teen die australiers

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

"Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING

So, 23 Augustus 1998 00:00

SOMER IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Bokant Hillbrow bloei die son
oranje op die vuil lug.
Later die aand lê die dag swart
en uitgebrand op die strate.

Die hitte dreun soos tromme
deur die stad
waar busse grom
en rook in die strate spoeg.

In Bez Valley kyk die huise
binnetoe met hulle vensters.
More-oggend brand die son weer
'n gat in die lug bo Troyeville.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Mandela`s Home vandalised by thieves

So, 23 Augustus 1998 00:00

"Frikkie Potgieter"

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1345  1346  1347  1348  1349  1350  1351  1352  1353  1354  1355  1356  1357  1358  1359  1360    »]
Tyd nou: Ma Nov 18 20:23:53 MGT 2024