Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die aankoms van die herfs

Wo, 02 September 1998 00:00

Dit lyk asof die herfs vanjaar vroeg kom. Hier en daar
is daar al blare wat verkleur in die bome. Die struike en
onkruid raak ontslae van hulle oninteressante somergroen
deksel en gee 'n mens insig in hulle ingewikkelder binne-
bestaan. My geliefkoosde plant is die "milkweed." Dit
drup melk as jy dit knak. Dis die plant waarop Monarch-
skoenlappers lewe en mense word aangemoedig om dit
nie uit te roei nie, sodat dié skoenlappers volop voedsel kan
hê op hulle pad na 'n vallei in Meksiko, waar hulle versamel
'n sekere tyd van die jaar. Die milkweed word soms ook
genoem "silkweed." Dit vorm 'n sagte peul wat lyk soos 'n
groot vet okra, en in die laat herfs wanneer die peul harder
word en uiteindelik oopbreek, dan is daar sagte stringe van
wit sy in.
Die ander dag lees ek die volgende grap: Die ruspe van
die Monarch-skoenlapper loop lomp oor die grond en kyk op
en sien 'n Monarch-skoenlapper daar hoog in die lug rond-
vlieg. "Jy sal my nie vang dat ek in so 'n ding daar hoog in
die lug rondry nie," sê die ruspe. (Ek kon my nie help
nie; ek het my amper 'n papie gelag.)
Daar is ander tekens dat ons miskien vir ons moet klaar-
maak vir 'n vroeë winter. Tot ons verbasing sien ons al hier
en daar Canada Geese langs die rivier. Dis vreeslik vroeg
vir hulle om suidwaarts te begin beweeg. Gewoonlik verwag
mens hulle hier in oostelike Ontario eers teen die einde van
Oktober, en somtyds wag hulle selfs tot in November. So,
as 'n mens die tekens reg lees, gaan ons swaar sneeu al begin
kry aan die einde van Oktober. Die Farmer's Almanac vertel
dieselfde ding: hierdie jaar sal dit vroeg winter word en lank
aanhou. Nouja, verlede jaar se kort en warm winter (miskien
as gevolg van El Nino) was katastrofies vir ons as gevolg van
die ysstorms. Miskien sal vanjaar se kouer en langer winter
(as gevolg van La Nina?) ons beter pas.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Klein Karoo" deur FERDI GREYLING

Di, 01 September 1998 00:00

KLEIN KAROO
Ferdi Greyling

Ek het die son ge-eet
wat groen druppels
aan die wingerd hang.

En die land het blou vibreer
tot teen die berge
wat in die noorde klop.

Die huise hier
is baksteenskepe
wat dobber op die tyd se gety.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Artikel deur Fred Rundle vir Vryheid2000

Di, 01 September 1998 00:00

Ween Geliefde Land

Die Kommuniste het gekom en ons land geneem.....en die blankes het
niks gedoen nie.
Toe het hulle gekom vir ons Boervolk vegters .........en die blankes
het nog niks gedoen nie.
Toe het hulle gekom vir ons Uitsaaiwese.........en die blankes het nog
niks gedoen nie.
Toe kom hulle om ons geliefde Afrikaans te beheer ...........en die
blankes het nog niks gedoen nie.
Toe kom hulle om ons werk te beheer en weg te neem..........en die
blankes het nog niks gedoen nie.
Toe kom hulle om ons skole te beheer en selfs weg te neem........en
die blankes het nog niks gedoen nie.
Toe kom hulle om ons regstelsel te beheer en te besoedel .....en die
blankes het nog niks gedoen nie.
Toe kom hulle vir die weermag....en nog het die blankes niks gedoen
nie.
Vryheid2000 http://home.intekom.com/rsa/

Toe kom hulle vir die polisiemag... en nog het die blankes niks gedoen
nie.
Toe kom hulle om ons plase en grond te vat...en nog het die blankes
niks gedoen nie.
Toe kom hulle vir ons geld...... en die blankes het nog niks gedoen
nie.
Toe kom hulle en verkrag ons moeders en ons vroue en dogters...en
waaragtig nog het hulle niks gedoen nie.
Wanneer hulle vir die oorblywende blankes kom, dan is dit te laat,
want dan sit hulle met verkragte vrouens, geen geld, geen huise, geen
werk, geen skole, geen taal, geen polisie, geen weermag, geen
geregtigheid en dan is hulle net houtkappers, waterdraers en boonop
nog slawe in hulle geboorteland. Daar sal dan ook niemand wees wat 'n
traan vir hulle kan stort nie.

Al reg wat hulle nog STEEDS sal hê, is om met die "sixpack" , waarop
daar geen Afrikaans is nie, te sit en kyk na hulle geliefde bont
Amabokke span met die vreemde Engelse naam.

Ween dus maar gerus nou ons geliefde land. Julle is 'n volk wat
versuim en miskien te papbroekig was om op te staan toe julle moes, en
toe julle nog kon. Om slawe in julle eie land te wees, is julle
verdiende loon.
Lees self wat sê die profeet in Jerimia 9 oor die Volk!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Billy Boy

Di, 01 September 1998 00:00

1. Bill Clinton het 'n nuwe kok in die Withuis aangestel. Die man
maak toe allerhande sterk gekruide kos wat Billy se maag omkrap.
Eendag na middagete le^ hy hoog demoerin met maagpyn op die rusbank
in sy kantoor, en maak sy gordel en broek effens los om die druk op
sy maag te verlig. Monica Lewinsky bring toe net 'n dokument vir
die president in; en op die ingewing van die oomblik besluit hy om
vir haar te sê: "Miss. Lewinsky, I want you to quickly sack my
cook." En dis die volle storie, wat toe tot 'n hele misverstand
gelei het.

2. In die hof het die aanklaer vir Bill 'n foto gewys van Monica
Lewinsky, en gevra of die president haar ken. Sy antwoord was: "I'm
sure I've come across her face a few times".

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dis Heerlike lente!( Was:Toets - Ignoreer, asb.)

Di, 01 September 1998 00:00

Skrik ek my amper vrek vanaand toe onderstaande boodskap wel op die ng
verskyn (net twee dae laat!).

Nou ja, vandag is dit amptelik die begin van lente, en ook die datum waarop
MWeb se verhoging in werking tree. Mag die lente nuwe lewe in MWeb blaas!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

KWOUTIBEL KWOUT:

"Dankie dat u reageer het, maar dit lyk my u het 'n 'forward pass'
gemaak... - die uwe aan postm...@mweb.co.za

Henri Burger wrote in message ...
> Net 'n (desperate) poging om te sien of die manne by MWeb, soos Nico de
> Beer, enigsins vordering maak om internasionale kommunikasie te vergemaklik.
>
> Nog net 2 dae voordat die verhoging in werking tree wat my 'Onbeperkte
> Internet
> Toegang' bied!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

toets

Di, 01 September 1998 00:00

toets toets 1 2 3

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse musiek

Di, 01 September 1998 00:00

Kom ek gooi 'n klip in die bos en sê dat "afrikaanse musiek grens aan
pateties"

Hoekom word sekere radio stasies gedwing om 'n sekere aantal afrikaanse
musiek per dag uit te saai ?. Dit behoort mos 'n geval te wees van speel
waarvan die mense hou.

Dink bietjie daaroor, dit is absoluut belaglik. As ek iets op die mark
plaas wat nie verkoop nie, is dit omdat dit 'n swak produk is, of omdat die
mark nie 'n aanvraag daarvoor toon nie. Ek kan mos nie nou wil omdraai en
by een of ander organisasie wil kla oor die toestand van sake nie. Wat nog
te sê die organisasie wil vra dat hulle moet help om die gemeenskap te
dwing om my produk te koop nie.

Onoorspronklik is volgens my die beste manier om die meerderheid afrikaanse
kunstenaars mee op te som. Hulle vat 'n gewilde engelse liriek, en voeg 'n
klomp afrikaanse woorde daarin. Jurie Els is op die oomblik los hande voor
wat dit betref.

Die enkeles wat probeer om eie woord en liriek te gebruik eindig 99% van
die tyd op met iets wat klink tussen 'n Sannie Briel en Bles Bridges
mengelmoes. Het iemand al die liedjie "Clara Bell kom lê by my" gehoor ?.
Ek het amper my kar gerol van die lag/skrik toe ek dit hoor. Ek het gedink
daar is 'n kat iewers in my kar.

Ek persoonlik weet dat ek nie twee note kan sing nie, en dit is waarom ek
nie 'n sanger is nie. Ek dink van die sogenaamde kunstenaars tussen ons
moet dit ook asb besef dat die gawe om mooi te sing nie almal van ons
toekom nie, met die klem op mooi natuurlik.

Soos dit nou aangaan kan elke tweede ou 'n cd opneem, spaar my dit asb.

Groete

Riaan

Musiek & liriek | 10 kommentare

Meanderkrant op zondag

Di, 01 September 1998 00:00

Elke maand komt er een nieuwe Meanderkrant (een poëtische site)
on line http://www.meander.is.nl/

De e-mailversie van de Meanderkrant verschijnt voortaan elke
ZONDAG
met poëzie en actueel literair nieuws.

Abonneren gaat door een bericht aan majo...@oudenaarden.nl met
als inhoud: subscribe meander-l

Wil je in de Meanderkrant schrijven? Bij mko...@is.nl zijn per
inzender drie gedichten of twee korte verhalen (max. 1500
woorden) welkom. Insturen als plain text, geen HTML-opmaak.

De LINKSPAGINA, met honderden links naar Nederlandstalige
literatuur en (amateur) schrijvers op Internet vind je op
http://www.meander.is.nl/links/

Berichten over literaire zaken of suggesties voor de linkspagina
kun je sturen naar: mni...@is.nl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

32 (was: PW BOTHA may get jail term.)

Ma, 31 Augustus 1998 00:00

In article ,
"Frikkie Potgieter" wrote:
>> Mooi loop
> Frikkie
> Apartheidsvark Port Elizabeth Suid Afrika
> Hoogs Opgeleide Ex Soldaat van 32 Bateljon..
>
>

Kom Frikkie, vertel ons so 'n bietjie wat jy beleef het in 32 Battaljon. Dit
kan dalk 'n paar mense help om te verstaan waar jy vandaan kom en aan die
ander kant kan dit heel interessante leesstof maak. Miskien kan jy ons vertel
hoe jou persepsies verander het van voor jy in 32 was tot gedurende. Hoe het
jy by 32 uitgekom. Nie noodwendig die "ons was helde" goed nie, maar meer oor
wat die gevoel onder die ouens was - dinge soos die interaksie tussen die
Angolese wat in 32 geveg het en die Suid-Afrikaners - sulke dinge. Hoe
kommunikasie plaasgevind het - was Portugeus gebruik of Afrikaans - sulke
dinge.

Groete

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.)

Ma, 31 Augustus 1998 00:00

On Mon, 31 Aug 1998 06:41:14 GMT, gide...@usa.net wrote:

> Kom Frikkie, vertel ons so 'n bietjie wat jy beleef het in 32 Battaljon. Dit
> kan dalk 'n paar mense help om te verstaan waar jy vandaan kom en aan die
> ander kant kan dit heel interessante leesstof maak. Miskien kan jy ons vertel
> hoe jou persepsies verander het van voor jy in 32 was tot gedurende. Hoe het
> jy by 32 uitgekom. Nie noodwendig die "ons was helde" goed nie, maar meer oor
> wat die gevoel onder die ouens was - dinge soos die interaksie tussen die
> Angolese wat in 32 geveg het en die Suid-Afrikaners - sulke dinge. Hoe
> kommunikasie plaasgevind het - was Portugeus gebruik of Afrikaans - sulke
> dinge.
>
>
> Groete
>
> -Gideon-
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Hallo Gideon,
Ja geen probleem nie, aangesien ek BAIE trots was om daar te kon wees.
Laat ek net eerstens sê dat ek nie baie lank by die Eenheid was nie
aangesien ek `n baie groot Sportman was en dus het ek baie in my tyd
getoer...
Laat ek jou eers net duidelikheid laat kry oor my gevoel toe en nou.
Ek was en is nog nooit spyt gewees oor ek betrokke was by so `n
Eenheid nie, aangesien ek op daardie stadium vir die veiligheid van my
mense en ook JOUNE geveg het.
As dit nie was vir duisende Terrs wat daar gesterf het nie, wou ek nie
sien wat in die States sou gebeur het as daardie gemors eers hier
ingekom het nie.
Ek dra nou nie kennis van Angolese wat in die Eenheid was nie, maar
miskien weet jy nou meer as ek, tensy jy verwys na die Askaries.
Dis nou Ex Terrs wat oorgeloop het na ons toe. Jy sien daar was ook
van hulle wat destyds al gesien het dat die waarheid nie aan die
anderkant lê nie, en dus o0orgekom na die SA MAgte.

Net iets Interresants... So drie jaar gelede was ek in die Transkei
betrokke waar die Transkei se Polisie en Weermag gemuit het.....(Knip)
ek gaan nie meer uitbrei nie, maar dit was lelik...
Die Soldate van Oud 32 is vanaf Phalaborwa ingevlieg en glo my dit was
net (1) een RPG 7 en toe gee die hele lot Transkeiers oor.. Ongeveer
80 is in hegtenis geneem.
Daar het ek gesien dat daardie Portugese en Lede nog net so voel oor
Oorlog as destyds. Maak nie saak in watter manier dit kom nie.
Ons het Afrikaans gepraat en heelwat Portugese het die Taal goed
gepraat, maar hulle kommunikasie was Portugees. Daar was nie juis `n
Kommunikasie Probleem nie, aangesien iemand altyd kon help en dit was
maar min.

Ek is hier in Port Elizabeth en woon nog al die Jare hier in die Oos
Kaap.
Ek het glad nie verander vandat ek in die Weermag was tot en met nou
nie, maar een ding wat ek kan sê is dat hierdie ANC Regering van
vandag van my `n Rassis gemaak het, aangesien ek nie een was nie. Kyk
ek was nooit lief vir die swartes nie, maar het hulle nie gehaat nie.
Jy sien miskien is ek gelukkig om te kan sien wat in die werklikheid
aangaan wat andere nie kan sien of wil sien nie. Hierdie Plaasmoorde,
Rowe..... ens. My hel man is julle BLIND om die werklikheid raak te
sien. Ek haal net gou vir julle `n stukkie aan van Thabo mbeki in
Parliment so `n rukkie gelede... en andere...
" We have two groups of people in this Country, the wealthy white
minority and the poor black masses" en by die ABC Kongress "Gentleman,
the message is clear, the revalation is not over" en : For the basic
reason that conservative white Farmers bluntly refuse to live with
the indigenous of this Country we therefore demand that they pack and
go, leaving our Country and go back to their historical Country of
origin and that if they do not do so must know they will themselves be
the cause of living the bitter life that they will live as long as
they cause untold hardship and suffering to our people in this
Country. We are tired of the colonialism of apartheid.
Dink julle dis nou Vrede of dat die Vrede gaan kom. Nee my maat daar
wag `n verskriklike ontwaking vir jou, want jy en ons gaan vrek soos
vlieë.
Dink jy werklik jy is veilig in hierdie omstandighede. Nee my maat jy
moet weer dink....
Ek skryf nie sommer op aanmerkings en beledigings nie en ek hoop ook
nie hierdie is goeie leesstof nie, aangesien jy nooit sal hoor wat
daar bo gebeur het nie en dit het in elk geval ook niks met niemand op
hierdie nuusgroep te doen nie.
Indien jy verder met my iets wil uitklaar, skryf persoonlik.
Boere Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1339  1340  1341  1342  1343  1344  1345  1346  1347  1348  1349  1350  1351  1352  1353  1354    »]
Tyd nou: Ma Nov 18 22:29:33 MGT 2024