sommige lesers mag dalk die literere tydskrif stet onthou wat deur tienie du
plessis en taurus in die tagtigs uitgegee is. dis was die platvorm vir baie
ouens wat later bekende skrywers geword het.
anyway daar's nou geluide om stet op die te laat herleef. binnekort gaan daar
'n gespreksgroep gevorm word (hoe anders? dis dan die nationale tydverdryf) om
die begin daarvan te bespreek.
watch this space.
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Pella lê 'n kruistog ver ('n voorlopige
rekonstruksie van 'n denkbeeldige gesprek
tussen Pella se eerste Rooms-Katolieke
sendeling en sy reisgids, anno 1875)
EX AFRICA SEMPER ALIQUID NOVI
deur George Weideman
u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
dis nog nie naastenby die somer nie
en nou al lê die vuurklip en smeul
hier moet u maar die sagte groen van Lyons
uit die gedagtes weer
hier is die enigste groen perdalks die soom
van die verbeeldingstroom
varswater sal u, as balling hier,
uit die vate van die geheue moet tap
of wag tot eendag as daar na die reën
syferwater uit 'n oog opwel
hier sal jy die sin van jou roeping leer ken
tot in die oerbetekenis: geofferde, oblatus
geoffer aan die son van Afrika geoffer
aan die smeuling van die amper-woestyn
(kan die brandstapel feller wees
as Pella in Desember? sou die Hindoes
dit warmer aan die sole hê?) geoffer
aan die slu klein slangogies
listig soos die xnabbo self
geoffer aan khoikhoinse spraakverwarring
ja - te veel rooiwyn; nee - te veel soetwyn
maar dié maak jou jou vergeet vergeet!
geoffer aan die dors land
wat sobyso net brakwater ken
(hier sal jy dalk moet wolfsmelk drink!)
ook jy sal die brak smaak se nabitter proe
jy vra dat ek moet vertel, van Pella -
hier staan alles bloot, oblatus:
winterstyd is son en wind weer kop-in-een-mis
as die veld julienagte oopgespêr en wyd lê en wit
en alles blootgewaai word
deur suidewind en oostewind
en wit vuursteen en bruin graniet
uiteindelik blus;
hier sal jy ook moet vure slaan
en blare en barste balsem gee
ysblomme van die oë smelt...
Afrika is wyd en groot
fonteine min - ons sal u leer gorra maak
kleimisvloer smeer witgatwortel maal
daardie plante daar? word "halfmense"
genoem hier langs die rivier is baie
hoe goed kan u skiet? hiers nog tiers
in die berge en boesmans hel! die boesmans
en moenie Pella se skepsels vergeet nie....
o u weet wat skepsels is? nou ja die soort
onthou maar: vir 'n geweer
is hulle skytbang amper soos vir die bomeesterslang
en natuurlik die basilisk
nee, u moenie sug oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
hierdie is maar ons voorland, die Voor-Boesmanland
ons moet die hinterland nog in
voor die son so menshoog staan
moet ons
die Here weet
vir Vagevuurskloof nog deur.
Voor wie het gemist heeft, Newzworld is weer online.
Ik heb voor twee maanden geprobeerd om mijn domain
'newzworld.com' te verhuizen van mijn voormalige
provider in Nederland naar mijn provider in Montreal,
maar dat wil maar niet lukken.
Ik heb het opgegeven, http://www.newzworld.com/
is al voor twee maanden niet meer de link naar mijn
site, de nieuwe link vanaf vandaag is ....
Na 4 jaar in Ierland het ek vir 2 weke 'huis' toe gegaan. Die Donderdag
middag loop my beste vriendin se pa in Florida polisie stasie in en handig
sy 'will' oor aan die mannetjie agter die toonbank. So ook sy huis sleutel,
sy kar sleutels en 4 briewe. Een aan sy vrou en een vir elk van sy drie
dogters. Loop uit, gaan sit onder die bome en skiet sy kop met 'n .45-ACP
oop.
Op die ouderdom van 54 het hy 'n vol lewe gehad en gesorg dat sy familie
het wat hulle nodig het. Twee kinders op RAU gesien gradeer, 'n goeie
besigheid.
Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
die nuwe SA."
En wie gee om, hy's oud en hy is wit.
Aan Letitia Greyling en haar familie bid ek Godkrag toe!!
Please read the following instructions fully
o Please read all the questions between the lines.
o Part of this answer sheet may not be rolled and smoked.
o Students are allowed to participate in any way.
o Please leave stocks and bonds in the care of security officers at the
door.
o Offers will only be accepted at a minimum of R 100-00 per free Sanlam
share.
o If this exam does match you in advance, please notify the examiner.
EXAMINER: Jan van Liesbeeck
Question 1
Gatieppie has a water pistol with 2 magazines taped together (Huisgenoot and
Drum), each holding 30
water bottles. If he misses 5 out of 10 pages that he reads, how many
drive-by taxi shooters can he apprehend before having to reload?
Question 2
Gattiepie's boet has a 12 seater mini bus, and to avoid discomfort he never
carries more than 12 people. Assuming that each passenger piles no luggage
on the roof and that his brakes are 100% efficient, what would his stopping
distance from 60km/h be?
a) 3m
b) 6m
c) 6.1m as he see no other passenger to be picked up.
Question 3
Gattiepie's boet's friend is employed as a CEO 1 day per week for 5
companies.
Assuming he can make a lawn mower last 2 months, how many lawn mowers
will the 5 companies have to buy in a 2 year period?
Question 4
Gattiepie's boet's friend's nephew does not make 4 girls in his class
pregnant, and neither 6 from other
classes in the school. How many girls will he have not gotten pregnant
before
he leaves school assuming he matriculates before his 16th birthday?
Question 5
Gattiepie, boet, friend and nephew can't each drink 35 bottles of Castle
Lager
before falling over. How many SAB trucks do'nt they need to hijack per
year in order to remain permanently sober?
Hoe vergelyk die WK met Gauteng?
Ek dink die Wes-Kaapse vrae is makliker om op te los.
Dis waarlik goed om agteroor te sit
van huis tot huis - die rooi tapyt
is skoon gevee en uit drie spierwit
koppies drink ons tee. Die vrou bekyk
die één swart stippeltjie wat deur die sif
geglips het en blameer haar nuwe meid.
Ons praat oor rugby en die eggenoot vit
oor belastings en die liberale kleurbeleid
wat, sê hy, onheil spel vir elke lid
van ons knoes klas wat blind is vir dié feit.
As ons dan na die tee ons oë sluit en bid
is ek verwonder oor my eie klein skynheiligheid.
Soos 'n blom van die gras, sê die Prediker. Die Amerikaanse Indiane (of
dan Native Americans) vergelyk 'n mens se lewe met die wasem van 'n
buffel se neus op 'n wintersdag. Kortstondig en vlietend. Skaars nuwe
gedagtes. Ewe onoorspronklik die opmerking dat die tyd daarheen vlieg en
vinniger verdwyn as wat moontlik lyk.
Kan nie glo dis al byna 'n jaar sedert ek op hierdie nuusgroep my
indrukke weergegee het van die (vir ons!) nuwe land waarin ek my bevind
nie. Toe waas dit byna Halloween en Thanksgiving, wat die begin is van
die "holidays" hier in die die VSA. Ek onthou hoe ons in Suid-Afrika
altyd in die eerste helfte van die jaar 'n opstapeling van openbare
vakansiedae en langnaweke gehad het (is dit nog so?) en 'n skaarste
daaraan in die laaste ses maande. Hier in die VSA word openbare
vakansiedae feitlik altyd so geplaas dat dit op 'n Maandag val;
uitsonderings is die November-vakansiedae en natuurlik Kersfees en
Nuwejaar.
Ieder geval. Op pad werk toe ry ek verby verskeie plase. Vanoggend sien
ek die eerste keer hierdie seisoen Halloween-versierings op een van die
plaashekke: groot pampoenspookgesigte op die plaashek. Die afgelope
naweek het die eerste groot oranje pampoene by die plaasstalletjies
verskyn, en in die groot winkelsentrum waar ons gewonlik ons inkopies
doenhet die Halloweenwinkels oornag verskyn. Dis nogal 'n rare
verskynsel. Op 'n dag stap jy daar in en dan is daar 'n winkel of twee
wat niks anders verkoop nie as Halloweentoebehore: trick or treat houers
vir die kinders; kostuums en allerhande ander spookagtige parafernalia.
Die ergste is dat ek nie kan onthou watse winkel was daar VOOR Halloween
nie. En dan, begin November, is die winkel weer weg. Ek herinner my
daaraan om op te let watter winkel daar gaan wees na Halloween, maar
omdat dit alles so gewoon is, let ek dit nie eens op nie. Seker maar
ouderdom!
Jammer oor die duiwelse inhoud en agtergrond van Halloween. En, uit
Protestantae oogpunt, so ironies dat dit Hervormingsdag voorafgaan - en
oorskadu.
En dan is die winkelrakke ook stadigaan besig om Kersversierings uit te
stal. Ek het ook nou die dag die eerste Kersfeeskatalogus in die pos
ontvang. Natuurlik word in die VSA seld direk na Kersfees verwys; op
polities korrekte wyse word Kersfees deur "Holiday" vervang. So kry jy
"holiday tree", "holiday card" en so aan. Aan die ander kant word Hanuka
en Kwanzaa by name genoem en gepropageer. As jy wil, kan jy allerhande
motiewe daaragter soek; dalk kry ook.
Oor die komende winter word ook druk bespiegel. La Nina (El Nino se
opvolger) gaan glo verantwoordelik wees vir 'n baie kwaai winter. Ten
minste volgens die Old Farmer's Almanac. Die koerant is meer omsigtig.
Gister berig ons plaaslike koerant dat die komende winter koud of warm
en nat of droog gaan wees. Gewis 'n raak voorspelling, wat elke
moontlikheid dek! Verlede winter was hier in Pennsylvania glo alles
behalwe winter, en van my kollegas was erg ontsteld oor die feit dat
daar beswaarlik sneeu geval het. Dis nou in vergelyking met drie jaar
gelede, toe ons hier 36 duim sneeu gehad het - toe was ons nog nie hier
nie. Verlede jaar het state soos Maine in elk geval die ergste ysstorms
ooit gehad. Kanada het ook erg deurgeloop, soos ek onthou.
Hierdie land beleef die ergste uiterstes van klimaat wat ek nog beleef
het. Texas het vroeër vanjaar byna geknak onder ongehoorde hitte en
droogte; nou oorstroom gedeeltes van daardie staat tot so 'n mate dat
gisteraand se nuus 'n insetsel gehad het oor die muskietplaag wat nou
ontstaan as gevolg van die baie staande water. Die grootste gevaar hier
is nie malaria nie, maar enkefalitis (hoop ek spel dit reg - ek het nie
'n Afrikaanse woordeboek hier nie!)
Ons sal as gesin in November rede hê om Danksegginsdag (Thanksgiving) te
vier Dit sal ons eerste hier wees as volledige gesin (minus ons getroude
dogter in SA). Die inhoud wat ons daaraan sal gee sal waarskynlik effe
anders wees as dié van die Amerikaners, maar daaroor sal ek berig
wanneer ons nader aan die tyd gekom het.
Gloudina, George Weideman se gedigte is so ongelooflik goed. Onthou jy
hoe Van Wyk Louw geskryf het oor die verslaentheid waarmee jy moes
wegstap van groot kuns af as dit ware kuns is? En hoe Socrates gepraat
het van die katarsis wat jy moes ervaar by die aanskoue van 'n tragedie?
Weideman se gedigte laat my so verslae. Wil jy nie asseblief meer
daarvan plaas nie? En my dalk vertel hoe en waar ek sy digbundels in die
hande kan kry in hierdie verre vreemde land?
Baie jare gelede het ek 'n jaar lank saam met Weideman in dieselfde
skool in Port Elizabeth skoolgehou; hy was Afrikaansonderwyser, ek
Engels. Sy eerste (?) digbundel het daardie jaar veskyn - iets met "die
ysman" (n.a.v. The Iceman Cometh) in die titel. Ek het dit nooit gesien
nie. Hy het egter 'n kopié aan ons destydse skoolhoof geskenk. Dié het
(agter Weideman se rug - en ook sonder om te besef dat ek dit hoor!) aan
'n vertroueling gesê dat die bundel so subversief is dat hy nie verbaas
sal wees as Weideman nog in die tronk beland as gevolg darvan nie. Dit
was die dae toe Magersfontein, o Magersfontein verban was.
Dit voel nou of dit in dieselfde tyd was toe pterodaktiele nog oor die
aarde gevlieg het.
Lank daarna was ek dosent by 'n onderwyskollege. Brink se (vir my) diep
aangrypende en ontroerende Houd-den-Bek het toe verskyn. Die
Afrikaansdosent wou dit vir haar derdejaars voorskryf. Toe lees die
rektor dit en verbied haar om dit voor te skryf - te veel grafiese seks
tussen die swart slaaf en die witvrou, en die wit baas en die swart
slavinne, dink ek, was sy betoog. Geen debat is toegelaat nie. Slegs 'n
verbanningdekreet.
Die afgelope week het die Starr-verslag in sy naakte barheid vir almal
beskikbaar geword, en vanaand hoor ons dis moontlik dat ons binnekort
Clinton se video-getuienis gaan sien.
Kyk nou hoe ver het ek van my beginpunt afgedwaal. Byna netso ver as wat
die pendulum oor die jare heen geswaai het.
Groete
Henry
@igs.net wrote:
> OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
> George Weideman
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> die voornagwindjie stoot snaardun
> die ou blootsvoet se breivoetsole
> verlang vanaand 'n toemaakding
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> ou bokveldsberg lê dig toegedraai
> selfs hantam se uitsoekwaboomkole
> kon nog nie my vingers laat katspoor maak
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> ek voel dit aan my opstaanseer:
> as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
> is dit rus myn siel jou god is koning
> en ek lê my hoof vir oulaas neer.
Gloudina, George Weideman se gedigte is so ongelooflik goed. Onthou jy
hoe Van Wyk Louw geskryf het oor die verslaentheid waarmee jy moes
wegstap van groot kuns af as dit ware kuns is? En hoe Socrates gepraat
het van die katarsis wat jy moes ervaar by die aanskoue van 'n tragedie?
Weideman se gedigte laat my so verslae. Wil jy nie asseblief meer
daarvan plaas nie? En my dalk vertel hoe en waar ek sy digbundels in die
hande kan kry in hierdie verre vreemde land?
Baie jare gelede het ek 'n jaar lank saam met Weideman in dieselfde
skool in Port Elizabeth skoolgehou; hy was Afrikaansonderwyser, ek
Engels. Sy eerste (?) digbundel het daardie jaar veskyn - iets met "die
ysman" (n.a.v. The Iceman Cometh) in die titel. Ek het dit nooit gesien
nie. Hy het egter 'n kopié aan ons destydse skoolhoof geskenk. Dié het
(agter Weideman se rug - en ook sonder om te besef dat ek dit hoor!) aan
'n vertroueling gesê dat die bundel so subversief is dat hy nie verbaas
sal wees as Weideman nog in die tronk beland as gevolg darvan nie. Dit
was die dae toe Magersfontein, o Magersfontein verban was.
Dit voel nou of dit in dieselfde tyd was toe pterodaktiele nog oor die
aarde gevlieg het.
Lank daarna was ek dosent by 'n onderwyskollege. Brink se (vir my) diep
aangrypende en ontroerende Houd-den-Bek het toe verskyn. Die
Afrikaansdosent wou dit vir haar derdejaars voorskryf. Toe lees die
rektor dit en verbied haar om dit voor te skryf - te veel grafiese seks
tussen die swart slaaf en die witvrou, en die wit baas en die swart
slavinne, dink ek, was sy betoog. Geen debat is toegelaat nie. Slegs 'n
verbanningdekreet.
Die afgelope week het die Starr-verslag in sy naakte barheid vir almal
beskikbaar geword, en vanaand hoor ons dis moontlik dat ons binnekort
Clinton se video-getuienis gaan sien.
Kyk nou hoe ver het ek van my beginpunt afgedwaal. Byna netso ver as wat
die pendulum oor die jare heen geswaai het.
Groete
Henry
@igs.net wrote:
> OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
> George Weideman
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> die voornagwindjie stoot snaardun
> die ou blootsvoet se breivoetsole
> verlang vanaand 'n toemaakding
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> ou bokveldsberg lê dig toegedraai
> selfs hantam se uitsoekwaboomkole
> kon nog nie my vingers laat katspoor maak
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> ek voel dit aan my opstaanseer:
> as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
> is dit rus myn siel jou god is koning
> en ek lê my hoof vir oulaas neer.