Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die vriendelike taal 2

Sa, 19 September 1998 00:00

http://www.twisted.co.za/page/afrikaan/index.htm

Hoe leer ek Afrikaans?
World of Learning se Afrikaanskursus vir R999 .
Telefoon: 0927-11-880 372 Faks: 0972-11-788 9883 E-pos: pi...@icon.co.za

Ywer uit onverwagte oord
Matilda Smith vertel van haar vennoot, Gladys Setlalentoa van
Mangaung. Ons het besluit om saam 'n projek te begin en op die daad is
die breinkind van mev. Setlalentoa "Die Mangaung Biblioteekprojek" gedoop.
Binne twee maande het ons sowat 12 000 boeke ingesamel.

Taalvriendskap is nou moontlik
Cornia Pretorius meen 'n skool se taalkeuse kan 'n slag vir
Afrikaans slaan, of die taal knou.
ELKE keer as ek die foto van 'n sterwende Hector Peterson sien,
dink ek aan Afrikaans - dat dié kind in 1976 in Soweto gesterf het vir die
beëindiging van Afrikaans as onderrigtaal in swart skole, dat Afrikaans vir
hom die onderdrukker se taal was en dat hy Afrikaans wou beveg.

Dan lees ek wat Harriet Kgotle, Faith Mapitsa en Raymond Motseke
verlede jaar oor Afrikaans skryf as leerlinge van die Hoërskool Reasoma in
Soweto - 21 jaar later.

Hulle sê hulle het Afrikaans eers met onderdrukking
vereenselwig.

"Nou is ons in die nuwe Suid-Afrika en mense moet alles van die
ou dae vergeet en begin om vriendskap met ander mense te bou. Afrikaans is
nou een van ons elf amptelike tale en almal wat in Suid-Afrika bly, moet
Afrikaans leer," meen Harriet en Faith.

Raymond verwoord sy siening sê: "Niemand dwing my om dit
(Afrikaans) te leer nie. Ek het self besluit. In die verlede is swart
leerlinge gedwing om Afrikaans te leer."

In 1998 is dit nie net Harriet, Faith en Raymond wat anders voel
oor Afrikaans in die klaskamer nie. Daar is 'n hele nuwe geslag
nie-Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners vir wie Afrikaans net sê 'n deel is
van Suid-Afrika as braaivleis en sonskyn.

Ek dink aan Abe Valoyi, die graad-tweetjie wat ek ontmoet het by
die Laerskool Dirkie Uys in Johannesburg en aan die netjiese Afrikaans wat
hy spontaan praat. Ek dink aan Tumelo Matlou van die Laerskool Krugerpark in
Potgietersrus in die stoere Noorde en hoe sy die vers Jellievis trots
voordra.

Dit wil lyk of dit hulle is wat Afrikaans in die negentigerjare
help om politieke kettings af te ruk - die taal van sy verlede te bevry. Al
is hulle nog besig om die taal te bemeester, hou hulle die belofte in om
Afrikaans lief te kry en daaraan 'n nuwe krag te gee.

Ek wonder hoeveel mense sien Afrikaans nog deur 'n 1976-bril. En
of dit dalk 'n rede is waarom Afrikaans in 'n post-1994-era steeds in skole
so intiem met die eietydse politiek verweef is.

Soos die druk deur onderwysowerhede op Afrikaanse skole begin
verskerp het om ook voorsiening te maak vir Engelse onderrig, sê is die
emosies blootgelê wat Afrikaans wek.

Skole het oorwegend twee benaderings begin volg. Ten goede en
ten kwade van Afrikaans.

Vir baie Afrikaanses is en was die druk op Afrikaanse skole om
plek in te ruim vir Engels as voertaal die versinnebeelding van hul
politieke stryd om die behoud van 'n eie kultuur.

Waar baie skole as deel van dié stryd probeer vashou het aan
Afrikaans as die enigste taal van onderrig, het hulle hulle blootgestel aan
beskuldigings van rassisme, Afrikaner-eksklusiwiteit, laer trek of wat ook
al. Dit het nie altyd net oor Afrikaans gegaan nie, maar was eerder 'n
rookskerm om skole lelieblank te hou.

Dié benadering het al van 'n lang lys skole 'n politieke
slagveld gemaak. Een van die ongevalle is ongelukkig Afrikaans. 'n Mens kon
as 't ware sien hoe hierdie benadering nie-Afrikaanssprekendes herinner aan
die onderdrukkerstaal. In die meeste van die gevalle moes die skole
uiteindelik voor die druk swig en na Afrikaanse 'n Engelse onderrig
oorskakel.

Dit is jammer dat diegene wat Afrikaans as politieke speelbal sê
misbruik, uit die oog verloor dat baie nie-Afrikaanse ouers hul kinders in
Afrikaanse skole wil inskryf al is Afrikaans vir dié kinders 'n derde of 'n
vierde taal. Hulle het lankal vergeet dat Afrikaans iets was om te beveg.
Vir hulle gaan dit om goeie onderwys. En dié feit hou die potensiaal in van
meer anderstaliges wat Afrikaans kan begin praat, daarin leer en daarin
uitdrukking vind. Dit is klein oorwinnings vir Afrikaans wat waarskynlik
meer doen om die taal te bevorder as die kleinlike politieke gevegte oor of
'n skool net Afrikaanse onderrig moet gee, of na Afrikaans 'n Engels moet
oorskakel.

'n Tweede benadering wat Afrikaanse skole gevolg het, was om uit
hul eie vir Afrikaanse en Engelse onderrig voorsiening te maak. Toegegee,
soos met die eerste benadering is daar gevalle waar Afrikaans deur Engels
verswelg is omdat die behoefte aan Engelse onderrig net soveel omvangryker
as dié aan Afrikaans is.

Daar is egter skole waar die verhouding van Afrikaanse tot
Engelse leerlinge sê is dat die skole se benadering om vrywillig
anderstaliges in te neem die vrugbare aarde voorberei het vir die kweek van
'n nuwe geslag Suid-Afrikaners vir wie Afrikaans nie politieke konnotasies
het nie.

Waar dit gebeur, is dit lekker om te sien hoe straal Afrikaans.

Ek sal nooit vergeet hoe sing die Sotho, Zoeloe en Tswana
graad-eentjies van die Laerskool Dirkie Uys in Johannesburg Afrikaanse
liedjies nie.

Mnr. Christo Lodder, hoof van dié skool, het gesê hy sien die
saak sê: hy help op dié manier 'n nuwe geslag kinders grootmaak wat respek
het vir sy taal, Afrikaans. Hulle het een taal by die huis, word in Engels
onderrig, maar word by Dirkie Uys ook aan Afrikaans blootgestel.

Baie skole het Afrikaans as rookskerm gebruik om hulle wit te
hou. Dit kan egter nie ontken word dat daar ook druk op skole was en steeds
is om na Engelse 'n Afrikaanse onderrig oor te skakel net om 'n politieke
stempel af te druk nie.

Toenemend, veral in die lig van die taalbeleid wat wel
beskerming bied vir Afrikaanse skole teen eensydige politieke besluite, blyk
'n nuwe onderwysbenadering: daar is nie geld in die onderwysbeurs nie, ook
nie om skole te bou nie. Maak daarom in jul Afrikaanse skool, wat nog plek
het, plek vir kinders wat Engelse onderrig verkies.

In sulke gevalle kan skole se reaksie die toekomstige houding
teenoor Afrikaans bepaal.

Wat ook al die beweegredes is vir die druk op Afrikaanse skole
om plek vir Engels in te ruim, uiteindelik gaan dit van Afrikaanses self
afhang wat die taal se plek in die land se klaskamers is. Daar is twee
keuses: verower anderstaliges vir Afrikaans, of vervreem hulle.

Cornia Pretorius is 'n bekroonde verslaggewer oor die onderwys.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN)

Sa, 19 September 1998 00:00

hb...@my-dejanews.com writes: > Gloudina skryf:

>> *Boesmanland*

> Verwarde groete!
>
> --
> Henri Burger, Tzaneen.RSA


Liewe Verward,

Kan jy my bietjie vertel of daar in
die afgelope vier jaar enige poging
aangewend is deur die huidige regering
om "Boesmanland" of "Boesmansrivier"
te verdoop? Of fabriseer jy nou ook
onderwerpe om oor te sanik.

Toe 'n klomp van ons hier in Ottawa
die Ho"e Kommissaris ondervra oor
moontlike verdere naamsveranderinge
'n paar jaar gelede, het hy net
geglimlag toe ons ons verbasing
uitspreek dat hulle nie die Vrystaat
iets anders genoem het nie. Of
Bloemfontein, wat lankal reeds deur
nie-Europese Suid-Afrikaners Mangaung
genoem word.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Re: Veralgemenings (was: Boere aanvalle !!!!)

Sa, 19 September 1998 00:00

Johan wrote in message ...
> [knip]
>
> Hoekom nie!?! Veralgemenings is gewoonlik waar, dis waarom hulle
> veralgemenings is - die lewe bestaan nie uit uitsonderings alleen nie.
> 'n Uitsondering kan nie as sulks bestaan as dit nie tussen
> veralgemenings bestaan nie.
> [knip]
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

O gaats! Was die Durbanse koerant destyds reg toe hulle gesê het Afrikaanse
kinders het maar 'n swak wiskunde aanleg, ens. ... ? :-(

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toets - ignoreer asb

Sa, 19 September 1998 00:00

Net besig on sekere eienskappe van Outlook Express te toets

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

gaaf tuisblad

Sa, 19 September 1998 00:00

wie o wie wil een stukje van mijn tuisblad van engels naar afrikaans
vertalen??????

http://www.oocities.org/Heartland?Plains/6224/hollandafr.ht ml

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Weer Jimmie Kruger

Sa, 19 September 1998 00:00

@igs.net wrote in message ...
> hek...@usa.net writes:
>
>
>> ek voel dat hierdie bitsige politiese aanval teenoor iemand wat sy
>> hartseer uitspreek, ongevoelig is, en aandui daarop dat die skrywer
>> geen empatie vir sy/haar medemens huisves nie, maar vasklou aan
>> uitgeryde politiese cliches.
>
>
> En ek stel voor dat hierdie "iemand wat sy
> hartseer uitspreek" 'n rassistiese en
> politieke agenda gehad het. As jy onder 'n
> kalkoen uitgebroei is, ek is nie.

Laat jou koud, nie waar nie? Net soos vir Jimmie Kruger.

Daar nie genoeg ikone in die mengsel nie, soos met die arme Angelina,
hmmm...? Wie se dood die politieke happening in die ANC se jaar geword het -
met jou toejuiging.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Moed hou of duim vas hou

Vr, 18 September 1998 00:00

Riaan heeft geschreven (aan Gloudina)...

En asb doen my en 'n hele paar ander
> mense 'n groot guns en hou op om ons te probeer leer hoe om afrikaans te
> praat. Daar is 'n groot verskil tussen afrikaans as suiwer taal, en
> Afrikaans as spreek taal.

Dus toch! Een verschil tussen gesproken taal en geschreven taal. Dat moest
ook bijna wel, want de enige talen die dat niet hebben zijn dode talen :-)

Riaan, laat een ieder discussieren waarover hij of zij wil, op de wijze die
hij of zij verkiest. Vrijheid, blijheid.

Groeten,
Arthur

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nuwe ID boeke en die verkiesing

Vr, 18 September 1998 00:00

Ek beplan om in Februarie terug te wees in SA. Ek wonder of iemand my kan
sê hoe lank dit neem om die nuwe ID boek te bekom. Langer as 'n maand? O
ja, wat is die presiese datum van die verkiesing?

Groete
Neels

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Die vriendelike taal

Vr, 18 September 1998 00:00

http://www.twisted.co.za/page/afrikaan/index.htm

Hoe leer ek Afrikaans?
World of Learning se Afrikaanskursus vir R999 .
Telefoon: 0927-11-880 372 Faks: 0972-11-788 9883 E-pos: pi...@icon.co.za

Ywer uit onverwagte oord
Matilda Smith vertel van haar vennoot, Gladys Setlalentoa van
Mangaung, wie se toewyding en werkywer 'n Afrikaanse boekeskat vir haar
leerlinge en gemeenskap help besorg het.
GEDURENDE die tagtigerjare het die neiging begin ontstaan om
Afrikaans en die fondament waarop hierdie taal gebou is, binne 'n breër
perspektief te plaas. Hoewel mense toe reeds besef het dat Afrikaans sy dak
nie oor net 'n sekere groep mense span nie, kon bitter min akademici wat
hulle in die hartjie van die Afrikaanse departemente aan universiteite
bevind het, voorsien hoe wyd en ver die bakens van Afrikaans in die
daaropvolgende dekade versit sou word.

Hierdie uitskuif van grense word nie net beleef in die toename
in studentegetalle van nie-moedertaalsprekers wat Afrikaans as
universiteitsvak neem nie, maar ook in die mate waarin hierdie
nie-moedertaalsprekers Afrikaans in hul eie gemeenskappe begin bevorder.

Een so 'n persoon is mev. Gladys Setlalentoa, 'n deeltydse
student aan die Universiteit Vista. Sy is 'n graad 3-onderwyseres aan
Daluxolo Primêre Skool in Mangaung. Sowat 'n jaar gelede het sy haar
behoefte teenoor my uitgespreek om 'n Afrikaanse biblioteek in Mangaung te
vestig. Haar rede hiervoor was primêr om leesstof aan haar leerlinge te
verskaf. Dit is egter vir haar ook belangrik om aan die breër gemeenskap van
Mangaung die geleentheid te bied om Afrikaanse boeke en tydskrifte te lees.

Ons het besluit om saam met 'n projek te begin en op die daad is
die breinkind van mev. Setlalentoa "Die Mangaung Biblioteekprojek" gedoop.
Hierna is Die Volksblad genader: Binne twee maande het ons vanweë die
omvattende publisiteit en kleurfoto's sowat 12 000 boeke ingesamel. Van
hierdie boeke is reeds deur mev. Setlalentoa verwerk in toneelstukkies wat
haar leerlinge by ouetehuise in Mangaung en Bloemfontein opgevoer het. Die
insamelingsproses van die hope boeke en die uitstappies na die ouetehuise is
deur die Stigting vir Afrikaans geborg.

Die Mangaung Biblioteekprojek dien as 'n vertrekpunt vir
navorsing van die Universiteit Vista se departement Afrikaans in
Bloemfontein waar Afrikaanse lesmateriaal vir skole deurgaans geëvalueer en
onderhoude met leerlinge gevoer sal word. Uit hierdie ontmoeting van die
universiteit met die gemeenskap wat hy dien, kan waardevolle navorsing volg.

Verdere ontwikkelings soos die vestiging van leeskringe kan ook
uit die projek spruit. In hierdie verband word daar met die UOVS se
departement Afrikaans onderhandel. Die samewerking tussen universiteite en
verskillende dissiplines is belangrik vir hierdie projek. Met die nuwe
benadering tot onderrig wat Kurrikulum 2005 impliseer, pas die projek goed
in by die nuwe uitkomsgerigte doelwitte wat gestel word.

Mev. Setlalentoa was nog altyd 'n voorstander van die idee dat
haar leerlinge nie passiewe aanhoorders van Afrikaans moet wees nie. Dit is
vir haar baie belangrik dat die kinders aktief deelneem aan klasaktiwiteite.
In die verlede het mev. Setlalentoa graag haar skoolkinders na Vista se
Afrikaansdae gebring om hul Afrikaanse vaardighede te slyp.

In onlangse koerantberigte is verwys na die tekort aan handboeke
by skole en die voorstel dat onderwysers hul eie lesmateriaal sal moet skep.
Mev. Setlalentoa het hier al vooruitgeloop sodat ons tydig toestemming van
READ (Read, Education and Development) gekry het om hul lesmateriaal (wat
ontwikkel is binne die raamwerk van die Uitkomsgebaseerde Onderrigprogram)
te vertaal en te kopieer. Die gevolg van mev. Setlalentoa se strategiese
denke was dat haar Afrikaans-leerlinge van die eerste skooldag in 1998 kon
wegspring met die nodige lesmateriaal wat daarop gemik is om motoriese en
denkvaardighede te bevorder. Drie kwartale se werk moet egter nog verwerk en
gekopieer word.

Na aanleiding van die aktiwiteite by Daluxolo het 'n ander
onderwyseres, hierdie keer van 'n tradisioneel bruin skool in Wieganida, die
Koot Niemann Primêre Skool, laat blyk dat sy hulp nodig het om werklik
gehalte-onderrig te gee. 'n Diktaat van sowat 140 bladsye is gekopieer wat
die hele jaar se werk betrek. Die onderwyseres van wie ek hier praat, is
mev. Leonie Boshoff, 'n graad 4-onderwyseres wat haar hele gesin betrek by
die ontwikkeling van lesmateriaal. Die koste het sy tot nou toe self gedra.
Sy kombineer onder andere hand-, naald- en verfwerk met haar lesmateriaal.

Die vermelde twee onderwyseresse het hulle bereid verklaar om
ander leerkragte by te staan met die kennis wat hulle reeds ingewin het en
die materiaal wat hul reeds ontwikkel het. Sodra daar geld beskikbaar is om
'n gebou te huur waar die sowat 12 000 boeke behoorlik gebruik kan word (die
boeke is tans nog by READ), sal die lokaal ook dien as ontmoetpunt waar
onderwysers kennis en lesmateriaal kan uitruil. Dit is duidelik dat
Kurrikulum 2005 baie kreatiwiteit en eie inisiatief gaan vereis om
lesmateriaal te ontwikkel wat uitkomsgerig is.

Ek glo dat as Afrikaans-departemente aan universiteite betrokke
raak by skole en onderwysers in die ontwikkeling van onderrigmiddels, ons
met 'n wenresep sit om Afrikaans vinnig op koers te kry binne die nuwe
onderwysbedeling.

Dit lyk asof Afrikaans een van die uitdagendste tye en daarmee
saam een van die opwindendste tye tegemoetgaan. Dit is nie net van oor die
water dat hande gevat wil word nie, soos deur ons stamlande België en
Nederland. Ook in ons townships word die markiestent vir Afrikaans opgerig.
Anders as in 1976 slaan die inwoners van die townships hierdie keer self die
tentpenne in.

Matilda Smith is verbonde aan die departement Afrikaans van die
Universiteit Vista.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hoe leer ek Afrikaans? (was: Afrikaansmagtige.....)

Vr, 18 September 1998 00:00

Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans?
World of Learning maak aan almal wat belang stel om Afrikaans te leer, 'n
puik aanbod: 'n Afrikaanse taalkursus teen 'n indrukwekkende afslag.
"EK wil graag Afrikaans leer en daarom vra ek julle om my te laat weet welke
boeke ek kan koop en waar om Afrikaans te leer," lui 'n boodskap in goeie
Afrikaans van 'n Nederlander uit Almelo op die Stigting se e-pos. Dit is een
van talle sulke versoeke wat die Stigting per e-pos, faks en brief ontvang.

Hier is 'n praktiese antwoord: World of Learning is bereid om sy
Afrikaanskursus, wat tans R2 040 kos, vir R999 aan te bied. Die Stigting vir
Afrikaans kry 10 persent van die verkope.

Die kursus, gebaseer op die PILL metodiek, bestaan uit 5 taalkassette; 'n
leë oefenkasset; 5 kursushandleidings; 'n kits-woordvinder as
woordeskat-hulpmiddel en 'n handleiding vir die skryf van briewe in
Afrikaans. Die brugtaal is Engels. Alles is saam in 'n aantreklike album
verpak.

Die program is ontwerp om beginners sonder enige kennis van Afrikaans, of
diegene met 'n geringe kennis wat graag wil vorder, te leer om Afrikaans met
'n aanvaarbare vlotheid te lees, skryf, verstaan en praat. Die leerder sal
alledaagse situasies kan baasraak en met selfvertroue kan kommunikeer. Die
woordeskat is sowat 1 500 woorde.

"Ons doel met hierdie aanbod is tweeledig," sê Bruno Brys, nasionale
verkoopsbestuurder van World of Learning en van geboorte 'n Vlaming. "Ons
wil vir Afrikaans 'n teenwoordigheid help skep in die taaldepartemente van
universitieite wêreldwyd en aan soveel maatskappye, biblioteke, skole en
ander instansies as moontlik bekend stel.

Om die kursus te bekom doen navraag: Telefoon: 0927-11-880 372 Faks:
0972-11-788 9883 E-pos: pi...@icon.co.za

In Suid-Afrika word net die kode 011 vir Johannesburg gebruik - pleks van
0927-11.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1331  1332  1333  1334  1335  1336  1337  1338  1339  1340  1341  1342  1343  1344  1345  1346    »]
Tyd nou: Di Nov 19 00:32:41 MGT 2024