Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Nasionale simbole

So, 20 September 1998 00:00

Hi

Ek is op soek na tuisblaaie op die Net waar mens inligting kan kry oor die
nasionale voëls, insekte en bome van elke land. Die naaste wat ek kon kry was
'sites' met volksliedere. Iemand al op so iets afgekom?

Groete

Bryan

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uit "Kwatryne" deur I.D. du PLESSIS

So, 20 September 1998 00:00

Uit "Kwatryne"
I.D. du Plessis

Djokjakarta

In Djokjakarta waar die silwersmede
Geduldig hamer op die wit metaal,
Het ek vir jou - 'n duisend jaar gelede? -
Dié bontgeblomde batikdoek gaan haal.

Duiwe

Bali se singende duiwe
Omsingel die maan in hul vlug
En hang, 'n tros donkerblou druiwe,
Aan die hoë prieel van die lug.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Verandering

So, 20 September 1998 00:00

Ek is nuut op hier groep en dit blyk vir my dat die meeste van julle 'n
groot probleem het met die verandering in SA, of hoe julle te na gekom
is. Verder dink ek dat die vraag gevra word wat julle daar omtrent wil
doen, dit lyk my nie veel nie. Meeste van julle is nie meer woonagtig
hier in SA nie, so ek dink julle opinies is weglaatbaar klein.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuut Afrikaner

So, 20 September 1998 00:00

Op 'n Afrikaanse program op die SABC was daar 'n onderhoud met 'n
nie-blanke vrou wat besig was met haar doktors graad in Afrikaans. Dit
was vir my die belaglikste vernedering van die Afrikaanse taal. Die
gegradueerde kon die basiese uitspraak en sinskonstruksie nie eers
baasraak nie. Enige iemand wat dit gesien het het gee jul opinie.
Is taal nie die voorreg om daarin te kommunikeer en nie die kennis van
die reëls daarvan nie...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Abort/Fail/Retry

So, 20 September 1998 00:00

On Fri, 18 Sep 1998 13:07:29 GMT, gide...@usa.net wrote:

|I found the following little Jewel on the ANC�s web pages at the following
|URL:
|
|http://www.anc.org.za/ancdocs/pr/1998/pr0910f.htm
|
|
|It is an ANC press-release and the subject matter is the Possible Election
|pact between the DP, FF and PAC
|
|
|" The proposed marriage which is likely to take place between the Freedom
|Front, Democratic Party and the Pan Africanist Congress is the most bizarre
|thing to happen in the 20th century. It is like mating a horse with a donkey
|from which we all know will groom a pony. But adding a cow to the process, no
|one really knows what kind of animal will be groomed."

Maw die storie van die blou lig wat nie in 'n verkeerslig voorkom nie,
is nie so groot uitsondering nie ....!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ware Afrikaners?

So, 20 September 1998 00:00

Ek lees maar so al die oor-en-weer slegsê, gifspoeg en uitskel ... (shym,
arme Kanada gaan nog sy Heiland leer ken oor hy daardie Gloudina ingevoer
het; ek is so bly haar besemstok het nie Australië toe gevlieg nie!)
Enniewei, ek weet nou nie wie tel vir Ware Afrikaners, hensoppers of
weglopers nie, maar as ek vandag so hier in wetsgehoorsame Melbourne sit en
kyk na die Burger se voorblad op die internet, dan meen ek dis net 'n Ware
Simpeltin wat verkies om sy kinders groot te maak in 'n land waar mense
keelaf gesny word in 'n landdroshof, waar vuisgevegte uitbreek in die
parlement, en waar pompjoggies nie hulle lewe seker is nie.
Ok ... on your keyboards, get set ..... skel!
Groetnis, Matilda.

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Werk MWeb al?

Sa, 19 September 1998 00:00

Net 'n toets in die voortslepende sage om uit te vind of MWeb iets kan doen
wat alla diensverskaffers veronderstel is om te kan doen.

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Likwidasies

Sa, 19 September 1998 00:00

Hierdie maand drie in die omgewing - 'n koekiefabriek (7 werkers), 'n
videoplek (5 werkers) en die Jood se apteek.

Die Jood was 35 jaar daar. Iris agter die toonbank is 52. Sy het 26 jaar
daar gewerk sedert haar man verdwyn het en het 'n gestremde dogter. Jackson,
wat in Mamelodi woon, was 22 jaar daar - die afgelope jare het hy die
afdelingtjie wat fotos ontwikkel self hanteer. Sy kinders moet ook hul
studie staak - in die middel van die jaar. Hulle is nog op hoërskool, maar
hulle sou die eerste kinders in die familie wees wat universiteit toe gaan.

Groete, Leendert

Ekonomie & geldsake | 1 kommentaar

Haredekoolvuur

Sa, 19 September 1998 00:00

Wat kan verkeerd loop tydens 'n Koedoejag in Suidwes, 'skuus Namibië?

Gaan kyk by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanssprekendes in Nederland (Eindhoven)?

Sa, 19 September 1998 00:00

Ek wil graag in kontak kom met Afrikaanssprekendes (Suid-Afrikaners en
Nederlanders) in Nederland, by voorkeur in Eindhoven of omgewing. Na 18
jaar in Nederland begin my Afrikaans roesplekkies te vertoon en ek wil
dit graag 'n bietjie oppoets!
Ek is 45 jaar oud, ongetroud en werksaam in die computer ... rekenaar
... komper ... of is dit nou kompjoeter ... -besigheid.
Groete,
Pieter.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1330  1331  1332  1333  1334  1335  1336  1337  1338  1339  1340  1341  1342  1343  1344  1345    »]
Tyd nou: Di Nov 19 00:27:37 MGT 2024