Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Bofbal
Bofbal [boodskap #44781] |
Thu, 21 June 2001 20:54 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
plaasvark
Boodskappe: 200 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Het die voorreg gehad om die Blue Jays (Bofbalspan) teen die Yankees in
die Superdome te kon sien in'97.
Ferdi : Het 'n bofbal game in Denver gesien. Ek was getref daardeur in
watter mate dit 'n "family outing" was. Gesinne het op die oog af groot
plesier die aand gehad deur soontoe te gaan. Ek was ook getref deur hoe vet
baie van die spelers voorkom!
Krieket-spelers is in die algemeen meer fiks, het dit gelyk.
Wouter:
Ek het vroeër self bofbal gespeel en het 'n wedstryd in Chicago gesien, wat
vir my 'n belewenis was. Daar was beslis geen vetties daar nie en in die
topligas is al die spelers superfiks. 'n Mens kan nie juis krieket met
bofbal vergelyk nie, die verskille is meer as die ooreenkomste.
Goeie bofbalspelers maak meer dikwels goeie rugbyspelers as goeie
krieketspelers, maar daar is uitsonderings soos Alan Kourie wat in krieket
en bofbal uitgeblink het. In rugby se amateurdae het baie van ons top
rugbyspelers in die somer bofbal gespeel. Dok Craven was onder andere 'n
voorstaander daarvan.
Triviavraag: Hoeveel Kanadese was daar in die Toronto Blue Jays se span wat
verlede jaar die sogenaamde wêreldbeker gewen het?
|
|
|
Re: Bofbal [boodskap #44788 is 'n antwoord op boodskap #44781] |
Thu, 21 June 2001 22:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Triviavraag: Hoeveel Kanadese was daar in die Toronto Blue Jays se span wat
> verlede jaar die sogenaamde wêreldbeker gewen het?
Wouter, Wouter. Ek stem met jou saam. "Die sogenaamde wêreldbeker"wanneer daar
net twee lande in die ding betrokke was! Maar nou wil ek
vir jou weer vra, hoeveel Amerikaners is daar in die Amerikaanse ligas
van yshokkie? Hulle name is almal La Fleur en Roy en dies meer. Basies
speel gebore Amerikaners teen gebore Amerikaners in bofbal, alkante
van die grens, en gebore Quebeckers ice hockey albei kante van die grens.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Bofbal [boodskap #44792 is 'n antwoord op boodskap #44781] |
Thu, 21 June 2001 22:06 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Triviavraag: Hoeveel Kanadese was daar in die Toronto Blue Jays se span wat
> verlede jaar die sogenaamde wêreldbeker gewen het?
Wouter, my man sê dat hy dink die Blue Jays nie verlede jaar nie, maarin 'n
vorige jaar die wêreldseries gewen het.
Gloudina
|
|
|
Re: Bofbal [boodskap #44794 is 'n antwoord op boodskap #44781] |
Thu, 21 June 2001 22:14 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
plaasvark
Boodskappe: 200 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Triviavraag: Hoeveel Kanadese was daar in die Toronto Blue Jays se span wat
> verlede jaar die sogenaamde wêreldbeker gewen het?
Gloudina : Wouter, Wouter. Ek stem met jou saam. "Die sogenaamde
wêreldbeker" wanneer daar net twee lande in die ding betrokke was!
Wouter: Eintlik net een
Gloudina : Maar nou wil ek vir jou weer vra, hoeveel Amerikaners is daar in
die Amerikaanse ligas van yshokkie? Hulle name is almal La Fleur en Roy en
dies meer.
Wouter: Nie geweet nie. Interessant
Gloudina: Basies speel gebore Amerikaners teen gebore Amerikaners in bofbal,
alkante van die grens, en gebore Quebeckers ice hockey albei kante van die
grens.
Wouter: En tog word hulle fanaties ondersteun deur die ondersteuners, in
Suid Afrika beweeg ons in presies dieselfde rigting met professionele
rugbyspelers wat gtekoop word.
Terloops, die Blue Jays het geen, zero, nul, nada, zilch Kanadese in hulle
span nie, almal Amerikaners. En van die mees toegewydste ondersteunersgroepe
in die wêreld.
|
|
|
Re: Bofbal [boodskap #44799 is 'n antwoord op boodskap #44781] |
Thu, 21 June 2001 23:12 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle© wrote:
> En moenie maak of jy nie my boodskappe lees nie, want ek kan SIEN dat
> jy dit lees!
En wat het dit met die prys van eiers te doen.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Bofbal [boodskap #44834 is 'n antwoord op boodskap #44781] |
Fri, 22 June 2001 10:59 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
plaasvark
Boodskappe: 200 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter: Maar het hy in die finaal van die wêreldreeks gespeel?
> Ek het van daardie span gepraat.
Danielle:
Hulle het die "wereldreeks" in '92 en '93 gewen, en nog nie weer nie. :-)
Maar ek gee jou tereg - miskien was jou feite 100% korrek vir 10 jaar
gelede! :-)))
Wouter:
Ek is absoluut mal daaroor as jy my so mooi reghelp! Maar jy moet my liewers
gelykgee of teregwys, as jy my tereggee of gelykwys het ons waarskynlik
albei te veel van Annette se rooi wyn gedrink :-0
Maar is 1993 ook die laaste keer wat die Blue Jays in die eindrondes gespeel
het? Miskien, net miskien is my "feite" dalk nie heeltemaal so oud nie ;-)
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:46:25 UTC 2025
|