Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Kan Iemand help asseblief?
Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40775] Wo, 04 April 2001 11:50 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Vriendin soek inligting op webwerwe / nuusgroepe wat die voordele en
nadele van inenting en nie-inenting bespreek en behandel.
Sy stel hoofsaaklik daarin belang om te weet of enigiemand 'n persoonlike
negatiewe ondervinding gehad het deur nie te laat inent nie.

Hulp sal waardeer word. Ek sal die inligting aan haar deurgee.
--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40776 is 'n antwoord op boodskap #40775] Wo, 04 April 2001 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
Inenting vir diere of mense, teen hoofsaaklik watter tipe virusse.

DA

"Annette" skryf in boodskap news:9af253$2kl$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Vriendin soek inligting op webwerwe / nuusgroepe wat die voordele en
> nadele van inenting en nie-inenting bespreek en behandel.
> Sy stel hoofsaaklik daarin belang om te weet of enigiemand 'n persoonlike
> negatiewe ondervinding gehad het deur nie te laat inent nie.
>
> Hulp sal waardeer word. Ek sal die inligting aan haar deurgee.
> --
> ann...@ctnet.co.za
> Red wine lover.
>
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40778 is 'n antwoord op boodskap #40776] Wo, 04 April 2001 17:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sy het 'n seun wat nie sy kinders wil laat inent nie. Ek neem aan die gewone
inentings wat ons almal gekry het - Polio, ens.
Sy wil al die moontlike inligting kry om aan hom te toon wat die gevare of
nagevolge is wat mense beleef het wat nie inge-ent is nie.
Annette

DARKANGEL wrote in message ...
> Inenting vir diere of mense, teen hoofsaaklik watter tipe virusse.
>
> DA
>
> "Annette" wrote in message
> news:9af253$2kl$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Vriendin soek inligting op webwerwe / nuusgroepe wat die voordele en
>> nadele van inenting en nie-inenting bespreek en behandel.
>> Sy stel hoofsaaklik daarin belang om te weet of enigiemand 'n persoonlike
>> negatiewe ondervinding gehad het deur nie te laat inent nie.

>> Hulp sal waardeer word. Ek sal die inligting aan haar deurgee.
>> --
>> ann...@ctnet.co.za
>> Red wine lover.


>
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40779 is 'n antwoord op boodskap #40778] Wo, 04 April 2001 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Sy het 'n seun wat nie sy kinders wil laat inent nie. Ek neem aan die gewone
> inentings wat ons almal gekry het - Polio, ens.
> Sy wil al die moontlike inligting kry om aan hom te toon wat die gevare of
> nagevolge is wat mense beleef het wat nie inge-ent is nie.

Het antwoord lijkt me toch vanzelfsprekend; die kinderen kunnen die ziektes
krijgen terwijl anderen die er tegen zijn ingeënt die niet kunnen krijgen.

Wanneer je in een land woont waar vrijwel iedereen wel tegen een ziekte als
polio is ingeënt loop je minder risico om zo'n ziekte te krijgen, omdat
iemand die is ingeënt de ziekte ook niet kan overdragen.

Vaak kiezen mensen er vanuit een extreem religieus standpunt voor om hun
kinderen niet te laten inenten. Dezelfde mensen hebben ook de neiging om
zich min of meer van de rest van de wereld af te zonderen en zich vooral (en
intensief) te bemoeien met soortgenoten. Als een ziekte zich eenmaal
openbaart in zo'n groep grijpt die dan ook snel om zich heen. In Nederland
hebben we dat gezien met een ernstige polio-epidemie in 1992 die slechts
huis hield in één klein religieus segment van onze samenleving. De gevolgen
waren dermate ernstig dat de overheid besloot om poliovaccinatie verplicht
te stellen.

Groeten,
Arthur
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40780 is 'n antwoord op boodskap #40778] Wo, 04 April 2001 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Emmy  is tans af-lyn  Emmy
Boodskappe: 79
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9afo04$8u8$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sy het 'n seun wat nie sy kinders wil laat inent nie. Ek neem aan die gewone
> inentings wat ons almal gekry het - Polio, ens.
> Sy wil al die moontlike inligting kry om aan hom te toon wat die gevare of
> nagevolge is wat mense beleef het wat nie inge-ent is nie.
> Annette

Het gevaar is dat je die enge ziekten kunt krijgen als je niet inent.

Grt Emmy
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40791 is 'n antwoord op boodskap #40775] Do, 05 April 2001 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Haai Annette,

Kyk gerus na www.909shot.com (National vaccine Information Center (USA)).

Watter entstof probeer die vader vermy? As hy sê "almal" is hy doodeenvoudig
te lui om sy kinders te laat ent. Daar is egter sekere entstowwe waar die
gebruik bepaalde risikos inhou. As jou vriendin meer spesifiek in terme van
die entsof betrokke is, kan daar dalk ander inligtingsbronne wees wat ek ook
kan aanbeveel...

Beste groete,
Hans

Annette skryf in boodskap news:9af253$2kl$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Vriendin soek inligting op webwerwe / nuusgroepe wat die voordele en
> nadele van inenting en nie-inenting bespreek en behandel.
> Sy stel hoofsaaklik daarin belang om te weet of enigiemand 'n persoonlike
> negatiewe ondervinding gehad het deur nie te laat inent nie.
>
> Hulp sal waardeer word. Ek sal die inligting aan haar deurgee.
> --
> ann...@ctnet.co.za
> Red wine lover.
>
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40798 is 'n antwoord op boodskap #40791] Do, 05 April 2001 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> . Daar is egter sekere entstowwe waar die
> gebruik bepaalde risikos inhou.

Kan jy 'n paar opnoem?Onlangs was daar iets uit Engeland oor 'n kombinasie
van entstowwe wat party mense gedink het autisme
kan veroorsaak. Weet jy iets daarvan?

Gloudina
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40805 is 'n antwoord op boodskap #40775] Vr, 06 April 2001 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Emmy  is tans af-lyn  Emmy
Boodskappe: 79
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
schreef in bericht news:3ACCE81D.D5520828@home.com...

>> . Daar is egter sekere entstowwe waar die
>> gebruik bepaalde risikos inhou.
>
> Kan jy 'n paar opnoem?Onlangs was daar iets uit Engeland oor 'n kombinasie
> van entstowwe wat party mense gedink het autisme
> kan veroorsaak. Weet jy iets daarvan?

De kans op complicaties van entstoffen is velen malen kleiner als
de kans op het krijgen van deze ziekten.

Grt Emmy
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40806 is 'n antwoord op boodskap #40775] Vr, 06 April 2001 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3ACCE81D.D5520828@home.com...
> Hans wrote:
>
>> . Daar is egter sekere entstowwe waar die
>> gebruik bepaalde risikos inhou.
>
> Kan jy 'n paar opnoem?Onlangs was daar iets uit Engeland oor 'n kombinasie
> van entstowwe wat party mense gedink het autisme
> kan veroorsaak. Weet jy iets daarvan?
>
> Gloudina

Dit was die MMR (masels, pampoentjies en rubella) entstof. Daar word steeds
gedebateer oor die voor- en nadele van hierdie inenting (sien:
http://bmj.com/cgi/content/full/322/7280/183). Daar is 'n taamlike groot
studie op die oomblik aan die gang om die vrese hieroor te besweer. Analise
van tydtendense tot dusver toon dat die inentings waarskynlik nie die
sondebok is nie. Sien: http://bmj.com/cgi/reprint/322/7284/460 vir die
vollengte artikel.

Daar is geen entstof wat totaal sonder risiko is nie. Die voordele verbonde
aan die inenting moet opgeweeg word teen voorkoms en erns van moontlike
newe-effekte. Hierdie somme is al soveel keer gedoen en elke keer wen die
argument VIR inenting. Terselfdertyd dink ek dat dit nodig is dat ouers
ingelig word oor die risikos verbonde aan elke inenting, veral ten opsigte
van daardie eienskappe wat die risiko vir moontlike newe-effekte kan
verhoog. Die gebruik van die verouderde (maar goedkoop) DPT entstof in
Suid Afrika is 'n goeie voorbeeld. Alhoewel die frekwensie van
newe-effekte laag is, sterf daar van tyd tot tyd kinders kort na inenting.
Daar is besliste risikofaktore (bv. familielede en veral broers of susters
wat reeds newe-effekte gehad het, nagevolge na 'n vorige DPT inenting, swak
immuunstelsels, pasafgelope of onderliggende infeksies, ens.) wat, indien
aanwesig, die gebruik van die entstof uitsluit. Ek voel glad nie gerus oor
die kwaltiteit van die DPT entstof wat tans hier gebruik word nie en dink
dat daar onnodig voete gesleep word met die beskikbaarstelling van die
veiliger (maar duurder) DTaP wat nou in die res van die ontwikkelde wêreld
in gebruik is. Boonop is die DPT entstof nie altyd 100% effektief om
kinkhoes te voorkom nie - afhangende van die betrokke studie wissel
effektiwiteit van so laag as 65% tot ongeveer 95%. Die vraag of mens dit
moet waag om die kind te laat ent met 'n entstof waar ernstige newe-effekte
gerapporteer word wat dalk nie besonder effektief is nie, is beslis geldig.
Die geval van dood na inenting is by DPT entstof baie tragies en dit wil
voorkom asof toksiene wat in enkele van die geïnaktiveerde Borditella
pertussis mikro-organismes voorkom, die sondebok is. Indien 'n paar
toksienproduserende organismes (selfs na inaktivering bevat dit steeds die
toksien) vir die kind ingespuit word, veroorsaak dit neurologiese skade en
soms die dood. Volgens statistieke beskikbaar is die waarskynlikheid
hiervoor meer as wat algemeen besef word (ongeveer 1 in 800 vir neurologiese
skade). Die DTaP is 'n verbeterde enstof waar die mikro-organismes
opgebreek word en die selinhoud (en dus ook die toksiene) verwyder word (die
"a" in DTaP verwys na asellulêr), en is tans nie in Suid Afrika beskikbaar
nie.

Hans
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40807 is 'n antwoord op boodskap #40805] Vr, 06 April 2001 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Emmy skryf in boodskap news:9al35m$are$1@news.pcmnet.nl...
>
> schreef in bericht news:3ACCE81D.D5520828@home.com...
>
>>> . Daar is egter sekere entstowwe waar die
>>> gebruik bepaalde risikos inhou.
>>
>> Kan jy 'n paar opnoem?Onlangs was daar iets uit Engeland oor 'n kombinasie
>> van entstowwe wat party mense gedink het autisme
>> kan veroorsaak. Weet jy iets daarvan?
>
> De kans op complicaties van entstoffen is velen malen kleiner als
> de kans op het krijgen van deze ziekten.
>
> Grt Emmy

Jy is reg. Enting behoort altyd aanbeveel te word. Soms egter, beland jy in
'n situasie waar jy aan die ouers van 'n kind wat dood is na 'n inenting die
voordele van enting probeer verduidelik. Dis soos om die veiligheid van
lugvervoer te probeer verduidelik aan iemand wat pas gehoor het dat hulle
geliefdes in 'n vliegongeluk omgekom het. Ek is nie tans bereid om die DPT
entstof hier beskikbaar vir my kind te gee nie - wel die D en T gedeeltes
maar nie P nie. Sal eerder maar baie goed dophou vir infeksie en baie straf
behandel by eerste simptome. Sodra die DTaP beskikbaar kom sal ek dit so
spoedig moontlik laat toedien...

Hans
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40808 is 'n antwoord op boodskap #40775] Vr, 06 April 2001 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Ek is nie tans bereid om die DPT
> entstof hier beskikbaar vir my kind te gee nie - wel die D en T gedeeltes
> maar nie P nie. Sal eerder maar baie goed dophou vir infeksie en baie straf
> behandel by eerste simptome. Sodra die DTaP beskikbaar kom sal ek dit so
> spoedig moontlik laat toedien...

Is DPT ekslusief vir kinkhoes? En hoekom begin hulle nie met die DTaPin SA nie.
Is dit net omdat dit goedkoper is?
Ja, die klein kindertjies vandag loop darem met 'n hele klomp dinge in
hulle wat ek in my dae nooit gehad het nie. Klein-klein is ons net inge-ent
vir pokke. En snaaks genoeg, dis nou die enigste ding wat hulle nie meer
vir die kinders gee nie. Is pokke nou heeltemal uitgeroei?

Gloudina

>
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40809 is 'n antwoord op boodskap #40807] Vr, 06 April 2001 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hans" schreef...
> Ek is nie tans bereid om die DPT
> entstof hier beskikbaar vir my kind te gee nie - wel die D en T gedeeltes
> maar nie P nie. Sal eerder maar baie goed dophou vir infeksie en baie straf
> behandel by eerste simptome. Sodra die DTaP beskikbaar kom sal ek dit so
> spoedig moontlik laat toedien...

Aardig zo'n diskussie. Zo loop je nog eens tegen wat aardige informatie aan.
Ik heb pas nog een paar prikken moeten halen voor een reis naar het
buitenland, dus vind ik dit alles wel interessant. Voor zover ik heb kunnen
uitvissen zijn er al acellulaire kinkhoestvaccins beschikbaar, maar worden
ze momenteel -in ieder geval hier- nog alleen in onderzoeken toegepast
(vergelijking met verbeterde cellulaire vaccins). Weet je misschien of ze in
andere landen al wel gangbaar zijn?

Groeten,
Arthur
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40817 is 'n antwoord op boodskap #40806] Sa, 07 April 2001 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie Dankie Hans - wat jy geskryf het is presies waarna sy soek.
Ek het hierdie boodskap na haar deurgestuur,
Annette

Hans wrote in message ...
>
> skryf in boodskap news:3ACCE81D.D5520828@home.com...
>> Hans wrote:

>>> . Daar is egter sekere entstowwe waar die
>>> gebruik bepaalde risikos inhou.

>> Kan jy 'n paar opnoem?Onlangs was daar iets uit Engeland oor 'n kombinasie
>> van entstowwe wat party mense gedink het autisme
>> kan veroorsaak. Weet jy iets daarvan?

>> Gloudina
>
> Dit was die MMR (masels, pampoentjies en rubella) entstof. Daar word steeds
> gedebateer oor die voor- en nadele van hierdie inenting (sien:
> http://bmj.com/cgi/content/full/322/7280/183). Daar is 'n taamlike groot
> studie op die oomblik aan die gang om die vrese hieroor te besweer. Analise
> van tydtendense tot dusver toon dat die inentings waarskynlik nie die
> sondebok is nie. Sien: http://bmj.com/cgi/reprint/322/7284/460 vir die
> vollengte artikel.
>
> Daar is geen entstof wat totaal sonder risiko is nie. Die voordele verbonde
> aan die inenting moet opgeweeg word teen voorkoms en erns van moontlike
> newe-effekte. Hierdie somme is al soveel keer gedoen en elke keer wen die
> argument VIR inenting. Terselfdertyd dink ek dat dit nodig is dat ouers
> ingelig word oor die risikos verbonde aan elke inenting, veral ten opsigte
> van daardie eienskappe wat die risiko vir moontlike newe-effekte kan
> verhoog. Die gebruik van die verouderde (maar goedkoop) DPT entstof in
> Suid Afrika is 'n goeie voorbeeld. Alhoewel die frekwensie van
> newe-effekte laag is, sterf daar van tyd tot tyd kinders kort na inenting.
> Daar is besliste risikofaktore (bv. familielede en veral broers of susters
> wat reeds newe-effekte gehad het, nagevolge na 'n vorige DPT inenting, swak
> immuunstelsels, pasafgelope of onderliggende infeksies, ens.) wat, indien
> aanwesig, die gebruik van die entstof uitsluit. Ek voel glad nie gerus oor
> die kwaltiteit van die DPT entstof wat tans hier gebruik word nie en dink
> dat daar onnodig voete gesleep word met die beskikbaarstelling van die
> veiliger (maar duurder) DTaP wat nou in die res van die ontwikkelde wêreld
> in gebruik is. Boonop is die DPT entstof nie altyd 100% effektief om
> kinkhoes te voorkom nie - afhangende van die betrokke studie wissel
> effektiwiteit van so laag as 65% tot ongeveer 95%. Die vraag of mens dit
> moet waag om die kind te laat ent met 'n entstof waar ernstige newe-effekte
> gerapporteer word wat dalk nie besonder effektief is nie, is beslis geldig.
> Die geval van dood na inenting is by DPT entstof baie tragies en dit wil
> voorkom asof toksiene wat in enkele van die geïnaktiveerde Borditella
> pertussis mikro-organismes voorkom, die sondebok is. Indien 'n paar
> toksienproduserende organismes (selfs na inaktivering bevat dit steeds die
> toksien) vir die kind ingespuit word, veroorsaak dit neurologiese skade en
> soms die dood. Volgens statistieke beskikbaar is die waarskynlikheid
> hiervoor meer as wat algemeen besef word (ongeveer 1 in 800 vir neurologiese
> skade). Die DTaP is 'n verbeterde enstof waar die mikro-organismes
> opgebreek word en die selinhoud (en dus ook die toksiene) verwyder word (die
> "a" in DTaP verwys na asellulêr), en is tans nie in Suid Afrika beskikbaar
> nie.
>
> Hans
>
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40832 is 'n antwoord op boodskap #40775] So, 08 April 2001 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3ACE31B6.27763D24@home.com...
>
> Is DPT ekslusief vir kinkhoes? En hoekom begin hulle nie met die DTaPin SA nie.
> Is dit net omdat dit goedkoper is?
DPT is 'n drie-in-een entstof.
D - witseerkeel (diptheria)
P - kinkhoes (pertussis)
T - klem-in-die-kaak (tetanus)

As daar genoeg druk van ouers af is, en die gevare van die goedkoop enstsof
word wyer rugbaar gemaak, sal DTaP hopelik wel vir almal beskikbaar gestel
word. Jy kan op die oomblik nie DTaP hier koop nie al wil jy ook. Tans word
die heel goedkoopste opsie gebruik.

> Ja, die klein kindertjies vandag loop darem met 'n hele klomp dinge in
> hulle wat ek in my dae nooit gehad het nie. Klein-klein is ons net inge-ent
> vir pokke. En snaaks genoeg, dis nou die enigste ding wat hulle nie meer
> vir die kinders gee nie. Is pokke nou heeltemal uitgeroei?

Pokke is heeltemal uitgeroei en daar is heelwat druk om die laaste virusse
wat deur die CDC (en ook sommige van die vroeëre vyande) bewaar word, te
vernietig. Aangesien daar nie meer teen geënt word nie, is al die
jongelinge natuurlik vatbaar en 'n pandemie kan geweldige omvangryke gevolge
hê. Daar is ook die vrees dat die virus vir biologiese oorlogvoering
aangewend kan word.

Hans
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40833 is 'n antwoord op boodskap #40809] So, 08 April 2001 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Arthur Hagen skryf in boodskap news:9aleiu$1dvh$1@news.kabelfoon.nl...

> Voor zover ik heb kunnen
> uitvissen zijn er al acellulaire kinkhoestvaccins beschikbaar, maar worden
> ze momenteel -in ieder geval hier- nog alleen in onderzoeken toegepast
> (vergelijking met verbeterde cellulaire vaccins). Weet je misschien of ze in
> andere landen al wel gangbaar zijn?
>
Dit word nou algemeen in die VSA toegedien. Daar was 'n ondersoek van die
Kongres oor die wenslikheid aldan nie van DTaP vs DPT. Dit is beskikbaar by:
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40834 is 'n antwoord op boodskap #40833] So, 08 April 2001 09:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Hans skryf in boodskap news:9ap8nd$emc$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Arthur Hagen wrote in message
> news:9aleiu$1dvh$1@news.kabelfoon.nl...
>
>> Voor zover ik heb kunnen
>> uitvissen zijn er al acellulaire kinkhoestvaccins beschikbaar, maar worden
>> ze momenteel -in ieder geval hier- nog alleen in onderzoeken toegepast
>> (vergelijking met verbeterde cellulaire vaccins). Weet je misschien of ze in
>> andere landen al wel gangbaar zijn?
>>
> Dit word nou algemeen in die VSA toegedien. Daar was 'n ondersoek van die
> Kongres oor die wenslikheid aldan nie van DTaP vs DPT. Dit is beskikbaar
by:

Jammer Arthur, Ek wou die verwysing vind en stuur toe per ongeluk die
onvolledige antwoord. Ek het 'n herdruk van die Kongresondersoek maar dis
ongelukkig nie hier by die huis nie - sal die verwysing en inligting oor die
gebruik in ander lande vir jou stuur sodra ek my hande daarop lê. By die CDC
word heelwat inligting gehou oor die kliniese eksperimente wat in verskeie
lande uitgevoer is voor implementering. Iets waarna jy gerus kan kyk indien
jy belangstel by: http://www.cdc.gov/mmwr/preview/mmwrhtml/00048610.htm

Jy kan gerus ook kyk wat gesê word oor die uitbraak van kinkhoes in 1996 in
Nederland waar baie wyd geënt word (oënskynlike stamverskuiwing). Sien
http://www.cdc.gov/ncidod/eid/vol6no4/demelker.htm

Beste groete,
Hans
Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40862 is 'n antwoord op boodskap #40775] Ma, 09 April 2001 21:50 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Pokke is heeltemal uitgeroei en daar is heelwat druk om die laaste virusse
> wat deur die CDC (en ook sommige van die vroeëre vyande) bewaar word, te
> vernietig. Aangesien daar nie meer teen geënt word nie, is al die
> jongelinge natuurlik vatbaar en 'n pandemie kan geweldige omvangryke gevolge
> hê. Daar is ook die vrees dat die virus vir biologiese oorlogvoering
> aangewend kan word.
>
>

Ek het nooit so daaraan gedink nie.Dat almal behalwe ons ouereswat nog inge-ent
is, die pokke baie maklik sal kan kry. Hoekom
gaan hulle dan nie maar voort met die ent nie?

Gloudina
Vorige onderwerp: Kan 'n virus homself verander.
Volgende onderwerp: Boererate
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 09:54:39 MGT 2024