Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Tussen die duiwel en die diep blou see...
Re: Tussen die duiwel en die diep blou see... [boodskap #39288] Fri, 16 February 2001 06:53 na volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: January 2001
Karma: 0
Senior Lid
me & bobby magee wrote:
>
> Laat mens wens die politiek hier was so eenvouding soos in die ou
> Suid-Afrika: stem vir die party vir wie jou ma en pa, en hulle ma en pa en
> al die voorgeslagte, gestem het. Maklik. Hoef nie te dink nie.

--

Ag nee - nog 'n Gloudina. Dink omdat hulle in 'n ander land sit weet
hulle wat in SA aangaan.

Vertel nou die nonsens vir al die mense wat voorheen nie kon stem nie
...
Re: Tussen die duiwel en die diep blou see... [boodskap #39292 is 'n antwoord op boodskap #39288] Fri, 16 February 2001 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Feb 2001 08:53:52 +0200, lous wrote:

>
>
> me & bobby magee wrote:

>> Laat mens wens die politiek hier was so eenvouding soos in die ou
>> Suid-Afrika: stem vir die party vir wie jou ma en pa, en hulle ma en pa en
>> al die voorgeslagte, gestem het. Maklik. Hoef nie te dink nie.

en Lous pik toe na Bobby
> Ag nee - nog 'n Gloudina. Dink omdat hulle in 'n ander land sit weet
> hulle wat in SA aangaan.

> Vertel nou die nonsens vir al die mense wat voorheen nie kon stem nie

Daar's baie voëls op my grasperk. En hulle is mak. Het julle al vertel
daarvan. Het julle ook al vertel van die Indian Minor's wat sommer so
terloops in die verbygaan na ander voëls pik. Na die werklik
vredeliewende voëls soos tortelduiwe en kwikkies.

Daar's Davie Davisse, Tobie's en Ferdi's ook op my grasperk. Vir geen
oomblik word hulle gespaar nie ... maar tot die arme kwikkies moet
koes.

DD
Re: Tussen die duiwel en die diep blou see... [boodskap #39293 is 'n antwoord op boodskap #39288] Fri, 16 February 2001 10:46 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lous wrote:

> Ag nee - nog 'n Gloudina. Dink omdat hulle in 'n ander land sit weet
> hulle wat in SA aangaan.
>
> Vertel nou die nonsens vir al die mense wat voorheen nie kon stem nie

Asseblief. Moenie my met hierdie ou in Perth-"die paradys"vergelyk nie. Ek het
nog nooit gespog dat ek in Perth sit soos
hierdie Perth-paradysser nie. Ek oorvereenvoudig nie dinge in
SA soos hierdie Perth-paradysser nie. Ek dink nie "wit" soos
hierdie Perth-paradysser nie - let op dat al die mense waarvan
hy praat, "setlaars" is wat oorspronklik uit Europa gekom het.
Australië het nog nie die kritiese massa bereik waar die teuels
sal (so seker soos ek hier sit) in die hande van Oosterlinge
sal oorgaan nie. En alreeds sit 'n klomp van hierdie setlaars
op grond wat deur die aborigines mede-besit word.

Gloudina

> ...
Vorige onderwerp: Mea culpa...
Volgende onderwerp: Knoopspinnekop bereik 100 skakels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 03:56:57 UTC 2024