"stokperdjie 1948-1994" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37649] |
Fri, 08 December 2000 17:46 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
stokperdjie 1948-1994
CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
eers het ons vry gegroei
ons nuwe takke uitgesprei
albei se kroon kordaat
het na lig gereik
in simbiose het ons saam
binne die bos gestaan
blyplekke vir sonvoëls
nesse vol skaduwee
een nag voel ek jou takke
skuur teenaan my nerf
ek het my mes getrek
die beenwit hef gevat
jou donker vingers begin kerf
net ligweg eers
en toe jou sap uitdrup
later heel ligtelik
nou lyk jy mooi my kind
jou handjiesvoetjies opgebind
japsnoetboompie
wat binne perke bly
en ek slaap houtgerus
my klein en bruin bonsai
|
|
|
Re: "stokperdjie 1948-1994" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37651 is 'n antwoord op boodskap #37649] |
Sat, 09 December 2000 07:09 |
Doos[1]
Boodskappe: 143 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
kak gedig
gepos deur 'n kak mens
skryf in boodskap news:3A311EAA.E4212DB3@home.com...
stokperdjie 1948-1994
CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
eers het ons vry gegroei
ons nuwe takke uitgesprei
albei se kroon kordaat
het na lig gereik
in simbiose het ons saam
binne die bos gestaan
blyplekke vir sonvoëls
nesse vol skaduwee
een nag voel ek jou takke
skuur teenaan my nerf
ek het my mes getrek
die beenwit hef gevat
jou donker vingers begin kerf
net ligweg eers
en toe jou sap uitdrup
later heel ligtelik
nou lyk jy mooi my kind
jou handjiesvoetjies opgebind
japsnoetboompie
wat binne perke bly
en ek slaap houtgerus
my klein en bruin bonsai
|
|
|