Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Inkosi Jesu" deur RAE TOMLIN
"Inkosi Jesu" deur RAE TOMLIN [boodskap #37668] So, 10 Desember 2000 21:17
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

INKOSI JESU

Soos Maria haar Seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors.
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag,
O Inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Ek hoor my mense sing hul lied,
O inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
O gee ons krag, o gee ons hoop,
maar boweal U liefde,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.

(teks: Rae Tomlin.)
Vorige onderwerp: "stokperdjie 1948-1994" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
Volgende onderwerp: 'n Kat in 'n leë huis. Wislawa Szymborska
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 18:37:02 MGT 2024