ikone [boodskap #35276] |
Sat, 07 October 2000 00:00 |
Sandra Nortje
Boodskappe: 23 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
ikone
trippe trappe trone
die kwikkie loop op sy tone
twee honde slaap rustig
vreedsaam rug aan rug
in 'n felle suider son se lig
drie lemoenduifies
veg sonder om te praat
spatsels van yster as chromaat
hemelloos blou en stil die lug
as een moet vlug
die kwikkie loop op sy tone
trippe trappe trone
oktober 2000
|
|
|
Re: ikone [boodskap #35277 is 'n antwoord op boodskap #35276] |
Sat, 07 October 2000 00:00 |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis mooi Sandra, veral die "drie lemoenduifies veg sonder om te praat"
Pos nog.
pop
Sandra Nortje skryf in boodskap news:39df5393.0@news1.mweb.co.za...
> ikone
>
> trippe trappe trone
> die kwikkie loop op sy tone
>
> twee honde slaap rustig
> vreedsaam rug aan rug
> in 'n felle suider son se lig
> drie lemoenduifies
> veg sonder om te praat
> spatsels van yster as chromaat
> hemelloos blou en stil die lug
> as een moet vlug
>
> die kwikkie loop op sy tone
> trippe trappe trone
>
> oktober 2000
>
|
|
|