"sondagoggend na 'n moerse fight" deur CHARL DURAND [boodskap #34746] |
Ma, 25 September 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
sondagoggend na 'n moerse fight.
Charl Durand
kry klaar en loop. spoel jou koppie uit. gee my hek se remote terug. ek
gaan
my lakens nou dadelik ruil. ek gaan jou tandeborsel weggooi. ek gaan jou
uit
my adresboek uit tippex soos 'n spelfout. ek gaan sanik maar net vir my
stoepplante. ek gaan my telefoonboodskap verander na iets duister. jy's
'n
doodsengel met slegte smaak. vat jou karsleutels en jou selfoon. los net
asseblief jou inner child hier, dat ek haar soos 'n skildery van 'n
heilige
bo my bed kan hang. Net vir nou, net tot more-middag na werk.
kry klaar en loop
spoel jou koppie uit
gee my hek se remote terug
ek gaan jou tandeborsel weggooi
ek gaan jou uittippex
soos 'n spelfout
vat jou karsleutels
en jou selfoon
los net jou inner child
hier, tot moremiddag
na werk.
|
|
|