Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "die ander ek" deur CHARL DURAND
"die ander ek" deur CHARL DURAND [boodskap #34766] Ma, 25 September 2000 03:09
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

die ander ek
Charl Durand


dis 'n ander stad
wat voor die venster verbyleef
waar ek vandaan kom
dra posmanne ander kleure

en die weer is altyd mooi

ek leef 'n ander stad, 'n soort karakter
in 'n play wat nie ek is nie
soms pas dit my fyn
andermale lê ek wakker snags

en wonder of ek syne is

in die ander stad is als te kope
maar as jy iets laat val moet jy betaal
ek sukkel met die kleingeld
en winters is die bome blaarloos

in my hart soek ek na 'n platteland

die water in die krane is te soet
soos goedkoop koeldrank sleg vir die siel
ek hou fotos van nirvana in my binnesak
ek spaar om te kan teruggaan

om skulpe op te tel wat sal luister

as jy 'n droom het
kom ons skryf vir mekaar
jy in jou stad, ek 'n posadres ver weg
ons maak daardie afspraak in shambala

waar ons rus vind
op die plaaspad van ons harte.
Vorige onderwerp: "sondagoggend na 'n moerse fight" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "drade is konneksies" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 12:14:08 MGT 2024