Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Drinklied" deur Eitemal
"Drinklied" deur Eitemal [boodskap #5202] Sa., 13 Januarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 463
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
          DRINKLIED
          Eitemal

Nog 'n skuinse grappie, kêrels,
Nog 'n glasie wyn,
En die gore werklikhede
Sal in mis verdwyn.

Vonkelwyn en skaterlaggies
Sprinkel oor ons leed,
Tot ons al die muf miserie
Om ons heen vergeet.

Styf gearm huis toe slinger
Onder singlawaai,
Wyl die dronk ou wêreld om ons
Rondomtalie draai.
Vorige onderwerp: "PADDAS" van D. J. Opperman
Volgende onderwerp: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Mei 09 01:16:31 UTC 2026