Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "PADDAS" van D. J. Opperman
"PADDAS" van D. J. Opperman [boodskap #5200] Vr, 12 Januarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan 'n reeks van gedigte van D.J. Opperman op die nuusgroep tik.
Dit sal gaan oor die rol van die digter, en die waarde en waardigheid van
sy arbeid. Dit is ook 'n toets om te sien of daar in die cyberruimte mense
is wat dinge beloer. Ek is 'n Kanadese burger, ek tik die gedigte in op 'n
nuusgroep wat in die cyberruimte rus, wat sover ek weet nog internasionale
waters is. Die wetsprobleem wat dit skep vir mense wat hierdie soort ding
wil beveg, sal interessant wees. Gloudina
Bouwer



PADDAS D.J.Opperman

As die waters uit die hemel sak
oor blaar, sambreel en dak,
begin diep deur die reen ontroer
in alle plasse
en moerasse
ons, die tortels van die modder, koer.

Ons voel opnuut Sy gees
soos in die begin uitsweef,
en uit die eerste modders opgewek,
hervat ons klein, onwys,
terwyl ons skel of prys
die onvoltooide groot gesprek.

Die eerste helderhede wyk
en alles word bedek met slyk.
Tussen die biesies van die stede uit
deur die lang nagwaak
terwyl die ander slaap,
ryg ons die stringe liggies van die kuit.

Ons mik nog na 'n mot
dan hoor ons die bevel van God:
"Spring uit elke sloot en kreupelbos
in kombuis, in room,
in elke bed, in elke droom
tot Farao My gevange volk verlos."

Ons wat uit die slym
berg en ster berym,
roep oor die borreling van die moeras
deur die eeue in ons sange,
toesang en teensange
op Hom die groot hosannas.
Vorige onderwerp: Re: gedigte, rapporters ens (was Afrikaanse WWW bediener)
Volgende onderwerp: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 00:46:45 MGT 2024