Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Afrikaans op SAUK-TV
Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5199] Do, 11 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):

> Ek ondersteun die idee van 'n eie stasie uitbou, maar dit beteken tog
> sekerlik nie 'n mens moet die SAUK boikot nie! Daar is op God se
> aarde sekerlik plek vir die SAUK soos hy nou is en 'n Afrikaanse
> stasie. Waarom die een of die ander?

Ek dink nie mense maak beswaar teen die *bestaan* van die SAUK nie
(alhoewel ek persoonlik gekant is teen staatsuitsenders, alhoewel die
SAUK nou veronderstel is om "onafhanklik" te wees. Ba!). Dus is dit
nie bloot 'n geval van die een of die ander nie.

> Ek hou van goeie Afrikaanse TV (die gemiddelde of swak Afrikaanse TV
> is net so gemiddeld en swak as in Engels en verveel my net soveel -
> hieronder klassifiseer ek omtrent alle oorklankings van die vereled),
> maar ek hou OOK van goeie Engelse TV!

Ek stem saam dat ek na goeie TV in enige taal (mits ek dit verstaan!)
sal kyk. Nie al die oorklankings is so vrot nie. Ek geniet die
oorgeklankte Duitse en Franse reekse en flieks wat laat Vrydagaande
uitgesaai word. Dis rêrig puik, en 'n welkome afwisseling van die
geykte Amerikaanse goed.

> Ek WIL sien wat Suid-Afrika BUITEKANT die ysterbrille van die
> "Afrikaner...tra, la laaaaa..." dink en doen. Hel! Ek hou van daai
> ouens! Hulle is baie keer lekker mense en sommige is selfs my pals
> ook! Ek WIL die SA sokkerspan sien speel in die komende reeks!
> So, ek is vir die "haal uit en wys"- argument wanneer dit kom by 'n
> Afrikaanse TV-stasie, maar ek wil ook die SAUK en M-Net sien!

Weereens, ek dink jy begryp mense se besware verkeerd. Die beswaardes
is nie gekant teen die uitsaai van nie-Afrikaanse materiaal nie. Dis
die voortrek van *Engels* ten koste van Afrikaans om die ander tale te
akkomodeer. Persoonlik verwelkom ek die ander amptelike tale op TV,
maar dan moet Engels ook inboet.

> By the way, M-Net is NET Engels! Stel jy voor Afrikaners moet M-Net
> ook boikot? Begin so 'n beweging.

In die eerste plek, M-Net is nie slegs Engels nie. Daar is minstens
die tweetalige seepopera, Egoli (nee ek kyk *beslis* nie na seepoperas
nie :-)). Alhoewel ek nie self op M-Net inteken nie, verstaan ek dat
mens 'n Afrikaanse klankbaan kon (kan?) kies selfs vir Engelse flieks.
Miskien is dit nie (meer) die geval nie. Ek hoor dat M-Net dit ook
oorweeg om 'n Afrikaanse betaalkanaal in die lewe te roep. Kan iemand
dit bevestig?

Afgesien daarvan, gee M-Net nie voor dat hy die "publieke uitsaaier" is
nie. Jy het die keuse om in te teken, en jou intekengelde te betaal,
of nie. Met SAUK, is jy verplig om hul lisensiefooie te betaal as jy
'n TV ontvanger besit.

> En as jou beginsel is dat omdat die SAUK met publieke geld aan die
> gang gehou word, moet hy die land se tale "regverdig" (d.w.s. in
> verhouding tot die aantal praters van die taal in die land) behandel,
> begin 'n beweging dat alle openbare kennisgewings ook so gehanteer
> moet word. En die Staatskoerant. En die debatte in die Parlement. En
> gedinge en uitsprake in die howe. Ek al die lesings aan universiteite
> - hulle kry mos ook staatsgeld- en die skole. Dring aan op Zulu,
> Sotho, Tswana en Xhosa in jou kind se skool ook - in die korrekte
> persentasies.

Sover my kennis strek, moet openbare staatskennisgewings in die
amptelike tale van die provinsie verskyn (Afrikaans, Engels en Zoeloe,
in die geval van KwaZoeloe Natal). Wetgewing in die parlement moet in
al elf amptelike tale verskyn. Daar is al heelwat mense wat beswaar
maak teen die oorwegende gebruik van Engels in die parlement.
Terloops, dis interessant om te let dat, in Switserland, met sy vier
amptelike tale, al die tale gelyke status in die parlement het. Dit
sluit Reto-Romaans in, wat deur slegs een persent van die bevolking
gepraat word. Die vier amptelike tale verkyn ook op die land se
banknote.

Myns insiens moet skole in ieder geval nie deur die staat bedryf word
nie (TV-stasies ook nie), en skole moet eerder die behoeftes van die
ouers en hul kinders weerspieël, nie een of ander staatsideologie nie -
hetsy apartheid, hetsy "multikulturalisme". As 'n skool dan besluit
om multikultureel, uitsluitlik Joods, Moslem, Afrikaans, of watookal te
wees, is dit die skool se saak. Wie de hel is die politici om voor te
skryf?

Wat die hele TV-taaldebat betref, het ek nou-die-dag 'n voorstel êrens
gelees wat vir my nogal sin maak. Hoekom plaas die SAUK nie 'n vraelys
op sy lisensiebetaalstrokies nie? Hierop kan mense dan aandui wat hul
taalvoorkeur is. Dit sal al hierdie stryery oor die taalverhoudings
van die kykers uitskakel. Die lisensiebetalers, wat eintlik die reg
het om te besluit, sal dan direk kan aandui wat hulle taalvoorkeure
is.
---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/ =

------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5240 is 'n antwoord op boodskap #5199] Di, 16 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
de...@aqua.ccwr.ac.za (Reinier de Vos) wrote:

> Ek dink nie mense maak beswaar teen die *bestaan* van die SAUK nie
> (alhoewel ek persoonlik gekant is teen staatsuitsenders, alhoewel die
> SAUK nou veronderstel is om "onafhanklik" te wees. Ba!).

Waarom vra jy dan dat Afrikaners hulle van die SAUK moet losmaak. Die
SAUK boikot en selfs hul TV-stelle laat verseel?
Die SAUK van die oomblik is baie meer onafhanklik as onder die ou
bedeling.
Onthou jy PW, die Pik en Cliff-show en die Broederbond wat alles van
agter skerm beheer. En dan wonder 'n mens nog oor militere
intelligensie by die SAUK in die verlede. En dan kon Broeder-dominees
wat besware teen kinder-tekenprente gehad het (een was die reekd
Rainbow Brite, dink ek) eenvoudig inbel en die hele bleddie program
verdwyn net van die lug af?

die voortrek van *Engels* ten koste van Afrikaans om die ander tale te[/color]
> akkomodeer. Persoonlik verwelkom ek die ander amptelike tale op TV,
> maar dan moet Engels ook inboet.>>>

Voortrek in terme van wie se standaarde? En watter standaarde? As ek
dit nie mis het nie gaan daar altesame sowat 14 persent Afrikaans op
TV wees - omtrent die persentasie van die Afrikaners in die land.
En moet nie by my kom met die Stigting vir Afrikaans se syfers nie.
As 'n mens die frase: "Ja my baas ek sal hom grawe die gat hier"
verstaan, is jy nie Afrikaans nie.
En wat is die voorkeur-taal vir TV vir die meerderheid van SA?


die tweetalige seepopera, Egoli (nee ek kyk *beslis* nie na seepoperas[/color]
> nie :-)). Alhoewel ek nie self op M-Net inteken nie, verstaan ek dat
> mens 'n Afrikaanse klankbaan kon (kan?) kies selfs vir Engelse flieks.
> Miskien is dit nie (meer) die geval nie. Ek hoor dat M-Net dit ook
> oorweeg om 'n Afrikaanse betaalkanaal in die lewe te roep. Kan iemand
> dit bevestig?>>>

Twee gemengde soapies maak die kanaal Afrikaans genoeg? Ek is seker
die SAUK sal oor sy voete val vir so 'n voorstel. Die tweede kanaal
in Afrikaans is lank al nie meer 'n werklikheid nie.
ultiChoise is bereid om 'n Afrikaans kanaal uit te saai. Die beteken,
die stasie moet deur ander op die been gebring word en die programme
moet gemaak word. Dan gaan hulle in 'n kontrak met MC wat dit
uitsaai. Dit sal waarskynlik beteken dat iemand wat dit wil opvang,
'n skottel en dekodeerder moet kry en so R90 per maand moet betaal
daarvoor.

nie. Jy het die keuse om in te teken, en jou intekengelde te betaal,[/color]
> of nie. Met SAUK, is jy verplig om hul lisensiefooie te betaal as jy
> 'n TV ontvanger besit.>>>

-Net het oop tyd. Dan is hy 'n publieke uitsaaier.
Ek neem aan as jy nie jou lisensie-geld betaal nie, gaan jy ook nie
na die Springbokke en die All Blacks kyk nie. Ek neem aan jy het nie
na die rugby-wereldreeks gekyk nie en ook nie na die krieket nie?


amptelike tale van die provinsie verskyn (Afrikaans, Engels en Zoeloe,[/color]
> in die geval van KwaZoeloe Natal). >>>

Het nog nooit padtekens in daardie tale gesien nie.

al elf amptelike tale verskyn. >>[/color]

Onwaar, dink ek. Dit verskyn nie in al die tale nie. Op aanvraag kan
jy die dokumente in daardie tale kry. Maar jy gaan lank wag vir die
vertalings en die ekstra drukwerk.
Ons sal natuurlik meer belasting moet betaal om die luukse ten volle
in werking te stel.
Elf keer meer mense, dienste en drukwerk en so aan.
Maar jy voel sterk oor die saak en neem aan jy sal daardie hoe"r
belasting verdedig.
Die debatte is ook in Engels.
Daar was 'n paar komitees waarin een of twee mense Afrikaans begin
praat het. Dan het van die ANC-mense in Xhosa begin praat en toe was
almal baie gou terug in die meeste se tweede taal - Engels.


maak teen die oorwegende gebruik van Engels in die parlement.>>[/color]

'n Paar, nie heelwat nie. Wat gaan hulle maak as die Parlement al elf
tale begin gebruik? Hulle kan twee verstaan!!!!
Wat gaan gebeur as 'n landwye referendum uitgeskryf word om
taal-voorkeure vas te stel? Sal jy jou neerle by die uitslag?


amptelike tale, al die tale gelyke status in die parlement het. Dit[/color]
> sluit Reto-Romaans in, wat deur slegs een persent van die bevolking
> gepraat word. Die vier amptelike tale verkyn ook op die land se
> banknote.>>>

Dis Switserland. Die is Suid-Afrika.


nie>>>[/color]

Wie moet dit bedryf? Waar gaan die geld vandaan kom? Wie gaan die
onderwysers oplei? Wat gaan die leerplan wees? Wie gaan onderwys swot
as sy nie op 'n werk en vaste strukture en standaarde kan reken nie?


>

Ek reken daar is beslis 'n noodsaaklikheid vir 'n staats-ondersteunde
TV-stasie. Saam met die onafhanklikes.
In Suid-Afrika is daar nie juis plek vir meer onafhanklike TV as
-Net nie. Nie genoeg kykers en geld nie.
En M-Net sal nie aan nuus raak nie want 'n nuus-diens is bitter duur
en werk teen 'n verlies.
As jy nuus wil he, moet jy 'n publieke uitsaaier aanvaar.

ouers en hul kinders weerspieël, nie een of ander staatsideologie nie ->>[/color]
hetsy apartheid, hetsy "multikulturalisme". As 'n skool dan besluit
> om multikultureel, uitsluitlik Joods, Moslem, Afrikaans, of watookal te
> wees, is dit die skool se saak. Wie de hel is die politici om voor te
> skryf?>>

En die behoeftes word natuurlik deur die meerderheid vasgestel.

Weet jy hoeveel kos dit om 'n skool te bedryf sonder staatshulp?
Wie het so R80,000 per jaar per kind?
Wat word van 'n land waar net die super-rykes kan lees en skryf?
So 'n land sink so vinnig weg in geweld, armoede en revolusie dis net
nie snaaks nie.


op sy lisensiebetaalstrokies nie? Hierop kan mense dan aandui wat hul[/color]
> taalvoorkeur is. Dit sal al hierdie stryery oor die taalverhoudings
> van die kykers uitskakel. Die lisensiebetalers, wat eintlik die reg
> het om te besluit, sal dan direk kan aandui wat hulle taalvoorkeure
> is.>>>

Die keuse moet natuurlik nie net een keer gedoen en dan in metaal
gegiet word nie.
Dit sal elke jaar gedoen moet word. Met ander woorde as die
meerderheid dan oor so vyf jaar NET Xhosa en Zulu vra, neem ek aan jy
sal as 'n demokraat daarmee saamgaan en dit ondersteun.

Toevallig: Die maklikste oplossing vir die SAUK om die stomp swaardjie
van die lisensiegeld is om lisensies af te stel en die SAUK
regstreeks uit staatskanale te befonds.


Cheers,
Ferdi
DS: [AFRIKAANS:5612] Re: Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5283 is 'n antwoord op boodskap #5199] Do, 18 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 15:25
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5612] Re: Afrikaans op SAUK-TV

In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):

>> Voortrek in terme van wie se standaarde? En watter standaarde? As ek
>> dit nie mis het nie gaan daar altesame sowat 14 persent Afrikaans op
>> TV wees - omtrent die persentasie van die Afrikaners in die land.

Jy het dit mis. Huidiglik word Afrikaans vir heelwat minder as 50% van die
tyd op een van drie kanale gebruik. Dit gee minder as 17%. Die
syfers vir die nuwe SAUK is meer in die lyn van 1,8% wat aansienlik
minder is as die persentasie Afrikaners(+-8%) - laat staan nog die
persentasie mense waarvan die moedertaal Afrikaans (14%) is.

>> 'n Paar, nie heelwat nie. Wat gaan hulle maak as die Parlement al elf
>> tale begin gebruik? Hulle kan twee verstaan!!!!

Wat natuurlik beteken dat die parlement elitisties is. Slegs mense
wat Engels magtig is kan parlement toe gaan. Dit herinner sterk aan
die vorige eeu. In die Kaap in Afrikaner kiesafdelings het mense in
die straat rondgeloop om mense te vind wat Engels magtig is sodat
hulle vir die parlement kan staan. Pragtige demokrasie.
=======================================================
Freek Eek
Re: DS: [AFRIKAANS:5612] Re: Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5330 is 'n antwoord op boodskap #5283] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Robert Wagenaar wrote:


>'n Paar, nie heelwat nie. Wat gaan hulle maak as die Parlement
al elf
>>> tale begin gebruik? Hulle kan twee verstaan!!!!

> Wat natuurlik beteken dat die parlement elitisties is. Slegs mense
> wat Engels magtig is kan parlement toe gaan. Dit herinner sterk aan
> die vorige eeu. In die Kaap in Afrikaner kiesafdelings het mense in
> die straat rondgeloop om mense te vind wat Engels magtig is sodat
> hulle vir die parlement kan staan. Pragtige demokrasie.
> =======================================================
> Freek Eek>>>

Elitisties?!
Slegs Engelse kan Parlement toe gaan?
Waar woon jy?
Waarvan praat jy?
Vorige eeu? Wat gaan hier aan? Ek dag ons praat van 1995....
(Het jy nie maar net 'n probleem met donker velle nie?)
DS: [AFRIKAANS:5689] Re: Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5369 is 'n antwoord op boodskap #5199] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 20:29
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5689] Re: Afrikaans op SAUK-TV

Een faktor wat ook in berekening gebring moet word is hoe wyd die
verskillende senders se seine versprei word. Sover ek weet is die
wydste sein verspreiding vir die huidige TV1. Afrikaans sal dus nog
minder dekking kry as wat die syfers toon.

Nico

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):
>
>>> Voortrek in terme van wie se standaarde? En watter standaarde? As
>>> ek dit nie mis het nie gaan daar altesame sowat 14 persent
>>> Afrikaans op TV wees - omtrent die persentasie van die Afrikaners
>>> in die land.
>
> Ek antwoord:
>
>> Jy het dit mis. Huidiglik word Afrikaans vir heelwat minder as 50%
>> van die tyd op een van drie kanale gebruik. Dit gee minder as 17%.
>> Die syfers vir die nuwe SAUK is meer in die lyn van 1,8% wat
>> aansienlik minder is as die persentasie Afrikaners(+-8%) - laat
>> staan nog die persentasie mense waarvan die moedertaal Afrikaans
>> (14%) is.
>
> Ek het die naweek nou die presiese getal gekry. Die SAUK gaan 19%
> van SABC1 (huidige CCV) se tyd aan Afrikaans toeken. Dit is nog nie
> mooi duidelik hoe die senders gaan verander om kanale by watter
> plekke te kry nie. Afrikaans sal dus op sy beste 6.3% kyktyd op
> SAUK TV kry. Op hierdie stadium is dit ook nie mooi duidelik of
> "kyktyd" met hierdie berekening insluit die tyd wat oorsese kanale
> herlei word op die SAUK senders nie. Dit is ook nie duidelik watter
> kanale vir 24 uur gaan uitsaai nie.
> ======================================================= Freek Eek
>
>

Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
Faks +27 12 474984

ARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
made in limited volumes by entrepreneurs
http://www.exafrica.com/

Eieblad http://www.matt.csir.co.za/mattek/staff/nvddus/ "Personal Page"
DS: [AFRIKAANS:5670] Re: Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5376 is 'n antwoord op boodskap #5199] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 10:02
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5670] Re: Afrikaans op SAUK-TV

In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):

>> Voortrek in terme van wie se standaarde? En watter standaarde? As ek
>> dit nie mis het nie gaan daar altesame sowat 14 persent Afrikaans op
>> TV wees - omtrent die persentasie van die Afrikaners in die land.

Ek antwoord:

> Jy het dit mis. Huidiglik word Afrikaans vir heelwat minder as 50% van die
> tyd op een van drie kanale gebruik. Dit gee minder as 17%. Die
> syfers vir die nuwe SAUK is meer in die lyn van 1,8% wat aansienlik
> minder is as die persentasie Afrikaners(+-8%) - laat staan nog die
> persentasie mense waarvan die moedertaal Afrikaans (14%) is.

Ek het die naweek nou die presiese getal gekry. Die SAUK gaan 19%
van SABC1 (huidige CCV) se tyd aan Afrikaans toeken. Dit is nog nie
mooi duidelik hoe die senders gaan verander om kanale by watter
plekke te kry nie. Afrikaans sal dus op sy beste 6.3% kyktyd op SAUK
TV kry. Op hierdie stadium is dit ook nie mooi duidelik of "kyktyd"
met hierdie berekening insluit die tyd wat oorsese kanale herlei word op
die SAUK senders nie. Dit is ook nie duidelik watter kanale vir 24
uur gaan uitsaai nie.
=======================================================
Freek Eek
DS: [AFRIKAANS:5698] Re: Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5397 is 'n antwoord op boodskap #5199] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 10:46
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5698] Re: Afrikaans op SAUK-TV

Nico skryf:

> Een faktor wat ook in berekening gebring moet word is hoe wyd die
> verskillende senders se seine versprei word. Sover ek weet is die
> wydste sein verspreiding vir die huidige TV1. Afrikaans sal dus nog
> minder dekking kry as wat die syfers toon.

Tans is dit so, maar ek verstaan dat Sentech op bystand is om die
seinverspreiding te verander saam met die programinhoud veranderinge.
Dit is een van die redes waarom hulle met die OUO bots. Hulle het
lisensies om bv. TV1 (Afrikaans en Engels) op sekere frekwensies in
sekere gebiede te versprei. Met hulle veranderinge gebruik hulle
dieselfde frekwensies in dieselfde gebiede, maar CCV se frekwensie
sal nie oral vir SABC1 gebruik word nie, of TV1 se frekwensies vir
SABC3 nie. Dit is in elk geval wat ek verstaan vanuit die berigte
oor Sentech wat seinherleidings moet verander. Dit verklaar ook die
sogenaamde "blackout" wat vir 'n rukkie beplan word tydens hulle
oorgang. Die amptelike weergawe is dat dit is om die einde van die
ou bedeling aan te dui.
=======================================================
Freek Eek
Re: DS: [AFRIKAANS:5670] Re: Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5415 is 'n antwoord op boodskap #5376] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
van SABC1 (huidige CCV) se tyd aan Afrikaans toeken. Dit is nog nie[/color]
> mooi duidelik hoe die senders gaan verander om kanale by watter
> plekke te kry nie. Afrikaans sal dus op sy beste 6.3% kyktyd op SAUK
> TV kry. Op hierdie stadium is dit ook nie mooi duidelik of "kyktyd"
> met hierdie berekening insluit die tyd wat oorsese kanale herlei word op
> die SAUK senders nie. Dit is ook nie duidelik watter kanale vir 24
> uur gaan uitsaai nie.
> =======================================================
> Freek Eek>>>

Ek het vandag ook gaan kyk, my ingeligte skatting is vervat in die
volgende wat ek as 'n posting wou los:

"'n Paar interresante feite in die ingroei-toonnael-debat:
Omtrent 14 persent van die kanaal waar Afrikaans gaan resorteer, gaan
in Afrikaans wees.
Die totale Afrikaans op al die kanale lyk asof dit tussen 2 en so 5
persent gaan wees.
Oor huidige kykpatrone: Daar is op die oomblik nie Afrikaanse
programme onder die gewildste kykstof nie.
Engelse nuus is hoog op die lys. Afrikaanse nuus nie."

Ferdi
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5495] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply
Volgende onderwerp: Die nuwe SABC TV
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:07:15 MGT 2024