| Die nuwe SABC TV [boodskap #5713] |
Di., 06 Februarie 1996 00:00  |
Wilhelm Nel
Boodskappe: 12 Geregistreer: Februarie 1996
|
Junior Lid |
|
|
Ons het darem nou al almal 'n eerste aand voorsmakie van die nuwe SABC TV
gekry, dis nou vir my koddig dat niemand op hierdie nuusgroep al iets te
sê gehad het daaroor nie. Goeie teken, dit lyk my die ouens wat nie TV
lisensie betaal nie is ook nie roofkykers nie. Ek hoop die adverteerders
merk dit op.
Waar's daai raasbek Koos Ferdi (ek terg sommer, dit gaan net oor jou
volume pos, tweede slegs na Robert se aanvulling van die poslys),
hoe hou jy van die formaat en inhoud?
Sonder afstandbeheer stoei 'n mens maar in die wanorde, ek vermoed daar
rus 'n enorme taak op die SAUK om selfs van my 'n roofkyker te maak!
Wilhelm
|
|
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SABC TV [boodskap #5739 is 'n antwoord op boodskap #5713] |
Do., 08 Februarie 1996 00:00  |
Ant Man
Boodskappe: 41 Geregistreer: Januarie 1996
|
Volle Lid |
|
|
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
>
> 'n Kolega by die werk het laat gisteraand (Maandagaand) verveeld oor
> die kanale gesurf en sy se sy kon omtrent net Afrikaans kry!
Ek dink jou kollega kyk na ander kanale as die wat die SABC nou het (miskien moet hy ons vertel na watter kanale hy kyk want daar blyk meer Afrikaans op te wees as wat die SABC nou vir ons opdis). Ek het gou deur die skedules gekyk. Maandagaand was Beverly Hills 90210 en daarna Bewakers van die Buitenste Ruim die enigste twee Afrikaanse programme op die TV (alle SABC kanale ingesluit). Weet nie hoe jou kollega kon "gesurf" het op soek na Afrikaanse programme nie want dit is slegs SABC 2 wat Afrikaanse programme uitsaai. Skies, ek sien daar is darem so een of twee Afrikaanse kinderprogramme per week op SABC 1. SABC 3 saai uitsluitlik in Engels uit.
>
> Ek het darem Maandag-oggend so halfnege die TV vir so vyf minute
> aangesit uit nuuskierigheid en raai wat kry ek: 'n Afrikaanse
> tekenfliek! (Iets van 'n hasie).
Ja dit was Blokkies die Towerhasie. 'n Afrikaanse kinderprogram van sowat 10 minute binne 'n see van Engelse kinderprogramme.
> Lyk my daars net Afrikaans op!
> (Ek weet dit is die teenoorgestelde, dit net snaaks hoe lukrake
> ervaring patrone verkeerd kan weergee.)
Antonie
|
|
|
|