Vir die taalkundiges [boodskap #30319] |
Do, 04 Mei 2000 00:00 |
Pw Botha
Boodskappe: 19 Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ons sit vanoggend en luister radio na Jakaranda FM en Deriek se toe dat "die
luiperd van vandag is die kameelperd van more"
Nou wonder ons net hoe byvoorbeeld het hulle besluit op die naam van bv 'n
olifant. Hoekom nou juis olifant en nie iets anders nie, waar kom dit
vandaan
vra maar net
|
|
|
Re: Vir die taalkundiges [boodskap #30320 is 'n antwoord op boodskap #30319] |
Do, 04 Mei 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Krokkie wrote:
> Nou wonder ons net hoe byvoorbeeld het hulle besluit op die naam van bv 'n
> olifant. Hoekom nou juis olifant en nie iets anders nie, waar kom dit
> vandaan
>
Hier is die woord "olifant" se herkoms:
"Old French: olifant,elifant
from Vulgar Latin : olifantus
Latin: elephantus
from Greek: elephas (stem elephant-)
akin to Hamitic elu + ephas,
akin to Egyptian abu, elephant, ivory"
(American Heritage Dictionary.)
|
|
|
Re: Vir die taalkundiges [boodskap #30321 is 'n antwoord op boodskap #30319] |
Do, 04 Mei 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Krokkie wrote:
> maar graag wil ons weet die oorsprong van die
> eerste verwysing na die woord in bv die eerste taal moontlik "abu". Hoe het
> dit bv ontstaan, baie soos die "skepping van taal"
>
Wel, ek neem aan dat die Arabiere dit heelwaarskynlikgekry het by mense in
Afrika. Die Arabiere het met die
ooskus van Afrika baie lank al handelgedryf in hulle
dhows. So dus heelwaarskynlik 'n woord van Afrika
wat sy draai in Europa gaan maak het, via die
Arabiere.
As jy nou wil weet van "die skepping van taal " -
dit is 'n perd van 'n ander kleur. Daar is verskillende
skole van opinies oor hoe "taal" ontstaan het. Die mees
algemene is seker die een wat aandui dat dit maar net
die gesofistikeerde geluide wat diere maak is wat in
die sogenaamde tale ontwikkel het.
Afrikaans behoort aan die Germaanse groep van
tale, wat weer 'n afdeling is van die Indo-Europese
taalgroep. Indo-Europees se bakermat was oorspronklik
in die noorde van wat vandag Indie is. Sanskrit (wat nog
vandag as taal in die godsdiens van die Hindu bestudeer
en gebruik word ) is ook 'n lid van hierdie taalgroep.
Dit is egter interessant om te sien dat die Sanskrit vir
"olifant" die volgende is "gajah" (met 'n klein dot onder
die -h-.) In sy weswaartse beweging het die ou stamtaal
van Afrikaans dus sy oorspronklike woord vir olifant
verloor. Eers toe hulle na baie eeue in aanraking kom
met die Arabiere het hulle die woord opgetel wat die
Arabiere heelwaarskynlik aan die ooskus van Afrika
opgetel het. Dit het in die taal van die Grieke ingekom,
die Grieke het dit heelwaarskynlik aan Latyn geleen.
Latyn was wyd gebruik as skooltaal in die Middeleeue
in Europa. Ook het dit in Frans ingekom, wat tog maar
net "pidgin" Latyn is.
Olifante was natuurlik nie onbekend in Europa nie.
Hannibal het uit Noord-Afrika vir Italie ingeval met 'n
klomp olifante van oor die Alpe (ek neem aan hy het
hulle oor die water na Europa gebring en toe vir Italie
van uit die noorde aangeval.) Wat 'n gesig: 'n klomp
olifante wat met die Alpe afgery kom.
Die tannie wat al die plant
"olifants-ore" gesien het.
|
|
|
Re: Vir die taalkundiges [boodskap #30322 is 'n antwoord op boodskap #30319] |
Do, 04 Mei 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Riaan wrote:
> Ek sal ook graag wil weet hoe het dit gebeur dat dieselfde woord 2
> betekenisse kan het wat totaal van mekaar verskil afhangende hoe dit gebruik
> word,
> Of dat dieselfde woord in meer as een taal gebruik word met ook redelike
> groot verskille.
>
>
Mens kan nie veralgemeen hier nie. Elke woordhet sy eie geskiedenis.
Interessant is byvoorbeeld
vir my die feit dat dieselfde ou Germaanse woord
geboorte gegee het aan die Engelse woord "queen"
en die Nederlanse "kween" (wat glo iets soos "viswyf"
beteken.)
Neem ook byvoorbeeld die woord "boom" in
Afrikaans. In Goties ( een van die Oos-Germaanse
tale) was daar twee woorde vir boom: "bagm" en
"triu." In Nederlands het die woord "boom" gewen.
In Engels het ons "tree." Maar ons het tog ook nog
in Engels die woord "beam." Daar, verskuil, is ons
woord boom nog.
Engels is natuurlik 'n besondere geval. Eers het
hulle baie suiwerder Germaans gepraat. Maar toe
kom val die Franse hulle in en begin Frans (pidgin
Latyn) praat. So in Engels het ons baie dubbele
woorde vir dieselfde ding: "begin" en "commence"
byvoorbeeld. Maar basies is beide Germaans en
Latyn lede van dieselfde taalgroep..
Tant Totie
|
|
|
Re: Vir die taalkundiges [boodskap #30323 is 'n antwoord op boodskap #30319] |
Do, 04 Mei 2000 00:00 |
Pw Botha
Boodskappe: 19 Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
@home.com wrote in message ...
> Krokkie wrote:
>
>> Nou wonder ons net hoe byvoorbeeld het hulle besluit op die naam van bv 'n
>> olifant. Hoekom nou juis olifant en nie iets anders nie, waar kom dit
>> vandaan
>>
>
> Hier is die woord "olifant" se herkoms:
>
> "Old French: olifant,elifant
> from Vulgar Latin : olifantus
> Latin: elephantus
> from Greek: elephas (stem elephant-)
> akin to Hamitic elu + ephas,
> akin to Egyptian abu, elephant, ivory"
> (American Heritage Dictionary.)
Dankie vir daardie info , maar graag wil ons weet die oorsprong van die
eerste verwysing na die woord in bv die eerste taal moontlik "abu". Hoe het
dit bv ontstaan, baie soos die "skepping van taal"
Dankie
|
|
|
Re: Vir die taalkundiges [boodskap #30324 is 'n antwoord op boodskap #30319] |
Do, 04 Mei 2000 00:00 |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sal ook graag wil weet hoe het dit gebeur dat dieselfde woord 2
betekenisse kan het wat totaal van mekaar verskil afhangende hoe dit gebruik
word, veral by vloekwoorde.
Of dat dieselfde woord in meer as een taal gebruik word met ook redelike
groot verskille.
Ek onthou nog my oumagrooitjie het na die teelplaas verwys as die fokkery
Ek glo nie dit is nodig om meer voorbeelde te plaas nie.
|
|
|
Re: Vir die taalkundiges [boodskap #30381 is 'n antwoord op boodskap #30319] |
So, 07 Mei 2000 00:00 |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Engels het nog die verdere onderskeiding dat die Pikte, Kelte en Dene
(hoewel Deens seker meer Germaans is) geweldige bydraes tot hulle taal
gemaak het, so hulle het dikwels 4 of 5 verskillende woorde vir dieselfde
ding, maar elkeen het so 'n bietjie ander nuanse - dis wat Engels so
plooibaar maak.
Groete,
Dries
@home.com wrote in message ...
> Engels is natuurlik 'n besondere geval. Eers het
> hulle baie suiwerder Germaans gepraat. Maar toe
> kom val die Franse hulle in en begin Frans (pidgin
> Latyn) praat. So in Engels het ons baie dubbele
> woorde vir dieselfde ding: "begin" en "commence"
> byvoorbeeld. Maar basies is beide Germaans en
> Latyn lede van dieselfde taalgroep..
|
|
|
Re: Vir die taalkundiges [boodskap #30382 is 'n antwoord op boodskap #30319] |
So, 07 Mei 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> - dis wat Engels so
> plooibaar maak.
>
Ek wonder of Engels nou wel so "meer plooibaar"
as Afrikaans is. Mense onderskat Afrikaans as
taal-instrument. Omdat die klassieke grammatikale
struktuur al hoe minder 'n rol speel, is dit al hoe meer
moontlik om van allerhande modaliteite en van aspek
gebruik te maak. (Aspek: of die werkwoord inchoatief,
duratief of perfektief is.) Dis daarom dat Engelse so
baie kla dat hulle nie vir Afrikaans totaal onder die knie
kan kry nie, want daar is subtiele nuanses wat baie
moeilik aangeleer kan word.
Gloudina
|
|
|
Re: Vir die taalkundiges [boodskap #30416 is 'n antwoord op boodskap #30319] |
Ma, 08 Mei 2000 00:00 |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Goed, maar ek het nie gesê Engels is m��r plooibaar as Arikaans nie. Maar
dit is 'n taal wat baie ryk is - hy het byv meer woorde as ENIGE ander taal,
en die feit dat jy gewoonlik uit 4 of 5 woorde kan kies om iets mee uit te
druk, maak dit noodwendig ook ryker. Wat Afrikaans wél doen is om dieselfde
woord/begrip in verskeie wyd uiteenlopende situasies uitstekend te gebruik -
vandaar die nuanses wat jy van praat.
Maar ek wil nou nie noodwendig 'n taalbaklei opsit met 'n eks Afr
onderwyseres nie - ek sal dalk tweede kom.
Groete,
Dries Venter
@home.com wrote in message ...
> Dries Venter wrote:
>
>> - dis wat Engels so
>> plooibaar maak.
>>
>
> Ek wonder of Engels nou wel so "meer plooibaar"
> as Afrikaans is. Mense onderskat Afrikaans as
> taal-instrument. Omdat die klassieke grammatikale
> struktuur al hoe minder 'n rol speel, is dit al hoe meer
> moontlik om van allerhande modaliteite en van aspek
> gebruik te maak. (Aspek: of die werkwoord inchoatief,
> duratief of perfektief is.) Dis daarom dat Engelse so
> baie kla dat hulle nie vir Afrikaans totaal onder die knie
> kan kry nie, want daar is subtiele nuanses wat baie
> moeilik aangeleer kan word.
>
> Gloudina
>
|
|
|