Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Swart en wit pedagogiek
Re: Swart en wit pedagogiek [boodskap #27360] Thu, 14 October 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Gloudina verwys na die pot-heuning wat sy in sg. swart-onderwys kon verdien.

Barrie, iemand anders het begin praat oor die feit dat ek " 'n pot goud"
konverdien, blykbaar omdat ek aangedui het dat ek meer verdien het as my swart
kollegas (wat almal universiteitsgrade gehad het, net soos ek.) Mag ek ook
aandui dat in my dae vroue (wit en swart) minder verdien het as mans.

leerplanne noukeurig saamgestel was deur 'n instituut

Ja, voor die "maklike" Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat
ingekom het, het die skole die Cambridge Matriek geskryf.
Dit was eintlik baie moeilik vir swart studente om goed te doen,
want hulle moes dieselfde Engels A deurkom wat Engelse skoliere
in Engelse skole deurkom. Dan moes hulle nog Afrikaans B en
hulle eie taal (Zulu ens.) ook op die A vlak. MAAR, toe die
baie makliker Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat eksamens
ingevoer word, het hulle gerebelleer, want hulle het gevoel dat
hulle tweederangse onderwys begin kry, en te maklik deurgesit
word.

> wees om "onder" 'n swart Rektor of prinsipaal te werk. Wat ons gedoen
> het, was nie net
> om den brode nie.
>

Ja, Barrie, maar jy het ten minste die herinnering aan goeie dae. Alhoewelmens
ook maar moeilike studente kon kry. Ek onthou nou nog vir Lynwood
Mehlomakhulu. Hy was 'n Don Juan onder die meisies en kon net nie verstaan
dat ek ook nie vir sy flankeerdery sal val nie. Groot was sy verbasing toe ek
hom eendag na die prinsipaal stuur.

Gloudina (in Ottawa, Kanada
Vorige onderwerp: Sal niks meer sê nie!
Volgende onderwerp: Apres nous
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 02:24:54 UTC 2024