Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mymeringe.... was: Help uit, asb.
Mymeringe.... was: Help uit, asb. [boodskap #25270] |
Vr, 13 Augustus 1999 00:00 |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Gloudina skryf: Die ysstorm was darem maar net 'n fluke, Henry.
Gloudina, ek stem saam met omtrent alles wat jy sê. Die ysstorm was inderdaad buitengewoon, maar ek noem dit net om op die uiterste wisselingin klimaat en weer te wys.
In hierdie hoek van Pennsylvania weet hulle nie mooi wat om met die sneeu te doen in die winter nie - maar dan kry ons gelukkig nie te veel daarvan nie.
Ons woon in Bucks County, binne bereik van New York, Washington DC, Philadelphia, die New Jersey-kusoorde en die Pocono-berge.
Soggens ry ek al langs die pragtige Delawarerivier af werk toe op 'n pad wat aan die Tsitsikammawoude herinner. Dis ongelooflik mooi. En smiddae dieselfde pad terug. Die eekhorinkies en hasies, raccoons, muishonde en ander diertjies wat ek nie kan eien nie, omdat hulle vir my vreemd is, speel oor die pad heen en weer, en tussen die bome. Daar is takbokkies ook (nogal gevaarlik snags), en eenkeer het ek 'n majestueuse takbokram gesien, met die pragtigste horings. Dit was juis in die winter, en hy het gelyk of hy van Sinterklaas se slee ontsnap het.
Deel van my pad werk toe loop deur landerye, waar die oeste wissel na gelang van die seisoen. In die somer (soos nou) is daar padstalletjies wat vars vrugte en groente verkoop. Hulle begin hier laat-Mei, vroeg-Junie met die aarbeie (pick-your-own - nes in Stellenbosch) met die Strawberry Festival. In die herfs is dit Corn Maizes wat in die mielie landerye gemaak word (ek wonder of hulle die jaar, met die ergste droogte in 130 jaar, dit gaan herhaal), en hay rides. Einde Oktober is die lande vol groot oranje pampoene vir Halloween, en dan is daar "hayrides of horror" op die plase.
In ons dorpie is daar 'n verlate ou huis wat die hele jaar toestaan. Met Halloween kry hy nuwe lewe: 'n amateurgroep met die naam Midnight Productions maak elke jaar daarvan 'n spookhuis waar jy van begin Oktober tot die eerste week in November kan gaan ril en gril. As jy daar verbyry, hoor jy die mense binne gil. Verlede jaar was die plek "Bates Motel", kompleet met flikkerende neonteken: no vacancy.
Die herfskleure in die najaar is, hier waar ons bly, met een woord skouspelagtig. Dis 'n grootse skouspel wat oor alles troon. Die blare wissel van bloedrooi tot donkerbruin, van liggeel tot diepgoud en elke skakering tussenin.
So stap die jaar aan, deur Thanskgiving (wonderlike, unieke gesinsfees!) tot Kersfees, wanneer die tuine getooi staan in die wonderlikste ligvertonings waaraan jy kan dink, en ons saans gaan rondry, net om die liggies te sien. Verlede jaar het dit drie dae voor Kersfees gesneeu, en op Oukersdag - en Kersdag self - was die wêreld spierwit. Ons het die nege-uur diens in ons kerk bygewoon op Oukersaand, en dit was 'n ongelooflike ervaring om in die straat af te stap, met die straatligte wat op die sneeu weerkaats. Die Kersgesange het 'n ander dimensie gehad vir my, die aand. Veral toe die gemeente "Silent Night, Holy Night" gesing het en jy direk daarna weer in die sneeu uit is. Om die volgende oggend wakker te word, uit te kyk en die sneeu oor alles te sien en te weet dis Kersoggend, was 'n unike ervaring wat ek nooit, nooit sal vergeet nie. Die sneeu bedek alles, en die wêreld is sommer ook stiller - gedemp, half. Die stilte, die mooiheid van alles is onbeskryflik.
So kan ek liries raak oor ons ervaring van die seisoene hier. Iets wat ek ook altyd sal onthou, is die vuurvliegies. In die vroeë lente swerm hulle in ons tuin en tussen die struike. Die liggies wat heen en weer dartel en aan en af flikker is doodgewoon iets uit 'n sprokieswëreld. Om so deur die tuin te stap met die vuurvliegies om jou roep in my gedagtes die sterrevelde op, waarvan Totius in sy Psalmberyming geskryf het. (Wie onthou nog daardie Psalm - was dit Psalm 8? waar ons altyd gesing het van die "skugter maan" wat deur die "sterrevelde" gaan?)
Aits, Gloudina, waar maak ek nou draaie - en dit net omdat iemand gevra het vir meer inligting voor sy as au pair hierheen kom!
Groetnis uit Pennsylvania
Henry
|
|
|
Re: Mymeringe.... was: Help uit, asb. [boodskap #25293 is 'n antwoord op boodskap #25270] |
Sa, 14 Augustus 1999 00:00 |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan skryf:
|
> Henry, in een opsig het jy heeltemaal verAmerikaans!
Waarskynlik in meer as net een opsig, Johan! As ek so kyk na die beker ystee
in ons yskas, na die manier waarop ons lewenswyse aangepas het, ag - soveel
dinge wat nou anders is as drie jaar gelede, dan het ons lewens op subtiele
en nie-so-subtiele wyses nie verAmerikaans.
> Ek het hier kom ervaar hoe geweldig akkuraat die Amerikaners hulle
> omgewing kan weergee, veral in skilderye en tekeninge. Jou
> beskrywings is net so! Dis pragtig en gee my sommer so hoendervleis
> on myself daar in te leef.
Dankie, Johan, vir die kompliment. Destyds, in my studentejare, het ek nogal
op nstadium gedink aan skryf as 'n moontlike nering. Maar soos met soveel
ander dinge, het daardie droom ook maar verwelk en naderhand weggekwyn.
> Ek en my vrou bou baie aande legkaarte
Skadu's van die dae op die plot naby Nelspruit, toe ons saans om die
eetkamertafel gesit en Scrabble speel het, of Lexicon. Later was dit
Monopoly, legkaarte, en - toe die kinders begin grootword, Cluedo, Trivial
Pursuit en nog ander, te veel om nou aan te dink. Miskien is dit iets wat
ons moet laat herleef hier in ons huis... soveel gesellige aande strek
agtertoe terug, deur die jare, met almal so om die tafel. Toe ek heel klein
was, so 4 of 5, het ons 'n ruk lank op 'n plaas gewoon by Klipdrif, naby
Potchefstroom. Geen elektrisiteit nie, net kerse in blakers en gaslampe wat
geel lig in 'n groot plas op en om die tafel stort, en die heeltyd deur sis.
Ma en Pa, Ouma en Oupa om die tafel aan gesels na ete, en ons kinders wat
onderlangs met mekaar sit en korswel. En naderhand bed toe met een hand om
die kersvlam om te keer dat hy nie doodgaan nie.
> In Februarie hierdie jaar is ek een aand in 'n sneeu storm uit om te
> gaan melk koop - ek het my verlustig daarin om alles te ervaar - die
> uitklim uit die kar en stap in die sneeu - dan in die kafee (eintlik
> vulstasie) in en binne is dit so lekker warm en die vloer is so nat
> van die gesmelte sneeu en binne is die kleur oranje en buite is dit
> blou-grys-wit. Dan weer uit by die deur en die ys wat onder die Jeep
> se wiele kraak asof die hele kar uitmekaar val. Toe ek nou dié aand
> terug by die huis kom - is ons huis die een met die oranje lig wat na
> buite skyn deur die vallende sneeu - ek het sommer om die blok gaan ry
> net om dit weer te kan sien.
>
> Ons het nie ons huis met liggies versier nie, maar ek het van Mecanno
> 'n groot kruis gemaak en ons het 200 kersboom liggies daaraan
> vasgemaak en in die groot venster aan die voorkant van die huis gehou.
Jy skryf self alte lekker! Soos hulle hier sê: "thanks for sharing!"
|
|
|
Re: Mymeringe.... was: Help uit, asb. [boodskap #25294 is 'n antwoord op boodskap #25270] |
Sa, 14 Augustus 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 13 Aug 1999 20:17:06 -0400, "Kwarantyn" wrote:
|Soggens ry ek al langs die pragtige Delawarerivier af werk toe op 'n pad =
|wat aan die Tsitsikammawoude herinner. Dis ongelooflik mooi. En smiddae =
|dieselfde pad terug. Die eekhorinkies en hasies, raccoons, muishonde en =
|ander diertjies wat ek nie kan eien nie, omdat hulle vir my vreemd is, =
|speel oor die pad heen en weer, en tussen die bome. Daar is takbokkies =
|ook (nogal gevaarlik snags), en eenkeer het ek 'n majestueuse takbokram =
|gesien, met die pragtigste horings. Dit was juis in die winter, en hy =
|het gelyk of hy van Sinterklaas se slee ontsnap het.
|
|Deel van my pad werk toe loop deur landerye, waar die oeste wissel na =
|gelang van die seisoen. In die somer (soos nou) is daar padstalletjies =
|wat vars vrugte en groente verkoop. Hulle begin hier laat-Mei, =
|vroeg-Junie met die aarbeie (pick-your-own - nes in Stellenbosch) met =
|die Strawberry Festival. In die herfs is dit Corn Maizes wat in die =
|mielie landerye gemaak word (ek wonder of hulle die jaar, met die ergste =
|droogte in 130 jaar, dit gaan herhaal), en hay rides. Einde Oktober is =
|die lande vol groot oranje pampoene vir Halloween, en dan is daar =
|"hayrides of horror" op die plase.
|
Henry, in een opsig het jy heeltemaal verAmerikaans! (met apologie)
Ek het hier kom ervaar hoe geweldig akkuraat die Amerikaners hulle
omgewing kan weergee, veral in skilderye en tekeninge. Jou
beskrywings is net so! Dis pragtig en gee my sommer so hoendervleis
on myself daar in te leef.
Ek en my vrou bou baie aande legkaarte en so nou en dan is daar een
van Wysoki se skilderye betrokke. Dis so stylisties vierkantig en
kleurvol, maar dit vat jou nie baie seisoene hier om agter te kom dat
dit presies is soos dinge lyk nie.
Baie keer as ek verby 'n huis ry, sal ek dink: "My magtie, hy lyk nes
die een in die legkaart wat ons nou gebou het - selfde tipe vensters,
dak en alles."
In baie van die kunsgallerye hier sien 'n mens skilderye van winter
tonele waar die blou-grys sneeu om 'n huis lê en dan is die huis se
vensters sonder gordyne en die helder -amper donker - oranje lig skyn
daaruit. Voorheen sou ek dit as heeltemaal "soetsappig" beskou het,
maar ek het nou al in die twee winters wat ons hier is, sulke tonele
met my eie oë gesien en nou lyk daardie skilderye vir my meer soos
fotos!
In Februarie hierdie jaar is ek een aand in 'n sneeu storm uit om te
gaan melk koop - ek het my verlustig daarin om alles te ervaar - die
uitklim uit die kar en stap in die sneeu - dan in die kafee (eintlik
vulstasie) in en binne is dit so lekker warm en die vloer is so nat
van die gesmelte sneeu en binne is die kleur oranje en buite is dit
blou-grys-wit. Dan weer uit by die deur en die ys wat onder die Jeep
se wiele kraak asof die hele kar uitmekaar val. Toe ek nou dié aand
terug by die huis kom - is ons huis die een met die oranje lig wat na
buite skyn deur die vallende sneeu - ek het sommer om die blok gaan ry
net om dit weer te kan sien.
Ons het nie ons huis met liggies versier nie, maar ek het van Mecanno
'n groot kruis gemaak en ons het 200 kersboom liggies daaraan
vasgemaak en in die groot venster aan die voorkant van die huis gehou.
Ai , ek hoop nie ek raak ooit gewoond aan al die mooi goed nie!
soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."
=|:^)
Johan
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 23 16:23:36 MGT 2024
|