Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Digkuns in beweging
Digkuns in beweging [boodskap #25239] Di, 10 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Gister moes ek inderhaas New York toe. In die subway het
hulle onder andere kort gedigte aan die binnekant van die
treine - noem dit poetry in motion. Hierdie een* het my
besonder getref (my vrye vertaling - die oorspronklike
Engels is onderaan):

Dat jy weg is steek deur my hart
soos gare deur 'n naald -
en die rygdrade loop deur alles wat ek doen

Dis nogal iets om oor te besin, die ding dat digkuns so
deel is van die daaglikse lewe in New York, dat dit selfs
in die subway te lese is. Laasjaar, dink ek, het die een of
ander anonieme persoon in Los Angeles groot
advertensieborde gehuur en gedigte daarop laat plaas - teen
ongeveer $10 000,00 'n slag. Nie sommer net gedigte nie;
elkeen is versigtig gekies om kommentaar te lewer op die
omgewing, of om op die een of ander manier sinvol te wees
vir verbyjagende motoriste. As ek reg onthou, was daar
onder andere uittreksels uit TS Eliot se Preludes.

En vanoggend, op pad Philadelphia toe, ry ek by 'n
kolossale advertensiebord verby wat lui:
Loved the wedding.
Invite me to the marriage.
- GOD

Groetnis

Henry

* Your absence goes through me
like thread through a needle.
Everything I do is stitched with its color.
- E.S. Merwin (b. 1927)

Re: Digkuns in beweging [boodskap #25240 is 'n antwoord op boodskap #25239] Di, 10 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die gedigte is (soos die advertensies en kennisgewings) mooi op bordies
vasgesit - geen graffiti nie.

Of die NY subway skoon is? Skoon is seker relatief. Daar is geen graffiti
nie, en die treine is skoon. Die stasies is streng utilitaries - aaklig.
Lelik, lelik, lelik. Maar darem nie vuil nie. Dit stink nie (Parys s'n stink
glo so erg dat hulle daagliks tonne parfuum daar inpomp); niks vuils lê rond
nie - in elk geval nie wat ek gesien het nie. Dis net oud, en daar was
ooglopend nooit 'n poging om dit esteties aanvaarbaar te maak nie.
Washington DC s'n is mooi, skoon, netjies en alles. Wene s'n, waar ek
onlangs was, is wonderlik mooi, modern, ruim en skoon - self met videoskerms
wat die passasiers inlig en vermaak met nuus, humor en advertensies. In NY
se subway voel jy of jy in 'n vendusiekraal is. Maar ek moet toegee dis
vinnig en doeltreffend, baie gerieflik en uiters goedkoop: $1,50 per rit -
maak nie saak hoe ver jy ry of hoe dikwels jy moet oorklim nie. Vergelyk dit
met DC s'n, waar jy per sone betaal; soos ook in Londen en Wene, wat al
ander ervarings is wat ek het van molttreine. Parys s'n, destyds toe ek meer
as twintig jaar gelede die eerste keer daar was, was soos NY s'n: jy betaal
per rit, en nie per afstand nie. DC s'n gaan egter nog verder: jy betaal
meer as jy in spitstyd reis. Op 'n keer het ek besoek afgelê by die National
Gallery of Art, en op my terugrit my kaartjie voor spitstyd gekoop, en een
enkele minuut na die begin van spitstyd by my bestemming aangekom. Die
masjien waar jy jou kaartjie insteek aan die einde van jou reis wou my nie
deurlaat nie, en ek was verplig om ekstra reisgeld te gaan betaal.

Groetnis

Henry

Johan skryf
> Maw jy sê dis mooi op bordjies vasgesit - dis nie grafitti nie...?
>
> Is die NY subway skoon? - vry van grafitti verf - ek het iewers gehoor dit
> is....
Re: Digkuns in beweging [boodskap #25253 is 'n antwoord op boodskap #25239] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Kwarantyn, is jy en Flappie dieselfde persoon?

Ek sien een van hulle koop inkopies in Princeton. Gee een
van julle by die Universiteit klas?

Gloudina

Ja, Gloudina, ons is een persoon. Ek is Flappie wanner ek
van die kantoor af pos - soos nou. Want dan moet ek Remarq
gebruik. Flappie was ons pragtige miniatuur worshond wat in
Pretoria moes agterbly toe ons getrek het. Hy is al oud (12
jaar) en ons was bang hy oorleef nie die stres van die
oorsese vlug nie. Toe ons vir hom 'n goeie huis kry, met
mense wat hom goed versorg, het hy agtergebly, maar ek mis
hom nog elke dag. "Kwarantyn" is sommer maar 'n skuilnaam
sonder betekenis.

Nee, ek werk nie by Princeton nie ek woon in Newtown,
Pennsylvania ons kom per geleentheid in Princeton, want dis
net sowat 40 tot 45 minute van ons af per pad.

Groetnis

Henry (aka Flappie / Kwarantyn)

Re: Digkuns in beweging [boodskap #25254 is 'n antwoord op boodskap #25239] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Kwarantyn wrote:

> Ja, die gedigte is (soos die advertensies en kennisgewings) mooi op bordies
> vasgesit - geen graffiti nie.
>
> Of die NY subway skoon is? Skoon is seker relatief. Daar is geen graffiti
> nie, en die treine is skoon.
> Groetnis
>
> Henry

Daar is sommige van ons wat hunker na die ou dae toe al die
New Yorkse subway-treine bedek was met graffitti van die een hoek na
die ander. Dit het dit soveel meer karakter gegee. Guilliani se pogings om
New York skoon te maak, maak dit net meer intens kommersieel. Soos
die huidige Times Square.
Kwarantyn, is jy en Flappie dieselfde persoon?
Ek sien een van hulle koop inkopies in Princeton. Gee een van julle
by die Universiteit klas?
Gloudina

>
Re: Digkuns in beweging [boodskap #25255 is 'n antwoord op boodskap #25239] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Jammer oor daardie laaste paragraaf, so sonder leestekens. Ek het geskryf,
toe verander en nie weer gekyk wat ek doen nie.

Nee, ek werk nie by Princeton nie. Ek woon in Newtown, Pennsylvania, maar
ons kom per geleentheid in Princeton, want dis net sowat 40 tot 45 minute
van ons af per pad.

> Nee, ek werk nie by Princeton nie ek woon in Newtown,
> Pennsylvania ons kom per geleentheid in Princeton, want dis
> net sowat 40 tot 45 minute van ons af per pad.
>
> Groetnis
>
> Henry (aka Flappie / Kwarantyn)
>
>
>
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network
*
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
Re: Digkuns in beweging [boodskap #25271 is 'n antwoord op boodskap #25239] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Aug 1999 10:27:05 -0800, flappie wrote:

onder andere uittreksels uit TS Eliot se Preludes.>>[/color]

Watter dele en in watter omstandighede?
Vorige onderwerp: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!")
Volgende onderwerp: Mymeringe.... was: Help uit, asb.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:05:01 MGT 2024