Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: 'n Gediggie vir Royleen
Re: 'n Gediggie vir Royleen [boodskap #23454] Sun, 30 May 1999 00:00
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"nomad" wrote:

Het jy dalk 'n kasset of ander opname (CD) van die lied of weet jy waar
ek dit kan kry? Ek sing en skryf self en sal die een graag wil leer.
Ongelukkig kan ek nie van my eie liedjies hier plaas nie - dit is almal
in Engels!

Groete uit my Paradys (nie so ver van joue nie)
Royleen

> ''dis 'n skande wat die goed nou weer kos
> die prys van alles is weer op
> en dis alles, alles te veel
> die prys van vleis, die prys van brood
> die petrolprys die is verhoog
> en dis alles, alles te veel
>
> en 'n witvrou moet dit alles vat
> 'n witvrou moet haar pligte ken
> en 'n witvrou moenie kla, na-na-na
>
> terwyl die broeders daar op tv lieg
> en die polisie weer betogers skiet
> en die taxis die stad blokkeer
> klink die skreeu uit die lokasie uit
> en die huishulp het die pil vergeet
> en dis alles, alles te veel
>
> en 'n swartvrou moet dit alles vat
> 'n swartvrou moet haar pligte ken
> en 'n swartvrou moenie kla, na-na-na
>
> daai kind wat daar sy nerf afval
> daai kind wat daar sy boetie terg
> daai kind wat skoolgeld vra
> tot by die tou wat voor die kitsbank wag
> die man wat by die robot lag
> dis alles, dis te veel gevra
> vir 'n vrou in afrika, na-na-na''
>
> (te veel vir 'n witvrou in afrika - teks en musiek ook deur johnnyK)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Gediggie vir Royleen [boodskap #23455 is 'n antwoord op boodskap #23454] Sun, 30 May 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: May 1998
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:7iqh9t$6ke$1@nnrp1.deja.com...

> Het jy dalk 'n kasset of ander opname (CD) van die lied of weet jy waar
> ek dit kan kry? Ek sing en skryf self en sal die een graag wil leer.
> Ongelukkig kan ek nie van my eie liedjies hier plaas nie - dit is almal
> in Engels!
>
> Groete uit my Paradys (nie so ver van joue nie)
> Royleen
>
JK of Johnny K. is natuurlik (IMO) een van Afrikaans se grootste
talente - Johannes Kerkorrel.
Hierdie een kom op sy CD, 'Cyanide in the Beefcake' te voorskyn - Tusk
Music TUCD 33
Vorige onderwerp: Vryheid van spraak ? ? ?
Volgende onderwerp: 'n Gediggie vir Royleen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 03:07:52 UTC 2024