Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Homebrew
Homebrew [boodskap #22420] |
Tue, 13 April 1999 00:00 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Leon du Plessis
Boodskappe: 14 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Is daar enige tuisbierbrouers tussen julle daar in die buiteland? Uit die
homebrew NGs lei ek af die mense in veral die VSA en Australie is ons ver
vooruit. Ek stel veral belang om te verneem hoe vergelyk die koste van 'n
pint ordentlike tuisgebroude bier met die van 'n gekoopte een. Hier in SA
is die differential nie so waffers nie (homebrew miskien net meer as helfte
die prys van 'n Castle) terwyl dit daar in die buteland 'n "mere fraction"
is.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Homebrew [boodskap #22452 is 'n antwoord op boodskap #22420] |
Thu, 15 April 1999 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Leon du Plessis
Boodskappe: 14 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hjalmar wrote in article
...
> Leon du Plessis [hdu...@tmecl.co.za] skryf...
>
>
> Ek is nie 'n tuisbierbrouer nie, want ek drink nie baie bier nie. Alhoewel
> dit seker differensieel-lonend is vir 'n bierverbruiker, lê my komparatiewe
> voordeel by wynmaak, want ek is wel 'n wyndrinker.
>
> Hjalmar Gerber - in Edmonton, Alberta, Kanada (53 grade noord)
> _______________
>
>
Sover ek weet is die fokus van tuiswynmaak meer op ongewone wynsoorte wat
nie kommersieel beskikbaar is nie. Amateur wynmakers maak byv. appelwyn
(soos jy), perskewyn ens. Een gewilde tuiswynsoort in Brittanje gebruik
byv. roosblomblare as basis. Hoewel tuisbrouery op die meer gevorderde vlak
ook hoogs ingewikkeld kan wees, is dit moontlik vir 'n beginner met die
allerminste toerusting om met 'n eerste probeerslag 'n bier te brou wat
lekker genoeg is om hom aan te moedig om dit weer te doen. Wynmaak is 'n
ander storie. Gespesialiseerde toerusting is daar baie belangrik, en daar
is min leemte vir foute. Ek het so 25 jaar gelede probeer appelwyn maak,
maar weens agtelosigheid het dit in asyn ontaard.
Hoeveel grade is jy van Gloudina af?
|
|
|
|
|
Re: Homebrew [boodskap #22479 is 'n antwoord op boodskap #22420] |
Sat, 17 April 1999 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hier is minstens een mikrobrouery in Westelike Australië waarvan ek
weet. Daar is 'n tavern in die hawestad van Fremantle wat hul eie ding
doen.
Alwyn
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Sun Feb 16 20:00:28 UTC 2025
|