Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontlaai
ontlaai [boodskap #153094] Wo., 30 September 2026 14:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26703
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ontlaai
Afbreking: ont•laai
Samestelling: ont- + laai


Werkwoord: ontlaai
Verlede tyd: het ontlaai
Teenwoordige deelwoord: ontlaaiend, ontlaaiende
Verlede deelwoord: ontlaaide

Betekenis:
• Om elektriese lading te verloor.
• Om iets wat gelaai is, af of uit te laai.
• Om van spanning, emosie of opgekropte gevoelens ontslae te raak.

Gebruik:
• My selfoon se battery ontlaai heeltemal te vinnig.
• Die skut het sy rewolwer ontlaai.
• Sport en stokperdjies is terapeuties en help 'n mens om te ontlaai.

Sinoniem:
• aflaai
• afloop
• leeglaai
• leegloop
• leegmaak
• uitlaai

Antoniem:
• laai

Afgelei:
• ontlaaier
• ontlaaispanning
• ontlaaitempo
• ontlaaityd
• ontlading

Vertaling:
Engels: to discharge; to unload; to vent, unwind
Nederlands: ontladen; uitladen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 30 September 2026 14:39]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: landskilpad
Volgende onderwerp: rusperband
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Okt. 02 14:51:55 UTC 2026