| ligloop [boodskap #152912] |
Di., 15 September 2026 11:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26510 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
ligloop
Afbreking: lig•loop
Samestelling: lig + loop
Werkwoord: loop lig, ligloop
Verlede tyd: het liggeloop
Betekenis:
• Om versigtig te loop of te handel.
Gebruik:
• Loop maar lig, daar is baie slange in die omgewing.
• Die werkers het liggeloop toe hulle hoor die maatskappy soek 'n sondebok waarop hulle hul probleme kan blameer.
Sinoniem:
• oppas
Vertaling:
Engels: to tread lightly
Nederlands: licht lopen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|