Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moeson
moeson [boodskap #152567] Di., 18 Augustus 2026 09:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26169
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
moeson
Afbreking: moe•son


Selfstandige naamwoord: moeson
Meervoud: moesons

Betekenis:
• 'n Seisoenale wind in tropiese streke wat ongeveer 'n halfjaar lank van die see en 'n halfjaar van die land waai en óf droogte óf swaar reën bring.

Gebruik:
• Thailand het van Mei tot September 'n warm, reënerige suidwestelike moeson en van November tot Maart 'n droër, koel noordoostelike moeson.

Hiponiem:
• noordoosmoeson
• suidwesmoeson

Afgelei:
• moesonreën
• moesonstroming
• moesonwind

Vertaling:
Engels: monsoon
Nederlands: moesson

Nota:
• Afgelei van Arabies, mawsim, "seisoen".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voëlmis
Volgende onderwerp: filologies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Aug. 18 18:54:06 UTC 2026