Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » resomeer
resomeer [boodskap #152445] Vr., 07 Augustus 2026 18:50
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26165
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
resomeer
Afbreking: re•so•meer


Werkwoord: resomeer
Verlede tyd: het geresomeer

Betekenis:
• Om 'n lyk onder druk met behulp van kaliumhidroksied in warm water op te los.

Gebruik:
• Om 'n gestorwene te resomeer is meer omgewingsvriendelik as om die liggaam te kremeer.

Sinoniem:
• biokremeer
• waterkremeer

Verwant:
• resomasie
• resomatorium
• resomering

Vertaling:
Engels: to resomate, dissolve a body
Nederlands: resomeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stigma
Volgende onderwerp: akwamasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Aug. 18 11:47:12 UTC 2026