| akwamasie [boodskap #152446] |
Vr., 07 Augustus 2026 18:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26051 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
akwamasie
Afbreking: a•kwa•ma•sie
Selfstandige naamwoord: akwamasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die proses waartydens 'n lyk met warm loogwater opgelos word ('n alternatief vir begrawe of verassing).
Gebruik:
• Akwamasie is meer omgewingsvriendelik as kremasie.
Sinoniem:
• biokremasie
• resomasie
• waterkremasie
Vertaling:
Engels: aquamation, biocremation, resomation
Nederlands: aquamatie, resomatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|