Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stigma
stigma [boodskap #152444] Vr., 07 Augustus 2026 18:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26039
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
stigma
Afbreking: stig•ma


Selfstandige naamwoord: stigma
Meervoud: stigmas

Betekenis:
• 'n Teken van skande of sosiale afkeur; slegte reputasie.
• (plantkunde) Die boonste deel van 'n blom se stamper.

Gebruik:
• Die stigma rondom geestesgesondheid keer baie mense om hulp te soek.
• Die stuifmeelkorrels wat op die stigma van die blom beland, absorbeer water en ontkiem.

Sinoniem:
• brandmerk
• skaamte
• skande
• skandmerk
• skandteken
• skandvlek
• smet
• vlek

Antoniem:
• aansien
• eer

Afgelei:
• stigmatiseer

Vertaling:
Engels: stigma, disgrace
Nederlands: stigma

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vervoerdiens
Volgende onderwerp: resomeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Aug. 07 20:23:56 UTC 2026