Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » perforeer
perforeer [boodskap #152391] So., 02 Augustus 2026 13:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25988
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
perforeer
Afbreking: per•fo•reer


Werkwoord: perforeer
Verlede tyd: het geperforeer
Teenwoordige deelwoord: perforerend, perforerende
Verlede deelwoord: geperforeerde

Betekenis:
• Om 'n gat of reeks gaatjies deur iets te maak; die een sy met die ander sy verbind.

Gebruik:
• 'n Masjien perforeer die posseëls sodat 'n mens hulle een vir een kan afskeur.
• Die chirurg het die blindederm per ongeluk geperforeer.

Sinoniem:
• deurboor
• deursteek
• insteek
• pons

Afgelei:
• perforasie
• perforeerapparaat
• perforeerder
• perforeermasjien
• perforeerwerk
• perforering

Vertaling:
Engels: to perforate, pierce
Nederlands: perforeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bonbo
Volgende onderwerp: tjellis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 02 16:09:32 UTC 2026