| perforeer [boodskap #152391] |
So., 02 Augustus 2026 13:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25988 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
perforeer
Afbreking: per•fo•reer
Werkwoord: perforeer
Verlede tyd: het geperforeer
Teenwoordige deelwoord: perforerend, perforerende
Verlede deelwoord: geperforeerde
Betekenis:
• Om 'n gat of reeks gaatjies deur iets te maak; die een sy met die ander sy verbind.
Gebruik:
• 'n Masjien perforeer die posseëls sodat 'n mens hulle een vir een kan afskeur.
• Die chirurg het die blindederm per ongeluk geperforeer.
Sinoniem:
• deurboor
• deursteek
• insteek
• pons
Afgelei:
• perforasie
• perforeerapparaat
• perforeerder
• perforeermasjien
• perforeerwerk
• perforering
Vertaling:
Engels: to perforate, pierce
Nederlands: perforeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|