| padgee [boodskap #152311] |
Do., 23 Julie 2026 12:36 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25910 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
padgee
Afbreking: pad•gee
Samestelling: pad + gee
Werkwoord: gee pad, padgee
Verlede tyd: het padgegee
Betekenis:
• Om uit ander se pad te kom; opsy staan.
• Om weg te gaan of weg te vlug.
Gebruik:
• Gee asseblief pad sodat ons kan verbykom.
• Dit voel of haar bene onder haar wil padgee. Hy het stert tussen sy bene daar padgegee.
Sinoniem:
• spat
• skietgee
• skoert
• verkas
• vertrek
• waai
• weggaan
• wegloop
• wegstap
• wyk
Vertaling:
Engels: to move aside, make way; to leave, depart, head off
Nederlands: vertrekken, weggaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|