Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hitsig
hitsig [boodskap #152302] Wo., 22 Julie 2026 11:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25904
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hitsig
Afbreking: hit•sig
Samestelling: hits + -ig


Byvoeglike naamwoord: hitsig
Vergrotende trap: hitsiger
Oortreffende trap: hitsigste
Attributief: hitsige
Partitief: hitsigs

Betekenis:
• Wat baie warm is; snikheet.
• (figuurlik) Wat baie kwaai of driftig is.
• Wat seksueel opgewonde is.

Gebruik:
• Die son is so hitsig dat dit die plante doodbrand.
• Die mannetjie het 'n hitsige humeur en raak maklik kwaad.
• Die boer het die hitsige bul van die koeie geskei.

Sinoniem:
• hittig
• warm
• driftig
• humeurig
• opvlieënd
• bronstig
• jags
• katools
• spuls
• wellustig
• wulps

Afgelei:
• hitsigheid

Vertaling:
Engels: hot, lewd; in heat
Nederlands: hitsig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kalsiumsout
Volgende onderwerp: deurkruis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jul. 22 13:30:18 UTC 2026