Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ongekleur
ongekleur [boodskap #152274] Ma., 20 Julie 2026 07:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25890
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongekleur
Afbreking: on•ge•kleur
Samestelling: on- + gekleur


Byvoeglike naamwoord: ongekleur, ongekleurd
Attributief: ongekleurde

Betekenis:
• Wat nie gekleur is of word nie.
• (figuurlik) Sonder afwisseling; wat oor min variasie beskik.

Gebruik:
• Sy wil nie met haar ongekleurde hare in die openbaar verskyn nie.
• Die storie is vervelig en die karakters is ongekleurd.

Sinoniem:
• achromaties
• kleurloos
• oninteressant
• saai

Antoniem:
• gekleur
• kleurryk

Afgelei:
• ongekleurdheid

Vertaling:
Engels: uncolored, uncoloured, colorless; plain, dull
Nederlands: ongekleurd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 21 Julie 2026 06:06]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: muistepel
Volgende onderwerp: ysvorming
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jul. 21 16:11:28 UTC 2026