Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rigter
rigter [boodskap #152207] Di., 14 Julie 2026 12:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25806
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rigter
Afbreking: rig•ter


Selfstandige naamwoord: rigter
Meervoud: rigters

Betekenis:
• (histories) Die leier van die volk voor die tyd van konings.
• Iemand wat leiding gee of iets wat rigting aandui.

Gebruik:
• Die Israeliete is deur twaalf rigters gelei, naamlik Otniël, Ehud, Samgar, Debora, Gideon, Tola, Jaïr, Jefta, Ibsan, Elon, Abdon en Simson.
• In die ou tyd het elke kanon sy eie rigter gehad wat die loop in die regte rigting moes draai.

Vertaling:
Engels: ruler, judge; guider, aimer
Nederlands: richter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 14 Julie 2026 13:45]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: republikein
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jul. 14 14:11:45 UTC 2026