Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skort
skort [boodskap #152193] Ma., 13 Julie 2026 15:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skort
Afbreking: skort


Werkwoord: skort
Verlede tyd: het geskort

Betekenis:
• Om verkeerd te wees.
• Om te ontbreek of afwesig te wees.

Gebruik:
• Wat skort?
• Al wat hulle geskort het, was geld.

Spreekwoord:
• Dit skort hom in sy boonste verdieping. [Hy is nie reg in sy kop nie.]

Sinoniem:
• haper
• kortkom
• makeer
• ontbreek
• pla
• skeel

Vertaling:
Engels: to be wrong; to ail, lack, want
Nederlands: schorten


Selfstandige naamwoord: skort
Meervoud: skorte
Verkleinwoord: skortjie
Meervoud van verkleining: skortjies

Betekenis:
• 'n Voorskoot of soortgelyke kledingstuk.
• 'n Afskorting of iets wat as 'n skerm dien.

Gebruik:
• Die impies, in skamele skorte geklee, dans dat die stof so staan.
• Die kamer het 'n skort waaragter 'n mens in privaatheid kan verklee.

Afgelei:
• skortgordyn
• skortmuur

Verwant:
• afskort
• opskort

Vertaling:
Engels: apron; partition, screen, divider
Nederlands: schort

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 13 Julie 2026 15:10]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: beskaafdheid
Volgende onderwerp: menseheugenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jul. 14 00:16:15 UTC 2026