Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verruim
verruim [boodskap #151939] Sa., 20 Junie 2026 08:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25549
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verruim
Afbreking: ver•ruim
Samestelling: ver- + ruim


Werkwoord: verruim
Verlede tyd: het verruim
Teenwoordige deelwoord: verruimend, verruimende
Verlede deelwoord: verruimde

Betekenis:
• Om ruimer (groter, wyer of meer uitgebreid) te maak of te word.

Gebruik:
• Die bouer verruim die gat met 'n boor.
• Die reis het ons verryk en ons horisonne verruim.

Sinoniem:
• uitbou
• uitbrei
• verbreed
• vergroot

Antoniem:
• beperk
• verklein

Afgelei:
• verruimer
• verruiming

Vertaling:
Engels: to expand, enlarge, broaden, widen
Nederlands: verruimen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: immaterieel
Volgende onderwerp: smeekgebed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jun. 20 14:10:33 UTC 2026