Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Begrafnis" deur Eitemal
"Die Begrafnis" deur Eitemal [boodskap #151376] Vr., 01 Mei 2026 11:27
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 550
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die Begrafnis
EITEMAL (Willem Jacob du P. ERLANK)  

"Is iemand dood? En wie was sy?" 
'n Vreemd’ling vra en stap verby.

Die bure sug: "So 'n goeie vrou!
Haar skoonfamilie gaan ook rou."

Die dokter frons: "Dit was nogal
'n Allermoeilikste geval."

Die predikant, manel en das,
Gebaar: "Ja, alle vlees is gras."

Twee kleintjies, met dik snye brood,
Roep: "Omie, onse ma is dood."

'n Man staar eenkant op die grond
Met twee diep lyne om sy mond.
Vorige onderwerp: "Varkleerbaadjie en klinknaelbroek" deur Boerneef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Mei 01 14:47:48 UTC 2026