Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Varkleerbaadjie en klinknaelbroek" deur Boerneef
"Varkleerbaadjie en klinknaelbroek" deur Boerneef [boodskap #148148] Wo., 04 Junie 2025 15:40
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 532
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Varkleerbaadjie en klinknaelbroek deur Boerneef (IW van der Merwe)

Varkleerbaadjie en klinknaelbroek
ek is Baaiplek se skorriekoning
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en ek en sy
wat die mouterbaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se baie pare
raasbekskorrieenmorriesnare
maar ek is ammal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits innie lyf
wisenwragtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die koning
styf handommielyf sit my lekkerdingdoring
Vorige onderwerp: Manuskripte vir uitgewers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jul. 08 11:29:44 UTC 2025