| opbeur [boodskap #150638] |
Sa., 10 Januarie 2026 17:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24279 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opbeur
Afbreking: op•beur
Samestelling: op + beur
Werkwoord: beur op, opbeur
Verlede tyd: het opgebeur
Teenwoordige deelwoord: opbeurend, opbeurende
Verlede deelwoord: opgebeurde
Betekenis:
• Om boontoe of vorentoe te sukkel.
• Om iemand se gemoed te lig; moed in te praat.
Gebruik:
• Sy beur uit haar bed op.
• Die goeie nuus het hom opgebeur.
Sinoniem:
• bemoedig
• opkikker
• oplig
• opvrolik
• opwek
• troos
• vertroos
Afgelei:
• opbeuring
Vertaling:
Engels: to drag up; to lift up, cheer up, comfort
Nederlands: opbeuren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|