Thinus Prinsloo [boodskap #20336] |
Tue, 26 January 1999 00:00 |
Jeanne Prinsloo
Boodskappe: 1 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hallo Friende
My naam is Thinus en ek is 13 jaar oud.
Ek sal dit regtig baie wardeer as iemand my ouderdom of ouer met my sal wil
komunikeer.
Groete Thinus
|
|
|
Re: Thinus Prinsloo [boodskap #20337 is 'n antwoord op boodskap #20336] |
Tue, 26 January 1999 00:00 |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: June 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Liewe Thinus
Is jy regtig 13 jaar oud? Dis so gevaarlik om jou ouderdom so openlik te
verkondig. Die wêreld is boos en daar is diegene wie se motiewe bedenklik kan
wees.
Pas maar op. Vra liewer dat jou ma of jou pa die briewe wat jy dalk in antwoord
op jou versoek ontvang, eers saam met jou deurlees voor jy verder reageer
daarop. Pas veral op vir grootmense wat jou vra om hulle op hulle voornaam te
noem, en wat reëlings tref om jou persoonlik te ontmoet.
Mooi bly.
Oom Kwarantyn
Jeanne Prinsloo wrote:
> Hallo Friende
>
> My naam is Thinus en ek is 13 jaar oud.
> Ek sal dit regtig baie wardeer as iemand my ouderdom of ouer met my sal wil
> komunikeer.
>
> Groete Thinus
|
|
|
Re: Thinus Prinsloo [boodskap #20411 is 'n antwoord op boodskap #20336] |
Thu, 28 January 1999 00:00 |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Jeanne Prinsloo" wrote:
> Hallo Friende
>
> My naam is Thinus en ek is 13 jaar oud.
> Ek sal dit regtig baie wardeer as iemand my ouderdom of ouer met my sal wil
> komunikeer.
>
> Groete Thinus
>
Thinus,
Ek is nie jou ouderdom nie, glo my, ek is lankal daar verby.
Dit is baie oulik dat jy graag met ander mense wil kommunikeer.
Ek wil jou net vra om baie versigtig te wees. As jy bietjie op hierdie
nuus groep rondkyk sal jy sien dat hier ook mense is wie se varkies
lankal nie meer op hok is nie. Party van hulle het sommer die lewe
begin sonder genoeg varkies... Ongelukkg is daar is baie mense
in die wereld wat daarop uit is om andere uit te buit of te gebruik.
Veral onskukdige jong mense. Jy het sekerlik al daarvan gehoor.
Dit is natuurlik baie moontlik dat jy iemand vind wat lekker met jou
kan gesels en dat niks gevaarliks verloop nie. Wees asseblief
baie versigtig. Moet nooit NOOIT sonder jou ouers of n betoubare
volwassene iemand persoonlik gaan ontmoet wie jy op die net
ontmoet het nie. Ek hoop dit gaan goed met jou soeke,
Billy.
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|