| uitmis [boodskap #148527] |
Di., 08 Julie 2025 14:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24202 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitmis
Afbreking: uit•mis
Samestelling: uit + mis
Werkwoord: mis uit, uitmis
Verlede tyd: het uitgemis
Betekenis:
• Om te ontlas; uitskei.
• (anglisisme) Om mis te loop.
Gebruik:
• Kyk wat het die volstruis uitgemis.
Vertaling:
Engels: to poop out, shit out
Nederlands: uitpoepen, uitkakken
Nota:
• Net 'n dier kan iets uitmis. 'n Mens kan nie "uitmis" of "op iets uitmis" nie. Die Engelse "miss out on something" word in Afrikaans met "mis" of "misloop" vertaal. Jy het byvoorbeeld 'n TV-program gemis of misgeloop.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|