Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opbring
opbring [boodskap #148528] Di., 08 Julie 2025 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
opbring
Afbreking: op•bring
Samestelling: op + bring


Werkwoord: bring op, opbring
Verlede tyd: het opgebring
Teenwoordige deelwoord: opbringend, opbringende
Verlede deelwoord: opgebringde

Betekenis:
• Om na bo te bring.
• Om te braak of te vomeer.
• Om groot te maak en op te voed.
• Om as resultaat te lewer.
• (anglisisme) Om iets te noem.

Gebruik:
Bring die tas op na die slaapkamer.
• Die siek kind het alles wat hy geëet het opgebring.
• Dit is geen grap om kinders in vandag se tye op te bring nie.
• Die aandele bring weinig op.

Sinoniem:
• opdra
• braak
• kots
• opgooi
• vomeer
• grootmaak
• leer
• opvoed
• versorg
• oplewer
• produseer

Afgelei:
• opbringmiddel

Vertaling:
Engels: to bring up; to throw up, vomit, puke; to rear, educate; to bring in, realize, yield
Nederlands: opbrengen

Nota:
• Die Engelse frase "to bring someting up" word in Afrikaans vertaal as "ter sprake bring", "te berede bring", "opper", "aanroer" of "ophaal".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 22 Augustus 2026 09:16]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: uitmis
Volgende onderwerp: vomeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Aug. 22 09:54:44 UTC 2026