Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kavorkian
Kavorkian [boodskap #19356] Wo, 25 November 1998 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor die knaap gaan nou weer aangekla word vir moord - wat dink
julle ouens van hom en sy idees?

Ek weet dit kan misbruik word, maar ek dink mense moet kan kies om
hulle lewe te be-eindig AS HULLE BAIE SIEK IS EN LEI.

Ek besef darem ook alle gevalle is nie swart en wit nie - soos wanneer
iemand so siek word dat hy nie meer self kan aandui dat hy wil sterf
nie.

Ek en my vrou het 'n verstandhouding dat ons nie onnodig kunsmatig aan
die lewe gehou wil word nie. Maar ek het so twee jaar terug met my
ouma se laaste siekbed gesien hoe moeilik selfs so voorafbesluite sak
kan wees.

Ek dink wel ou Kevorkian bereik wat hy beoog en daarin steun ek sy
punt ten volle: dis hoog tyd dat hierdie sake meer breedvoerig deur
mense bespreek word op die openbare forum sodat mense hulle eie minds
kan opmaak.
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Mannetjies Roux
Volgende onderwerp: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 21:32:19 MGT 2024