Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mannetjies Roux
Mannetjies Roux [boodskap #19332] Di, 24 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Inga van Meerbergen-V  is tans af-lyn  Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand dalk 'n bietjie uitleg gee oor MANNETJIES ROUX? Wie was hy en
wat van sy DRIE? Ek weet net hy was 'n rugby speler en Laurika Rauch sing
oor hom in haar mooiste liedjie ooit.
Groete uit Vlaanderen.
Inga.vanmeer...@ping.be
Re: Mannetjies Roux [boodskap #19353 is 'n antwoord op boodskap #19332] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Nov 1998 21:20:27 GMT, "Inga van Meerbergen-Verreet"
wrote:

oor hom in haar mooiste liedjie ooit.[/color]
> Groete uit Vlaanderen.
> Inga.vanmeer...@ping.be >>

Een van die beste senters wat nog rugby vor die Springbokke gespeel
het.
Hy moet nou so 55/60 wees. Hy boer in die Karoo.
Re: Mannetjies Roux [boodskap #19354 is 'n antwoord op boodskap #19332] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
 "Inga van Meerbergen-Verreet" skryf:
>  Kan iemand dalk 'n bietjie uitleg gee oor MANNETJIES ROUX? Wie was hy en
>  wat van sy DRIE? Ek weet net hy was 'n rugby speler en Laurika Rauch sing
>  oor hom in haar mooiste liedjie ooit.

Inga,

MANNETJIES ROUX is een van die legendes van Springbok rugby. Hy het SA van
1960- 1970 in 27 toetse verteenwoordig, en 6 toetsdrieë gedruk. Die drie
waarna waarskynlik in die liedjie verwys word is een waar hy oor die doellyn
gestrompel-kruip het, met sy broek wat om sy enkels gehang het.

Mannetjies was een van daardie onortodokse genieë wat 'n mens waarskynlik net
eenkeer in 'n leeftyd sien. Op die betoger toer in Brittanje in 69-70 het hy
die ongehoorde gedoen deur 'n betoger wat op die veld gehardloop het onder sy
sitvlak te skop.

Dok Danie Craven, vir jare die doyen van SA rugby, wat Mannetjies 'ontdek'
het, het gesê met hom in jou span kan jy die wêreld aanvat. Vandag is hy 'n
skaapboer by Victoria-Wes, en hy was 'n gas by die geleentheid toe Laurika
haar liedjie bekend gestel het.

Groete

henri Burger
Vorige onderwerp: foto's
Volgende onderwerp: Kavorkian
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 11:43:51 MGT 2024